DIE HANTERING VAN MOTIE WE IN
DIE OU TESTAMENT
’)
DS. J. A. LOADER
1. INLEIDING.
W anneeer oor die Ou Testam entiese motiewe gehandel word, h et ons te doen m et ’n ontsaglik wye onderwerp. Dit gaan om niks anders nie as die eksegese van die Ou T estam ent — alleen onder die voorveronderstelling d a t die eksegese beoefen w ord m et gebruikm aking van die vorm kritiese metode. Dit beteken dat ons eers kortliks sal m oet definieer w at hierdie m etode is en die term e w aarvan hy gebruik maak, sal moet omskrywe. D aam a sal ons oor die Ou T estam ent se hantering van m otiew e en oor öns hantering daarvan kan praat. Dit sal alleen baie sketsm atig gedoen kan word.
2. GATTUNG EN MOTIEF — DIE VORMKRITIESE METODE: H ermann G unkel w as die groot aanvoorder van die vorm kritiese metode. Hy h et ingesien d at ’n mens die Ou T estam ent nie kan verstaan deur alleen te vra na die outeurskap en datering van sekere boeke nie, w ant die konsepsie van oorspronklike outeurskap h et in die ou Ooste nie bestaan nie of alleen in ’n beperkte sin bestaan. Die outeurs w as m eer gebonde aan geykte vorme en kon dus hul persoonlike oorspronklikheid alleen in ’n beperkte ruim te uitoefen. Vorm eerder as outeur is dus die norm vir beoordeling en dienooreenkom stig moet hierdie literêre vorme aan ’n kritiese studie onderw erp word. Hoewel hierdie on tdek king later verabsoluteer is, h et dit ’n kosbare resu ltaat opge- lewer, naam lik die onderskeiding van talryke literêre tipes (Gat- tungen). Sulke G attungen of literêre vorme is by voorbeeld die regspreuk, orakel, novelle, geskiedsvertelling, klaaglied, danklied, liefdeslied, profetiese dreigrede, troosw oord en talie ander. Hulle is almal geykte vorm e w aarin die inhoud gegiet kan word. Hulle kan egter soms m et m ekaar verm eng word en ook voorkom in
kontekste w aar hulle nie verw ag w ord nie. Daarom kan per- soonlike oorspronklikheid en eienaardighede nie geheel-en-al buite rekening gelaat w ord nie. Die belangrike vraag w at die pad na die verstaan van die Ou T estam ent open, is volgens Gunkel: W atter G attung het ons hier?
Hiermee saam m oet nog ’n vraag gevra word: W at is die Sitz im Leben van so ’n eenheid? Dit wil sê w atter plek neem dit in in die stru k tu u r van Israel se lewe? Is dit in die erediens w aar iemand smeek, is dit by ’n skreiende sosiale euwel w aar ’n profeet k ritiseer of in ’n w ysheidskool w aar ’n leraar onderrig gee, of w aar?
W anneer sulke formele arbeid afgehandel is, kan die inhoud te r sprake kom. Dit is eers hier w aar m otiew e aan die orde kom. Die motiewe is niks anders nie as die vleis en bloed w at die skelet van G attungen vul nie. Geen w onder d at juis Gunkel ook ’n pionier van die sogenaam de M otivgeschichte was nie.2) ’n M otief is die uitdrukking van een gedagte. Vir ons doel kan ons sê dat m otiew e die molekules is van die prediking van die Ou Testam ent. Byvoorbeeld: W anneer Abram vir die H ere ’n altaar bou, het ons te doen m et die m otief van die kultusinstelling (Gen. 12:7); en w anneer die Here later aan hom verskyn, is dit die m otief van die teofanie (Gen. 17:1, 22). So kan ons voortgaan. D aar is, by w yse van spreke, soveel m otiew e in die Ou Testam ent as w at daar verse is.
