KERK EN VOLK
’n Bespreking na Aanleiding van die Algemene K erkvergadering van Februarie 1888.
PROF. DR. A. D. PONT
W anneer oor die begrippe K erk en volk gehandel word na aanleiding van die Algemene K erkvergadering van 1888 dan is dit duidelik d at alleen fragm entariese gegewens daaroor gegee kan word. Dié Algemene V ergadering het nie uitvoering op hierdie begrippe ingegaan nie en was ook nie van plan om ’n uitvoerige uiteenstetting hieroor te gee nie. Inteendeel. Hierdie V ergadering moes hom besig hou met die reorganisasie van die Ned. Hervorm de Kerk w at as gevolg van die Kerkvereniging van 1885 gedeeltelik opgegaan het in die nuwe Ned. Hervormde of Gereform eerde Kerk en gedeeltelik bly voortbestaan het rondom die Ned. Hervormde gem eente Pretoria (W itfontein). Tog is dit opvallend d at die Algemene K erkvergadering juis as gevolg van sy reorganisasie-arbeid aandag gegee h et aan die verhouding Kerk en volk en die stelling gem aak het dat die Kerk hieroor die houding w at in 1853 ingeneem is, wil konstinueer1). W anneer die begrippe K erk en volk, soos dit gebruik is in 1888, nagegaan wil word, sal dit dus beteken dat d aar ook op die voorafgaande tyd gelet sal m oet word.
Die beginpunt w at hier in ag geneem kan word, is die Groot Trek w at nie net ’n uittog uit die Kaapkolonie was nie m aar veel eerder ’n manifestasie van die volk-wording van die Afri kaner, van die behoefte om selfstandig te ontplooi2). Een van die tiperende uitsprake in hierdie verband is ongetwyfeld die Manifes w at deur Piet Retief onderteken is en in The Graham’s Town Journal gepubliseer is. Daarin is dit duidelik dat die V oortrekkers hulleself van die begin af as ’n vrye, selfstandige volk beskou h et w at nou, ongehinderd deur die Engelse Owerhede in SuiderAfrika, hulle eie koers kan en wil gaan3). Hierdie strewe
’ ) Broederlijk Schrijven ens., toegevoeg aan N otulen der Algem eene Kerkvergadering van de Nederd. Hervormde Kerk in de Z.A.R., 1888, Pretoria 1888. biz. 97.
- ) Vgl. onder andere S. P. Engelbrecht, Ds. Dirk van der H off en die
Voor-trekker-ideaal, artikel gepubliseer in Hervormde T eologiese Studies, Pretoria 1953, Jaargang 9, bis. 130.
3) Vgl. Manifes, art. 7: „We make known that when we shall have framed a code of laws for our future guidance, copies shall be forwarded to the colony for general information; but w e take this opportunity of stating, that it is our firm resolve to make provision for the summary punishm ent of any traitors who may be found among us.
na vryheid en na ’n selfstandige volk-wees straal uit al die geskrifte en uitsprake van die V oortrekkerleiers en een van die duidelikste uitsprake in hierdie verband is ongetw yfeld dié van gen. A. H. Potgieter as hy in A ugustus 1841 aan gen. A. W. J. Pretorius skryw e4):
„Ik wil my onder geen Brit, nog onder geen m ogenheid van in die w aereld onderw erpe . . . en ben geen Brit, zo hoop en vertrouw ik h et ook nooit te mogen worden, . . . Tot be trekking van ons land die m et menchen bloed gekocht is, ik hoop en vertrouw dat niet alleen ik, m aar alle ingezetene b u r gers van onze vereenigde M aatschappy van gevoel zal weezen, om niet alleen het land, m aar alle m et onze burgers gekochte bloed-land te helpe verdedigen en voortestaan, en daarvan zelfs niet een duim grond te willen verliezen . . . ”
Hierdie vryheidsdrang van die V oortrekkers h et na die ves tiging van die V oortrekker republiek in die binnelande van Suid- Afrika nié verm inder nie. Selfs die anneksasie van N atal5) en van die O ranje V rystaat-gebied6) h et nié die gedagte d at die V oortrekkers ’n eie volk is, m et sy eie ideale en w a t onafhanklik sy eie toekom s wil bou, la at verflou nie7). Duidelik w ord dié gedagte gestel as gesê w ord8):
„ . . . om evenals onze voorgeslachten, en alle Europeesche natien voor ons gedaan hebben, een eigen land, en een eigen regeringsvorm te bekom en en op te rigten, en om daardoor ons vry te houden van alle w etten en gew oonten van anderen natien, die m et ons gew eten en nationaal gevoel strydig en in ons oog onbehoorlyk zyn . . . ”
Vir die V oortrekkers self was daar geen tw yfel d at hulle, onmiddellik n a hulle v ertrek uit die Kaapkolonie opgehou het om Engelse onderdane te wees en d at hulle ’n eie, vrye en onafhankiike volk en s ta a t gevorm h et nie9).
4) Aangehaal by: C. F. J. Muller, Die Britse Owerheid en d ie Groot Trek, Johannesburg 1963, bis. 87.
s ) Na dié gebeure skrywe die Potgieterm ense in die Oorvaalse: Wij be schouwen onr- vry en onafhankelyk en zullende vootvaren m et onze eigen bestier, en hopen van niemand gehinderd te worden. Aange haal by A. N. Pelzer, W ordingsjare, Kaapstad 1950, bis. 210.
«) Vgl. in hierdie verband C. F. J. Muller, a.w., bis. 87.
T) H ierdie strew e was n ie net anti-Engels nie. maar v eel eerder en duidelik pro-Afrikaans soos dit ook blyk uit d ie duidelike aanwysing in 1848 dat die Voortrekkers nie onderworpe w il wees aan die Portugese in Delagoabaai nie. Vgl. A. N. Pelzer, a.w., bis. 210.
s ) A angehaal by C. F. J. Muller, a.w., bis. 88.
As onafhanklike volk w at van baie kante bedreig was, w at m et ’n sterk gemeenskaplike ideaal vervul w as en w at in familie verband dikw els nou met m ekaar verbonde was, was dit ook vanselfsprekend dat dit ’n taam lik homogene volk sou wees10). Hoewel daar wel partyskappe, groepvorming en faksies was w at sowel eendragtige optrede as ’n gelykmatige nasionale ontw ikke ling gerem het, was dié verdeeldheid egter nie prinsipieel van aard nie m aar eerder verskille oor die m etode en w eë w aarlangs die gem eenskaplike vryheidsideaal bevorder moes word.
Hierdie grotendeels homogene volk h et terselfdertyd die Kerk in die V oortrekkerrepubliek gevorm en n et soos die Voor trek kers hulle Britse burgerskap in die Kaapkolonie agtergelaat het, n et so h et hulle formele lidm aatskap van die Kerk in die Kaapkolonie agtergebly. Net soos hulle as vrye, onafhanklike volk op die trekpad en met die vestiging van die V oortrekker republiek ’n vrye, onafhanklike m aatskappy of sta a t gevestig het, so het hulle van meet af aan ook ’n onafhanklike kerklike organisasie gevestig. Daarom is daar van die begin af Kerkraads- lede aangewys en is selfs in die persone van Eerw. Erasmus Smit en na hom ds. Daniel Lindley predikante vir die V oortrekkerkerk aangew ys — dit alles sonder d at die Kaapse Kerk daarin geken is of dit selfs noodsaaklik geag is om die Kaapse Kerk daaroor te raadpleeg11). Gedurende hierdie tyd — dit wil sê vanaf onge veer 1836 to t 1853/4 — het die V oortrekkerkerk geen meerdere vergadering naas die K erkraadsvergadering gehad nie en behalwe vir die tw ee bogenoemde predikante, ook geen vaste predikant gehad nie. Terselfdertyd het die feit d at die lidmate van die Kerk en die burgers van die S taa t vir alle praktiese redes die selfde mense was, meegebring d at die belange van die Kerk ook deur die burgerlike Owerheid behartig is. Dit h et meege bring d at die Kerk assodanig, vir sover mens in hierdie om standig hede van „die Kerk” kan praat, geen besondere invloed op die volk uitgeoefen h et nie en ook geen rigtinggéw ende invloed gehad h et nie. Dit neem natuurlik nie weg d at die V ootrrekkers sèlf, om dat hulle leiers gelowige mense w as en om dat hulle die Heilige Skrifte gelees het saam m et die stigtelike literatuur w at hulle gehad het, in hulle optrede en opvattings sterk be- invloed is deur die christelike geloof nie.
10) Vgl. in hierdie verband ook die afwysende houding teenoor die vreem deling soos geskets deur A. N. Pelzer. a.w., bis. 211 vgg.
Die verhouding van die V oortrekkers m et die Kerk in die Kaapkolonie w as van die begin af nie baie gelukkig nie. Dit omdat die kerklike leiding skerp téén die G root Trek gekant w as12) en, soos Engelbrecht dit form uleer15):
...(die Kaapse Kerk) se belangstelling in die Trekkers was alleen to t daardie dele (van die land) beperk w aar die Britse vlag hulle agterhaal h et.”
Selfs die deputasies van predikante vanuit die Kolonie na die V oortrekkers h et nie altyd sonder by-m otiewe die A frikaner in die binneland besoek nie14). Dit alles het m eegebring d at daar ’n verw ydering tussen die V oortrekkers en die kerklike leiding in die Kaapkolonie o ntstaan het. Die oorsaak hiervan w as d at die Kerk in die Kaapkolonie deur die V oortrekkers geassosieer is m et die Britse imperialisme w at vir die behoud van die Voor- trekkerrepubliek en die uitbouing van die V ootrekkerideale ’n besliste gevaar was. D aarby is die m oontlikheid in ag geneem dat die Britse imperialisme deur middel van die kerk, deur middel van die geestelike sw aard, sou trag om die V oortrekkers van hulle vryheid en onafhanklikheid te beroof13).
D aar was dus ten opsigte van die ideale w at die V oortrekkers gekoester h et in verband m et ’n vrye, onafhanklike V oortrekker- sta a t tw ee kerklike beleidsrigtings. Enersyds w as d aar die beleid w at gevoer is vanuit die Kaapkolonie w at die V oortrekkers op- geneem h et in die Kaapse kerklike organisasie sodra hulle land geannekseer w as en w at ten opsigte van die onafhanklike Voor trek k ers öf afw ysend gestaan het öf getrag h et om hulle van die voordele van Britse oorheersing te oortuig16). Aan die ander kant w as daar die Kerk-in-wording onder die V oortrekkers w at oor die algemeen gedra is deur dieselfde ideale as die
Voortrek-32) Vgl. die H erderlike B rief wat deur die Sinode van 1837 u itgegee is en waarin teen die Trek gewaarsku is. Gepubliseer deur A. Dreyer, D ie Kaapse Kerk en d ie Groot Trek, Kaapstad 1929, bis. 3-4.
13) S. P. Engelbrecht, a.w., bis. 131.
“ ) Vgl. A. D reyer, a.w., bis. 40, 74, 87, 121 waar hy verw ys na die skrywe van dr. Wm. Robertson aan d ie owerhede in die Kaap: W e have abstained in our public services from allusion directly to R ebellion. . . . B ut we embrace every opportunity of speaking very candidly with those who are said to be affected, in private . . . and we generally take care to obey the A postolic Command by praying for th e Queen and all in authority.