3. DIE PROBLEEM VIR ONS HANTERING VAN DIE MOTIEWE. W anneer ons hierdie veld betree, lê dit letterlik so w yd as die Heer se genade. W ant as m otiew e die uitdrukking is van elem ente van die boodskap van die Ou Testam ent, moet hulle so ryk wees as die spreke van God self en van die H ebreeuse idioom. Een m otief kan byvoorbeeld ’n geweldige uitbreiding in die Ou Testam ent hê, soms kernagtig by die naam genoem word, soms in lang gedeeltes uitgew erk w ord, soms veronderstel word; dit kan m et ander m otiew e gekom bineer word, soms m et ander saam in ’n organisasie eenheid verbind word; dit kan soms ander motiewe insluk en om vat (w at iets anders is as kombina- sie); ’n motief kan soms ’n klein verbreiding in die Ou Testam ent hê en alleen vir ’n klein deel se verstaanbaarheid van belang wees; soms kan so ’n „klein” m otief baie belangrik wees; soms kan m otiew e maklik herken w ord en soms is hul teenwoordigheid so gekam oefleer dat hulle m aklik m isgekyk word. So is die probleem dan d at d aar ’n totaal onoorsienbare m osaïek van m oontlikhede is by die uitbreiding, beklem tonings, kom binasies en
wisselwer-2) Georg Fohrer, „Einleitung in das Alte Testam ent”, Heidelberg, 1965,
king van verskillende m otiew e in die Ou Testam ent. A1 w at dus hier gebied kan word, is die skets van ’n aantal hooflyne en die illustrasie van ’n paar van hulle.
4. VERSKILLENDE SOORTE MOTIEWE:
M otiewe is nooit staties nie. Een m otief kan nooit op sy eentjie staan nie. D aar m oet altyd ander motiewe by wees om ’n sinvolle geheel te kan vorm, en die resu ltaat is altyd iets dinamies. Byvoorbeeld: Dit sou nie veel sê as Gen. 17 alleen die motief van die godsverskyning bevat het nie. God verskyn nie net aan Abram nie, m aar die m otiew e van opdrag, belofte, naam s verandering, aanbidding ensovoorts, dien almal om die geheel, w at ’n dinamiese gebéúre is, te bou. Dit illustreer ook dat elke passasie op eie m eriete behandel moet word. Ons kan egter nou in die algemeen iets sê oor die verhouding van sulke motiewe to t m ekaar.
Sommige m otiew e staan veel m eer voorop in die Ou Testam ent as andere en sommige m eer voorop in gedeeltes van die Ou T esta m ent as andere. D it is nie w enslik om te p raat van belangrike, en m inder belangrike of onbelangrike motiewe in die Ou Testam ent nie. G elukkiger term e vir sulke motiewe kan ontleen w ord aan die G enetika, naam lik dom inante en resessiew e motiewe. ’n Resessiewe m otief kan ook belangrik wees. As ons w eer Gen. 17 vir die illustrasie gebruik, sal die w oord „verbondsluiting” seker dadelik in die leser se gedagte kom. Dit is die dom inante motief in die hoofstuk, m aar dit is byvoorbeeld nie belangriker as die m otief van die teofanie w aar God self aan ’n mens verskyn nie.
(a) Eers, dan, kom d aar dom inante motiewe voor. ’n V oor beeld is dié van die kultusvestiging. In die aartsvaderverhale kom die m otief m eerm ale voor. M aar by Sinai vind ons dit w eer in m agistrale vorm en die hele priesterlike wetgewing is ’n uitbouing daarvan. So gaan die m otief deur die rigtertyd en die koningstyd to t by Esra en in die Psalms, Klaagliedere en elders tree dit uitdruklik of by w yse van veronderstelling op. ’n M otief kan ook dom inant w ees vir ’n enkele deel van die Ou T estam ent terw yl dit is die res te ru g tree of glad nie voorkom nie. Byvoorbeeld die ydelheidsm otief van Prediker is die allesoorheersende motief in elke w oord w at hy sê en dus dominant, m aar elders kom die motief nie m eer voor nie.
Laastens moet daarop gelet w ord dat ’n dom inante m otief nie noodw endig oral w aar hy voorkom ’n dom inante posisie hoef in te neem nie. Byvoorbeeld die verbondsm otief w at so dom inant by A braham en Sinai is, kom in die Spreukeboek slegs in 2:17 voor — by wyse van ’n parentese in die konteks van die ontugtige vrou. In Spreuke neem hy ’n resessiew e posisie in, m aar so gou as mens dit teen die agtergrond van die hele Ou Testam ent plaas, w ord dit duidelik dat jy te doen het met ’n oorheersende gedagte.
(b) Soos geblyk het, kom m otiew e nooit geïsoleerd voor nie. Hulle assosieer altyd m et m ekaar om ’n geheel te vorm. Soms dra hierdie assosiasie ’n ad-hoc-karakter. Byvoorbeeld in Gen. 21 w aar die motiewe van die bevoorregte mindere, jaloerse meerdere, verlorenheid en goddelike ingryping n et bym ekaar is om dat hulle vereis word om hierdie verhaal te kan vertel.