Ki) Vgl. in h ierdie verband die brief van G. S., M. P. W., en H. P. Pretorius in D e V olksstem , 19 Mei 1893 asook S. P. Engelbrecht, G eskiedenis van die N ederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, Pretoria 1953, bis. 29vgg.
w at nié deel van die Kaapse kerklike organisasie sou vrom nie. kers naam lik die bestaan van ’n organisatories-onafhanklike Kerk in die V oortrekkerrepubliek w at bedien sal word deur predikante w at nie deel van die Kaapse kerklike organisasie sou vorm nie.
Hierdie tw ee beleidsrigtings sou in die jare 1852-1854 in botsing kom in die Oorvaalse gebied en dit gee ook al ’n belang- rike aanduiding van die verhouding tussen Kerk en volk in die begin jare van die Transvaalse Republiek.
In die ja ar 1852 het ds. Andrew M urray en ds. J. H. Neeth- ling getrag om die gemeentes in Transvaal kerklik in te skakel by die organisasie van die Kerk in die Kaapkolonie. Om dit vir die Transvalers aanneem baar te maak, h et die deputasie die argum ent gebruik d at die staatkundige vryheid van Transvaal nie deur so ’n kerklike samevoeging geraak sou w ord nie. Daarby is die argum ent gevoer dat dit alleen m oontlik sou wees om ’n predikant uit die Kaapkolonie te kry indien die Transvaalse gem eentes hierdie inlywingsvoorstel sou aanvaar. Aangesien die Transvaalse gem eentes volkome herderloos was en daar geen ander m oontlikheid was om ’n predikant te bekom nie, het die gem eentes en die Volksraad toegestem dat die Transvaalse ge m eentes by die Kaapse kerklike organisasie ingelyf sou w ord.17). Dié besluit h et egter ook reaksie uitgelok en in November 1853 het daar ’n memorie uit Mariko se w éreld by die V olksraad inge kom w aar baie duidelik gestel is18):
„En indien De Wel Eedele Volksraad Altoos w erkende is om ons onder En W eder de oude afgelegte Juk ken te brengen Zoo vent wij ondergetekende ons ver plecht de Volks Raat te bedanken.”
W ant so w ord dan verder gestel:
„Wij w enschen onze leeraare Vry en on af hankelyk te Hebben van alle Zijnode.”
H ier w ord die interessante situasie dus gevind d at die volk by die Owerheid, w at hulle vir die gang van sake verantw oordelik hou, besw aar m aak teen ’n beslissing w at op die kerklike terrein geval het. As dit iets aantoon, dan is dit seker die besondere noue verbondenheid van Kerk en volk w at in daardie situasie bestaan het. Dit is dan ook geen w onder d at ds. Van der Hoff na aanleiding van die inlywingsituasie in A ugustus 1853 aan prof. Lauts skryw e19):
... d at verzoek niet alleen zedelijk is afgeperst, m aar ook aan de voorw aarden (om ’n predikant na Transvaal te stuur) niet voldaan is.”
’ ■) Vgl. S. P. Engelbrecht, a.w., bis. 136.
m*) Aangehaal by A. N. Pelzer, a.w., bis. 224.
Met die koms van ds. Van der Hoff na die Oorvaalse het die kerklike situasie aldaar skielik ’n ander wending geneem. Die groot vraag w at onmiddellik na sy koms uitgem aak moes word, was die vraag of die Transvaalse gem eentes nou tog nog wil voortgaan m et die inlywing. Hierdie vraag h et gedien voor die Algemene K erkvergadering w at op 8 A ugustus 1853 te R ustenburg gehou is, w aar besluit is om die inlywing by die Kaapse Sinode nie te erken nie. Hierdie beslissing het w eer gedien by die tw eede Algemene K erkvergadering w at in November 1853 te Potchef- stroom gehou is en daar word dan verklaar d at die Kerk in Transvaal „een onafhanklijke Kerk onder h aar eigen b estu u r” is. Hierdie besluit is ook deur die Volksraad bekragtig. Die stan d punt van die Algemene K erkvergadering ten opsigte van die hele vraag stu k w as20):
... burgerlijk vrij en onafhankelijk, w enschen wij dit ook in het kerkelijke.”
Hier vind ons dus ’n situasie w aar die staatkundig-politieke opvattings van die volk ’n baie besliste stem pel op die Kerk gedruk het. W ant van die kant van die Kerk w as daar géén besw aar teen die leer van die Kaapse Kerk nie. Die teendeel is eerder w aar w an t by voortduring het die Transvaalse Kerk die Kaapse Kerk as m oederkerk aangedui en die begeerte uitgespreek cm die prinsipiële eenheidsband van die geloof te bly handhaaf. Twee fak tore w as egter ’n probleem ten opsigte van die organi- satoriese inskakeling van die Transvaalse Kerk by die Kerk in die K aapkolonie naam lik die mate van seggenskap w at die Kaapse Kerk, k ragtens sy K erkwet, aan die Engelse O werheid verleen het èn die feit d at die kleurskeidslyn nie in die Kaapse Kerk gehandhaaf is nie. Hierdie tw ee faktore is gesien as ’n bedreiging vir die vryheidsideale van die Transvalers en daarom h et die volk die organisatoriese samegaan van die T ransvaalse Kerk en die Kerk in die Engelse Kaapkolonie resoluut verw erp21).
-°) Vgl. ook D. van der Hoff, Open B rief aan ds. J. P. Jooste, 1871, herdruk
in Hervormde T eologiese Studies, Pretoria 1963, Jaargang 18,
waar ds. Van der H off stel: En wat betreft h et doel der scheiding, dat was niets anders dan eene uitm untende zorg om de vrijheid en onaf hankelijkheid der em igranten te bewaren, . . . Sien ook Eene Stem uit M ooirivier, 1855, herdruk in Hervormde T eologiese Studies, Pretoria 1963, Jrg. 18, bis. 153-160.