M aar soms kan die assosiasie van ’n aantal motiewe ook ’n chroniese k arak ter dra. Dan noem ons dit ’n tradisie. (Die term w ord hier in die enger, tegniese sin gebruik; in die w yer sin beteken dit bloot „oorlew ering”). Byvoorbeeld: Die motiewe verkiesing, goddelike aanspraak, redding, verbondsluiting, kultus- stigting en ’n horde resessiew e m otiew e kom saam in die tradisie van die uittog uit Egipte. Hierdie tradisie h et ’n geweldige u it breiding in die Ou T estam ent en w ord dikwels met die noem van een of m eer van sy dom inante m otiew e vermeld, soms ver onderstel, soms uitgew erk of g eïnterpreteer in verskillende grade van intensiteit en in verskillende G attungen.
So ’n tradisie kan in later tye m et veranderde om standighede geherinterpreteer word. D euterojesaja gebruik byvoorbeeld die U ittogtradisie om oor die terugkeer uit die ballingskap te praat. Presies die prediking van Exodus is in sy ty d aktueel en daarom vertolk en pas hy dit toe op die om standighede van sy tyd.
(c) Laastens kan dit ook gebeur d at een hele tradisie m et ’n ander een verbind word. D euterojesaja is w eer ’n voorbeeld daarvan. Naas die U ittogtradisie is d aar ook ’n Skeppingstradisie. W anneer hy die terugkeer wil aankondig, en hy die tw ee tra- disies op m ekaar in en so stel hy die terugkeer voor m et die prediking van God w at sy volk uitlei en tegelyk sy skeppings- w erk voortsit.
5. VOORBEELDE VAN DIE UITLEG:
nog uitbrei oor die saak nie— dit sal nie meer onder die onderw erp te r sake val nie. Volledigheidshalwe kan egter net opgem erk word dat die vrae van die L iterarkritik, w at handel oor die analise van boeke deur middel van die onderskeiding van dublette, w eersprekings en steurende gedagteverbindings om die aandeel van outeurs, redakteurs, tyd en plek aan die ontstaan van sekere boeke vas te stel, ) wel in berekening gebring is by die voorbeelde w at volg.
V erder m oet daarop gelet word dat dit ons nie nou gaan bloot om ’n kritiese uitleg van sekere gedeeltes nie, m aar om hul be tekenis vir die kerklike prediking. Oor die teorie hiervan word ook nie gehandel nie; dit w ord sonder m eer by die eksegese hieronder geïnkorporeer.
(a) Ex. 19:5 — ’n D om inante motief.
(i) Hier h et ons te doen m et die Literêre vorm (G attung) van van die godsorakel. God is besig om ’n woord to t Israel te spreek deur Moses as m iddelaar. As ons dit vasgestel het, h et ons die vorm w aarin die inhoud gegiet word en staan ons op vaste grond.
(ii) In die teks kom daar m eer as een motief voor, naam lik dié van gehoorsaam heid, verbond, verkiesing en aloutoriteit van God, terw yl dié van die godsverskyning veronderstel word. Dit is ’n uitstekende voorbeeld van hoe een motief deur andere gedra en ingevul word: Verkiesing is die grond vir die verbond en ge hoorsaam heid is die voorw aarde vir die voortbestaan daarvan. Hoe belangrik die tw ee op sigself dan ookal is, hier is die dom i nante m otief die verbond en die ander tw ee help om hom in te vul. Dus w erk ons die verbondsm otief uit: ’n K ontrak w aar een p arty die m eerdere en ’n ander die mindere kan wees, soos ons uit die H etitiese verdrae w eet.4) Die m eerdere gee die mindere beskerm ing en die m indere m oet die meerdere se stipulasies gehoorsaam . As ons die m otiew e so kan raaksien, m erk ons op dat die preek nie uitvoerig m oet gaan handel oor w at eienaarskap in die Ooste beteken of w at die almag van God alles inhou nie. W ant die eersgenoem de is ’n resessiew e motief om die inisiatief van God by die verkiesing to t die verbond aan te dui, en laasge- noemde is ’n resessiew e m otief w at aandui dat Hy die m eerdere p arty in die verbond is. So k ry die verbondsm otief hier deur- ligting van die ander motiewe.