■’ ) Gedurende 1856 het sow el M. W. Pretorius as T. F. Drever deur die
Met die koms van ds. Van der Hoff in Transvaal is die Kerk daar ook behoorlik georganiseer en is ’n bevoegde meerdere vergadering naas die verskillende K erkraadsvergaderings inge- stel en is ook ’n begin gem aak m et die opstel van ’n eie Kerk w et2-). Tog w as die situasie nog so d at op die breëre staatkundige vlak die K erk eerder ’n volgsame as ’n leidende rol gespeel het. Aan die ander kant is dit ook w aar dat na die afskeiding van Lydenburg, staatkundig sowel as kerklik, in die jaar 1853-1854, ds. Van der Hoff ’n belangrike rol gespeel h et in die pogings om ’n behoorlike Grondwet en duidelike om skrew e uitvoerende, w etgewende en regterlike magte vir die S taat daar te stel23). Dat die Kerk in daardie vormingsjare ’n samebindende en ordenende faktor was, is byna vanselfsprekend en dit is in 1955 ook so deur die Kerk uitgespreek24):
„Gij die m et ons treu rt over de ongelukkige tw isten en verdeeldheden, die Kerk en S taat verontrusten, houdt goeden moed. Wij wenschen de eenheid des geestes door den band des vredes te behouden; wij trachten de w aarheid en de liefde aan te kweeken; wij benaarstigen ons vrede en eendragt te bevorderen en al datgene te doen w at strekken kan to t heil van Kerk en S taat.”
In die ongekompliseerde situasie van die vyftigerjare het die verhouding tussen Kerk en volk dieselfde gebly as in die vooraf gaande tyd. Die volk was die Kerk, die Kerk h et die volk omvat — as ’n veralgemening hier toelaatbaar is. Dit w ord juis onder- s creep deur die bepalings van die G rondwet w at in 1857 aanvaar is en in 1858 verder gewysig is. Hiervolgens w ord dit duidelik gestel d at die volk ’n christelike S taa t oprig en d at „de Neder - duitsch Hervorm de Kerk zal de Kerk van de S aat zijn”25), terwyl slegs lidmate van die Ned. Hervormde Kerk as Volksraadslede verkies kon word. Terselfdertyd w ord in artikel 23 van die Grond w et bepaal d at geen ander kerklike gesag as dié van die Ned. Hervormde Kerk erken word nie terw yl artikel 25 ook bepaal dat die volk die onafhanklikheid en onskendbaarheid van die Ned. Hervorm de Kerk wil handhaaf. Só het die Ned. Hervormde Kerk S taatskerk geword, die bevoorregte Kerk w at deur die christelike Owerheid van die land beskerm en onderhou moes
- ■) ’n E ie kerw et sou eers in 1862 w erklikheid word. Van 1853 tot 1862 is
nog gebruik gemaak van die Kaapse kerkwette van 1824 en 1842 vir sover dit van toepassing was of gemaak kon word. H oewel ’n eerste konsep-kerkwet reeds in 1857 opgestel en deur die A lgem ene Kerkver gadering aanvaar is, is dit nooit voor d ie Volksraad gelê n ie en dit as gevolg daarvan ook nooit as Kerkwet gefunksioneer nie.
23) Vgl. S. P. Engelbrecht, a.w., bis. 126.
" * ) E ene Stem u it Mooirivier, bis. 159.
word. H ierdeur h et die Ned. Hervormde Kerk in die voile sin van die w oord Kerk-van-die-volk geword en het hy die posisie behou selfs na die afskeidings van 1859 en 1965. Omdat beide dié afskeidings slegs ’n relatiewe klein deel van die volk geraak het, het dit die besondere verhouding van die Ned. Hervorm de Kerk tot die Transvaalse volk nie versteur nie en het die Ned H ervorm de Kerk die kerklike tu iste gebly van die ou V oortrekkers en hulle nasate èn het die Kerk ook, vir sover dit op sy vlak gelê het, voortgegaan om die staatkundig-m aatskaplike ideale van die Transvaalse volk, sy lidmate, te dien.
Hierdie situasie is egter versteur deur ’n tw eetal gebeurtenisse w at elkeen op sy m anier ’n verreikende invloed sou hê. Enersyds was dit die anneksasie van Transvaal in 1887 deur sir Theophilus Shepstone w aardeur die Ned. Hervormde Kerk, na die anneksasie, gekonfronteer is deur die feit dat daar nou ’n vreem de, volks- vyandige Owerheid in die land was. O m dat die anneksasie in die begin gesien is as ’n gebeure w at m aar tydelik van aard sou wees, het die Kerk geen besondere aandag aan sy posisie in die veran derde om standighede gegee nie en volstaan deur sy werksaam- hede voort te sit onder die dekking van die protes w aarm ee President T. F. Burgers sy amp neergelê h e t2C). Aangesien die anneksasie na die oorlog van 1880-1881 ongedaan gem aak is, het die Ned. Hervorm de Kerk na 1881 voortgegaan soos vroeër, sonder d at die gebeure van 1877-1880 aanleiding gegee het to t ’n w ysiging van siening en optrede ten opsigte van die aangeleent- heid onder bespreking. Dit het miskien ook saam gehang m et die feit d at die predikante van die Ned. Hervormde Kerk, m et die uitsondering van ds. H. S. Bosman van Pretoria, hulle volledig ingew erp h et aan aan die kant van die volk in hulle verset téén die anneksasie. Veral ds. N. J. van W armelo van Heidelberg het hom volkome m et die „p atrio tte” vereenselwig en hy het selfs die godsdiensoefeninge gelei by die laaste groot byeenkom s van burgers te Paardekraal w at direk aan die uitbreek van vyandelik- hede voorafgegaan het. As in aanm erking geneem word hoeveel van die leidinggéwende kerklike am psdraers en lidm ate aan die krygsverrigtinge deelgeneem het, dan kan afgelei word d at ook in hierdie tyd Kerk en volk op die staatkundig-m aatskaplike terrein soos één opgetree het.