(iii) M aar nou m oet hierdie gegewens van die Ou T estam ent getransponeer w ord in die nuw e aeon, die bedeling van Christus. Daarmee w ord bedoel dat ons moet vasstel w atter betekenis die Nuwe T estam entiese kerygm a aan hierdie einste gedeelte van Gods W oord in die Ou Testam ent gee. Dit wil sê ons gaan
3) Sien Klaus Koch, op. cit., p. 87.
nie soek vir ’n teks in die Nuwe T estam ent w at hieroor handel nie; die verbondsm otief kom wel in die Nuwe Testam ent voor, m aar in beginsel kon dit ook anders gewees het. Die Ou T esta m ent word nie alleen dan legitiem w anneer sy woorde in dié van die Nuwe T estam ent ingeforseer kan word nie — hy is legitiem. Die taak van die uitlegger is dan om die lig van C hristus daaroor te laat val sodat die eie betekenis daarvan in die regte perspektief val. Dit sal by ons voorbeeld te r sake wees die inisiatief w at God, die m eerdere, in C hristus vir ons beskerm ing geneem het in sy vrye genade, en andersyds ons kontraktuele verpligting to t gehoorsaam heid. So pleeg ons m et betrekking van m otiefonderskeiding nie die gebruiklike soos-netso-sonde nie. W ant nou kry die Ou T estam ent vir ons eksistensiële w aarde en nie ’n m aer paradigm atiese w aarde nie. So sien die gem eente d at Exodus verkondig hoe God m et ons handel en nie alleen d at Hy in die gryse verlede m et Israel gehandel het nie.
(b) Hoogl. 5:22w . — Resessiewe m otiewe.
(i) Die G attung is die stylvorm van die liefdeslied, dit wil sê w aarin daar gehandel w ord oor die erotiese liefde öf in die eerste öf in die tw eede öf in die derde persone.
(ii) In hierdie passasie kom ’n hele aan tal motiewe voor w at m ekaar aanvul en onew eredig oor hele, m eerdere of halwe verse strek. Dus sal mens hier perikoopuitleg m oet toepas, ’n A antal van die motiewe is die am ator exclusus, afw ysende meisie, soek- vind, ekstase en andere. Hulle is in die Ou Testam ent resessief, m aar hier baie belangrik. A1 hierdie m otiew e word om vat deur die dominante m otief van Hoogl., naam lik erotiese samesyn. Hulle staan dus nie bloot naas m ekaar nie, m aar dien die pre diking van hierdie oorheersende gedagte. Dus w erk ons hom uit: Hoogl. p raat onbevange en as’t w are w érelds oor eros, w at ’n ge weldige prestasie vir die ou Ooste is. W ant telkens is geslagtelik- heid in die sakrale sfeer ingebring en in vrugbaarheidskultusse aangewend. Met ander w oorde dit is iets goddeliks. M aar Hoogl. se sekulêre behandeling van die onderw erp ontm itologiseer seks van al sy afgodiese krag. So verkondig die boek al singende dat seks nie goddelik is nie, m aar ’n gaw e van God w at besing m oet word.
beskerm daarteen d a t ons van C hristus ’n am ator exclusus m aak w at moedeloos die aftog m oet blaas as sy gem eente Hom afwys. (c) Pred. 1:2 — ’n M otief w at slegs in een boek dom inant is.
(i) Die G attung is ’n tipiese wysheidsvorm, naam lik die inleidingspreuk. Dikwels w ord ’n w ysheidsversam eling deur ’n inleidingsform ulier voorafgegaan; dit is waarm ee ons hier te doen het.
(ii) In hierdie teks vind ons n et een motief — die niksheid van alles. Die feit d at dit in die inleidingsform ulier staan, beteken d at die res van die boek m et al sy baie motiewe on der hierdie opskrif staan. Hulle is alm al m anifestasies en illustrasies van hierdie grondkonsep. Anders as by Hoogl. w aar ’n hele aantal motiewe een dom inante m otief opgevul en uitgebou het, is elkeen van die baie m otiew e van Pred. ’n illustrasie of m anifestasie van die dom inante m otief. In die res van die Ou T estam ent raak h ier die grondgedagte van Pred. egter weg. Rykdom, arbeid, wysheid, ensovoorts is vir Pred. alles n e t wanhopige nietighede en geen mens kan m et enige van sy pogings iets to t stand bring nie.