Die tw eede groot gebeurtenis w at die noue verbondenheid van die Ned. Hervorm de Kerk en die Transvaalse volk aan spanning onderw erp het, w as die poging to t kerkvereniging in 1885. Juis die heroplewing van die nasionale eenheidsgevoel,
die gedagte d a t ’n eensgesinde volk groot uitdagings die hoof kan bied, het m eegebring dat by die volk self en by sy leiers die gedagte na vore gekom het om die kerklike verdeling in die ou Republiek te beëindig en die volk anderm aal in één kerklike organisasie saam te snoer. Hierdie kerkvereniginggedagte w at grotedeels gebore is uit die nasionale eenheidsgevoel, is dus eintlik vanaf die staatkundig-kulturele lew ensterrein na dié van die Kerk oorgedra27). Omdat die verbondenheid van Kerk en volk op hierdie stadium dan ook so heg is, is dit as volkome vanselfsprekend aanvaar dat dié saak ook deur die Kerk bespreek sou word. Hoewel die Gereformeerde Kerk nie deelgeneem het aan die verenigingspoging nie, het die Ned. Hervormde Kerk en die Ned. Geref. Kerk tog deurgedruk en in 1885 het die Algemene Vergaderings van dié tw ee kerke oorge- gaan to t kerkvereniging. Omdat die hele aangeleentheid egter verkeerd hanteer is, daar nie genoeg rekening gehou is m et die wense van die gemeentes nie en ook die sterk Kaaps-Engelse sentim ente van die predikante van die Ned. Gereform eerde Kerk nie genoegsaam in berekening gebring is nie, het die hele saak op ’n m islukking uitgeloop en het d aar groter verdeeldheid op kerklike gebied in Transvaal na 1885 geheers as voor 1882. Die m erkw aardige is d at die mislukking van die kerkvereniging nié op suiw er kerklik-teologiese vlak gelê het nie, m aar veeleer toe- geskryf moet word aan staatkundig-kulturele oorwegings w at gegeld het. In 1895 het ds. M. J. Goddefroy die saak só gestel28): „Door eene Vereeniging van K erkeraden (voornamelijk van de Kaap-Engelschen uitgaande) n aar een bepaald plan, lang tevoren beraam d, in den tijd der Engelsche overheersching, w are het bijna gelukt de nationale volkskerk bij de Kaapsche in te lijven. Doch dit zou niet geschieden; . . . ”
Hoewel die kerkvereniging aan die Ned. Hervorm de Kerk ongeveer een derde van sy lidm ate ontneem h et w at, vanweë verskillende oorwegings, in die verenigde Kerk gebly het, h et die Ned. Hervormde Kerk na 1885 nooit w eer die voorrangsposisie, ook w at getalle betref, herwin w at die Kerk voor 1885 gehad het nie. D aarvoor was hoofsaaklik tw ee faktore verantw oordelik — enersyds die ontdekking van goud en die daarm ee gepaard- gaande ekonomiese opbloei w at groot getalle mense na die Z.A. Republiek gelok het en w at hulle hoofsaaklik by die verenigde Kerk gevoeg het. Andersyds het die verenigde Kerk geen predi kante te k o rt gehad nie en het dié Kerk ook daadw erklike en
: : ) Vgl. in hierdie verband die Broederlijk Schrijven van 1888, blz. 96. -') Vgl. A. D. Pont, Ds. M. J. Goddefroy, 1848-1920. ’n Skets van sy lewe
morele steun van die Ned. Gereformeerde K erk in die K aap kolonie geniet. Dit h et beteken dat die Ned. Hervormde Kerk w at m et ’n predikantetekort gew orstel h et en geen besondere gestalletoevoeging vanw eë die im m igrasiestroom ervaar h et nie, geleidelik op die agtergrond geraak het. Hierdie verw ikkeling om die Ned. Hervorm de Kerk sy voorrangsposisie te ontneem was w aarskynlik ook een van die sterkste aanleidende faktore w at die Ned. G ereform eerde Kerk in Transvaal to t kerkvereniging laat besluit het.
Die reorganisasie van die Ned. Hervormde Kerk na 1885 het eers behoorlik op gang gekom nadat ds. M. J. Goddefroy in 1887 as predikant van die gem eentes Pretoria (W itfontein), Middel burg en T richardsfontein bevestig is. In Februarie 1888 is daarop w eer ’n Algemene Kerkvergadering van die Ned. Hervormde Kerk in P retoria gehou w aar 8 gem eentes deur 28 afgevaardigdes verteenw oordig is. Dit is ongetwyfeld na die Algemene K erkver gadering van 1853 die belangrikste vergadering w at deur die Ned. H ervorm de Kerk in die ou Republiekeinse ty d gehou is. Nie alleen moes die reorganisasie van die Kerk w eer aangepak word nie, m aar terselfdertyd moes daar behoorlik aandag gegee word aan die posisie en standpunt van die Kerk in die nuwe en soms haglike omstandighede.
Die m erkw aardige van hierdie vergadering is d at hier baie sterk beklem toon w ord dat die Ned. Hervormde Kerk sy taak as Kerk bly sien om, benewens die Evangelieverkondiging, ook op die staatkundig-kulturele vlak sy rol te bly speel as „de nationale volkskerk”. Dit is duidelik dat in hierdie vergadering die insigte van sowel ds. M. J. Goddefroy as oudl. C. J. Joubert ’n belangrike rol gespeel het en dat beide in hulle opvattings sterk beïnvloed is deur die standpunt en rol van die Kerk voor 1885.
roeping en ’n ta a k van die Kerk om ook op die opvoedkundig- kulturele terrein daarvoor te sorg dat die gedoopte kinders van die Kerk opgevoed word volgens die inhoud van die Kerk se belydenis. Die Kerk se taak is dan ook, as die Owerheid ander weë gaan, om self voorsiening te m aak en toe te sien dat die volk nie vervreem raak van die Evangelie van Jesus Christus nie. Hy het dan ook reeds in 1885 gestel20):
„De Kerk moet naar de menschen komen, om dat de mens- chen niet m eer to t de Kerk komen. D at zal dan w ellicht de weg zijn dat zij ook weer de Kerk vinden. Van de daken moet gepredikt worden, niet slechts in de Kerk. Neen, in groote danszalen en overal in het w oest gedruisch des levens moet het geklank des Evangelies zich doen hooren.”