(iii) Nou m oet ons die prediking van hierdie geweldige w oord vir die kerk aantoon. Die ergste sou wees om te gaan m oraliseer oor die nietigheid van rykdom, of die ydelheid van alles w at nie op die regte ty d plaasvind nie — soos Pred. 3 gew oonlik omge- dolwe word. Alle menslike optrede is hopeloos, sê Pred. En in die tyd n.C. is dit n e t so w aar as in die tyd v.C. D aarvan getuig die hele kerygm a van Jesus en Paulus en die ander. As dit nie so w as nie, sou die mense hulself kon help en geen H elper nodig gehad het nie. M aar juis o m d at alle menslike pogings so uiters hopeloos is, h et die mense ’n H elper broodnodig. Pred. diagnoseer so die pestende siekte van die mensdom, vir wie se genesing Christus gekom het. So toon Pred. hoe groot my ellende is, en sonder hierdie eerste deel van die Kategismus kan d aar ook nie ’n tw eede wees nie.
(d) Jes. 44:1-2 — tw ee tradisies in kombinasie.
(i) Die G attung is die vorm van die profetiese troosw oord. Die profeet is aan die w oord m et ’n vertroosting w at van God na die volk gebring m oet word.
m aar gelaai m et die rykdom van albei grootse tradisies. Deutero- jesaja kom bineer nou nie alleen die tw ee nie, m aar hy in ter p reteer hulle ook. Dit gaan hom om die herstel van Israel uit die ballingskap. En dit verkondig hy deur te sê dat Gods skep- pingsdaad nie ’n afgehandelde saak is nie, m aar nog op hierdie oomblik plaasvind: Uit die chaos van die ballingskap skep God vir sy volk nuwe orde. En n et so lei Hy vandag sy volk uit Babel uit die slawehuis. En dit m et al die veronderstellings w aarvan die tw ee tradisies praat.
(iii) Dis gelukkig redelik eenvoudig om hierdie v.C.-terme in n.C.-terme te vertaal. W eer is dit nie nodig om by H ebreërs of by Paulus of êrens te gaan soek na ’n kapstok vir ’n soos-netso- vertolking nie. God het ons in C hristus nu ut geskep, en ons ook bevry van die slaw erny — m et al die veronderstellings w at dit dra. Selfs al kom die Skeppingstradisie en dié van die Uittog nie ’n enkele keer in die Nuwe T estam ent in verband m et die verlossing van C hristus voor nie, bly die prediking van die Ou Testam ent in hierdie lig nog n et so w ettig.
6. SLOT.
Dis iets totaal anders om uit die Ou Testam ent te preek as om te preek uit die Nuwe T estam ent w aar ’n Ou Testam entiese gedeelte aangehaal w ord o f w aar spesifiek m et Ou Testam entiese begrippe gew erk word. In so ’n geval is die transponering (ver taling) reeds gedoen en kan ons nie daaraan verander nie.5) M aar w anneer ons uit die Ou T estam ent preek, het ons nie die gesag om sy woorde en gedagtes in ’n Nuwe Testam entiese teks te gaan inforseer nie. Dit sou beteken d at ons albei la a t buik- spreek. Ons m oet die totale lewenslig van die Nuwe Testam ent oor die Ou Testam entiese gedeelte laat skyn en so daardie sèlfde Ou Testam entiese gedeelte se aktuele boodskap vir ons laat hoor. Dis w at Bright bedoel m et sy gelukkige uitdrukking „translate from one aeon to another, out of B.C. into A.D.”<!)
Die beskuldiging w ord dikwels gem aak d at die kerk vandag besig is om die Godswoord in sy prediking te versmoor. Mense wil nie van dooie profete en Israel van die gryse verlede hoor nie. Is die kerk vry te spreek op hierdie aanklag? Is die prediking soos dit vandag geskied nie miskien grootliks verantw oordelik vir die w anopvatting d at die Ou T estam ent van dooie dinge praat nie? As ons die motiewe van die Ou T estam ent kan onderskei en reg en verantw oordelik hanteer, glo ek sal die moderne gem eente se oë w eer oopgaan vir die lew enskragtigheid van die Godswoord in die Ou Testam ent.
5) Die stru k tu u r van ’n preek u it Jes. 7:14 sal bv. totaal anders wees as dié van ’n preek uit Matt. 1:23.