Uit hierdie enkele fragm ent kan daar reeds bepaalde tendense verneem w ord d a t ook in ds. Goddefroy se am psw erk in die Z.A. Republiek verder deurwerk.
W at oudl. C. J. Joubert betref, is dit opvallend hoe sterk sy patriotiese gevoel is en hoe skerp hy gekant is teen alles w at die vryheid van die Transvaalse volk bedreig. In hierdie verband het hy met ’n geleentheid gestel30):
„Ik heb besloten het mijn volk te staan of te vallen. Geen Engelsche of Duitsche, zelfs geen Hollandsche overheersching zullen wij erkennen, nog dulden. Wij zullen staan als vrijge kochte kinderen van het nageslacht dier standvastige vaderen, die alles hebben opgeofferd om het juk der slavernij af te werpen. . . . Geen vreemde invloeden zullen door mij worden voorgestaan, geen vertrapping van rechten onzer burgers zal door mij w orden toegestaan.”
Daarby is dit opvallend dat Joubert in sy opvatting wie tot die volk behoort, baie eksklusief is w ant alleen die V oortrekker- nasate en diegene w at nooit ’n aanslag op „het V rijheidsvolk” gem aak het, w ord deur hom aanvaar as deel van die volk.
Dit is te verw agte dat hierdie tw ee m anne se opvattings ’n rol speel in die besluite van die Algemene K erkvergadering van 1888. Reeds m et die aan vang van die vergadering h et ds. Godde froy ’n oorsig gegee oor die kerkvereniging en die gevolge daarvan en dan stel hy31):
-") M. J. Goddefroy. Iets meer en Iets anders u it de Geschiedenis der Reorganisatie van het beheer der K erkelijke goederen en fondsen der N.H. G em eente te Achlum, Franeker 1885, blz. 38.
"") G. D. J. Duvenage, C. J. J. Joubert, 1834-1911, artikel in N ederduitsch Hervormde Gemeente Bronkhorstspruit. Krugersdorp 1969, bis. 113.
„Ook deed het hem (Ds. Goddefroy) genoegen hier vele ouden van dagen onder de aanwezigen te tellen, die de Kerk alzoo velen malen tegen vreemde overheersching hebben v er dedigd, en hij verzekerde d at wij nu zullen blijven vasthouden aan de volgende tw ee fondamentele beginsellen, levensvoor w aarden voor de vrijheid van dit land, en grondslagen dier- zelfde (Kerk-)wet:
Strijd tegen vreem de overheersching, Tegen gelijkstelling m et kleurlingen.
Daarom w as h et voor de Ned. Herv. Kerk onmogelijk zich te vereenigen m et het nieuwe Kerkgenootschap, daar dit onder vreem de overheersching staat.”
H ieruit w ord wel duidelik in hoe ’n noue betrekking die Kerk to t die volk gesien is en hoe geoordeel is d at die Kerk ook op die staatkundig-kulturele vlak ’n besliste taak het. Daarom het oudl. Jo u b ert ten opsigte van dié tw ee beginsels ook gestel32):
„Die beginselen hebben onze vaderen geleid en krach t gegeven, toen zij m et den bijbel in de hand, van deze w oestem ij een bew oonbaar oord hebben gem aakt.”
Dit is duidelik d at die vergadering m et die beklem toning van hierdie beginsels baie sterk teruggryp na die stand pu nt van die Kerk in 1853. Dit is ook so deur oudl. Joubert aangetoon as hy stel33):
„De Hervormde Kerk kan zich nooit vereenigen m et de Ned. G ereform eerde, die gebonden is aan de K aapsche Synode, w elke onder de Engelsche Regeering staat, onze vaderen heb ben gestreden voor vrijheid, zoowel staatkundig als geestelijk, en de w et der Ned. Herv. of Ger, Kerk sta a t onder toezicht der Kaapsche Synode, soodat de Kerk zelfs geen Predikant kan beroepen zonder goedkeuring der Synode, en dus van een lichaam, d a t aan het Engelsche Gouvernement onderw orpen is.
32) N otluen, 1888, blz. 24. "Jen opsigte van die afweer van gelykstelling m et die kleurlinge (d it is volgens die destydse h eersende om skrywing diégene w at nie-blanke vader of moeder gehad h et o f die nakom elinge van diesulkes tot in d ie vierde geslag) het oudl. Joubert gestel: . . . dat de vroegere Herv. Kerk, gevestigd door het volk van h et land, en alzoo de Kerk van den Staat, n iet gehouden was, om te waken voor de ge lijk stellin g van kleurlinge m et blanken in de Kerk, omdat Kerk en Staat toen een waren en er toen ter tijde voorzieningen waren in de staatkundige w etten van het land. Nu Kerk en Staat n iet m eer in die naauwe betrekking tot elkander staan en dus de staatkundige w etten de Kerk in deze n iet meer beschermen, is het noodig een e bepaling in dezen zin in de Kerkwet op te nemen. Hier lê dus. histories gesproke, d ie beginDunt van dié artikel in ons huidige Kerkwet wat algem een as A rtikel III bekendstaan en waaroor soveel stof opgewaai het in die sestiger jare.
Wij hebben onze geestelijke vrijheid zoo goed lief als onze staatkundige, en iedere overheersching is voor ons een onover komelijke hinderpaal.”
Hierdie gedagtes het ook w eerklank gevind in die Broederlijk Schrijven w at deur die Algemene Vergadering uitgereik is. In hierdie am ptelike stuk word die verhouding tussen Kerk en volk as volg aangedui34):
„Onze Kerk, de Nederduitsch Hervormde, is de Kerk onzer vaderen, de Kerk van het volk, dat de Republiek heeft ge sticht.”
W anneer verw ys word na 1853 en die beslissings w at daar geneem is, word die volgende gestel33):
„Even als de S taat w enschten zij de Kerk in te richten, overeenkomig de heilige verordeningen Gods, m aar teven als w aarborg van hare staatkundige onafhankelijkheid . . . Onze vaderen wilden zichzelven zijn; geen kerklijke invloed van onderdanen van Engelsche bestuur: de m annen die de Repu bliek in het staatkundige gesticht hadden, gevoelden zich ook in sta a t een eigen kerk op te richten: voor het volk, om het volk en door het volk! Laat ons het voorbeeld onzer vaderen in eere houden! H et is bew onderensw aardig hoe onze vaderen met vaste stap op den rechten weg zijn voortgegaan.”
Hierdie opmerkings korreleer w eer met die opvatting w at ds. Goddefroy aan die begin van die vergadering na vore gebring het, toe hy gestel h et36):
„Wij kunnen ons niet aansluiten bij de Kaapsche Kerk. om dat die Kerk onder vreemde overheersching staat, w ant zij is niet vrij van den Staat. Ja, zij kan w at vrijheid aangaant nog eens een les komen nemen bij de Ned. Hervorm de Kerk, het geen door niemand werd tegengesproken, en zelfs kon worden tegengesproken. De V oorzitter verklaarde verder dat de Ned. Hervormde Kerk wil voortgaan op h et pad en inde richting door onze vaderen afgebakend en zij eischt alleen vrijheid des geloofs.”
" * ) Notulen, 1888, blz. 92.
,5) N otulen, 1888, blz. 94. Die form ulering hier vra op één punt nadere kommentaar dit wil sê waar gestel word dat die vadere ’n eie kerk opgerig het. ’n Opnervlakkige m ening sou wees dat die vadere van m ening was dat h ulleself instaat sou w ees om ’n Kerk ..op te rig” — dit is natuurlik prinsipieel onmoontlik omdat die Kerk ’n gegew ene van God is. Vgl. in hierdie verband NGB. art. 27 vg. B uitendien het die Vootrekkers n ie eers in Transvaal ’n eie. reorganiseerde, sigbare kerk like organisasie daargestel nie, maar feitlik direk na hulle vertrek uit die Kaapkolonie. In hierdip verband is veral die Dagboek van Erasmus Smit besonder insiggewend.
Uit die form ulering in die Broederlijk Schrijven is dit duidelik dat ondanks die veranderde om standighede w at in 1888 gegeld het, die Algemene K erkvergadering die Ned. H ervorm de Kerk beskou h et as die voortsetting van „de nationale volkskerk” . Die sigbaar-georganiseerde Kerk w at deur die vadere opgerig is in die ou Zuid-Afrikaansche Republiek. Hierdie Kerk het, afgesien van sy ta a k to t Evangelieverkondiging, op die staatkundig-kultu- rele vlak die opdrag gehad om ook te dien as ’n bolw erk vir die A frikaner-vryheidsideaal soos dit in die ou Z.A. Republiek geleef het. Hoewel die Kerk in 1888 nie m eer die hele volk van die Z.A. Republiek om vat nie m aar nou langs die verenigde Kerk en die Gereform eerde Kerk bestaan, h et dié Kerk nog sy noue verbondenheid m et die V oortrekkerideale behou om dat sy lidm ate daardeur besiel is en so h et die Kerk daarin geslaag om ’n voort setting te bly van „de nationale volkskerk” — dit wil sê: „Voor het volk, om h et volk en door het volk” .
Dit is duidelik dat in die Kerk self hierdie aspek van die kerk-wees van die Kerk nie baie duidelik deurdink is nie. M et eenvoud is vasgehou aan die gedagtes hierbo aangehaal en verder is artikels 2 en 3 van die Algemene Bepalingen van die Algemeen Reglement, soos dit reeds in 1862 opgestel is, onveranderd ge- handhaaf, èn nageleef"). Hoewel ds. Goddefroy in sy kontrovers met ds. H. S. Bosman hierdie aangeleentheid w éér behandel, bring hy feitlik geen nuw e argum ente na vore nie en bly hy by die stan dp un t van die Algemene K erkvergadering van 188838). Een aspek is egter onmiddellik duidelik d at in die uiteensetting dit as volkome vanselfsprekend geag is d at w anneer van volks kerk g e p r a a t is, begrip volk nie die begrip K erk gekw alifiseer het ten_ opsigte van die sentrale ta ak van die Kerk, naam lik die Evangelieverkondiging nie. Veel eerder word hier verw ys n a die
7) N otule van d ie Volksraad, gepubliseer in S.A. A rgiefstukke, Transvaal No. 4, Kaapstad s.j., bis. 582: Art. 2: Tot elke byzondere gem eente behooren: die op belydenis des geloofs tot lidm aten zyn aangenoemen; die vooralsnog alleen door den doop in hare gem eenschap zyn ingelyfd; die door geboorte u it Hervormde ouders of door den overgang hunner ouders tot de Hervormd» Kerk, gerekend worden tot een e byzondere gem eente in betrekking te staan; die in eenig Hervormde Gemeente, hetzy h ier te lande, hetzy elders zyn rekend, als behoorende tot de Her vorm de Kerk. en van hunnen doop of hunne belydenis door behoorlyke bewyzen hebben doen blyken. Art. 3: Deze alien blyven tot de Neder-duitsch Hervormde Kerk behooren, zoo lang zy n ier door woord o f daad ten duidelykste toonen zich van haar af te scheiden, of door haar van hunne betrekking tot de kerk zyn vervallen verklaard.
“ ■) M. J. Goddefrov. De Kerkkwestie. N iet een Leer- maar cen Levens kwestie. Den Haag 1889.
reform atoriese Kerk w at die geheel-van-die-volk, die gekerstende volk, om vat — ’n gedagte w at deur Ph. J. H oedem aker in 1891 as volg geform uleer is39):
„En n iet van de politieke leiders, m aar van de Kerk van Christus gaat de kracht uit. Zij is door God in h et middelpunt van h et volksleven geplaatst als het h art in h et lichaam en onafscheidelijk van het lichaam .”
D iM s jiie die volk w at die Kerk bepaal nie, m aar die Kerk w at rondom die W oord van God die hele volk vergader en aan die volk die W oord van God bring soos dit op alle lew ensterreine geld. In hom self is die Kerk die ruim te w aar die diepste en hoogste ideale van die volk na vore kom en getoets kan word aan die W oord of daardeur rigting gegee kan word. Die verhouding tussen Kerk en volk word dus nie gesien as ’n w esensverband nie. Dit is veeleer ’n verhouding w at gekenm erk w ord deur die begrippe roeping en verantwoordelikheid. As dit só gesien word, is dit vanselfsprekend om dan van volkskerk te p raat om dat die Kerk m et sy prediking ingaan in al die organiese geledinge van die m ensdom 40):
Dié situasie w ord netjies raakgevat deur die opmerking van Van Ruler41):
„Van pure katholiciteit is zij (die Kerk) o.a. ook nationaal. Zij g aat m.a.w. niet alleen, in een extensieve katholiciteit, uit to t alle volkeren, m aar ook, in een intensieve katholiciteit, to t alle m om enten van het leven.”
W anneer die Algemene K erkvergadering van 1888 van die besondere verbondenheid van K erk en volk p raat, dan is dit ongetw yfeld alléén m et die gedagte dat die K erk as draer van die Evangelie van Jesus Christus daar is terw ille van die volk, ’n volk w at gedoop is, w at opgeneem is in die verbond van God.
In N ederland is die volkskerk-gedagte in die negentigerjare van die vorige eeu deur Abraham K uyper onder ’n vraagteken gestel. Hierdie bedenkinge is uitvoerig deur H oedem aker en andere w eerspreek. Daardie gedagtew isseling in Nederland het in die periode voor die Driejarige Oorlog h ier feitlik géén w eer klank gevind nie en dit h et ook baie min invloed op die denke van die K erk in hierdie verband gehad.
3B) Gereform eerde Kerk, 16 April 1891 soos aangehaal by H. J. Langman, Kuyper en de Volkskerk, Kampen 1950, blz. 187.
4n) Vgl. h ier ook H. J. Langman, a.w., blz. 191.
41) A. A. van Ruler, H eeft h et nog zin, van „Volkskerk” te spreken? W ageningen 1958, blz. 13.
Die Algemene K erkvergadering van 1888 form uleer, al is dit baie kortliks, die gedagte van die volkskerk w at die gevolg d aar van was dat die K erk m et sy Evangelieprediking en sakram ents- bediening volkome ingegaan h et in die organiese geledinge van die volk en daarom ook ’n bepalende invloed uitgeoefen het op die staatkunde, die m aatskaplike en openbare lewe. Die Kerk was feitlik die verbisondering van die godsdiens w at elke dag uitgeleef is. Die Kerk w as die liggaam w at die volk as geheel opgeroep h et en w ou lei om ’n heilige gem eenskap te wee? w at alleen to t eer van God geleef het. D aarom h e t die Kerk en kon die Kerk ook nie losstaan van die staatkundige en m aat- skaplike en kulturele lewe van die volk nie m aar h e t die Kerk ook daar die rigtinggéw ende W oord van God uitgedra.
Hierdie situasie w ord duidelik geskets deur die S taatspresident S. J. P. K ruger in ’n toespraak w at hy in die V olksraad gehou het op 11 Mei 188542):
„Hy (naam lik die Staatspresident) meen dat, sover hy w eet, alle lede lidm ate van die kerk in die land is en d at hulle m et hom één in die geloof is. Die Christen het die k erk as fonda m ent w aarop hy bou; die sta a t is op die kerk gebou; op die kerk steun ons, en dit kan niemand w egredeneer nie; van die kerk en die kerkraadslede hoor Sy Hoogedele nie dikwels op ’n toon van veragting spreek nie. Toe ons land indertyd aan- gelê is, moes kerkraadslede persoonlik koste gedra en diens gedoen het. In latere tye is hulle van persoonlike krygsdiens vrygestel, behalw e w anneer krygsw et afgekondig is, w anneer hulle ew eneens diens gedoen het. V roeër h et die kerk onder steuning van die sta a t geniet; die kerk het die verpligting nou op hom self geneem; hy wil die s ta a t nie m eer daarm ee lastig val nie. En nou behoort ons die kerk ook nie in die w eg te staan nie, nie lam te m aak nie, nie te versw ak nie. As by voorbeeld die enigste perd van ’n kerkraadslid opgekomman- deer word, en hy daardeur nie m eer in staa t is om die predikant te vervoer nie, w ord sy w erk verlam. Dit is nie m eer as billik en reg d at ons die kerk beskerm nie; dat ons byvoorbeeld sê: in die gem eente w aar die vrywillige beginsel aangeneem is, betaal ’n kerkraadslid eenderde m inder as die ander. In elk geval behoort die saak m et bedaardheid oorweeg te w ord, w an t w ord die kerk lam gem aak, w ord die sta at ook verlam .”
Aan die ander k a n t het ons in die periode voor die Driejarige Oorlog óók situasies w aar die volk, as gem eenskap van gelowiges, die Kerk in sy spreke en denke vooruitgeloop het. ’n Besondere
geval w a t in hierdie verband genoem kan word, is die belofte van 1880 te P aardekraal w at as ’n hem uw ing van die Gelofte van 1838 verstaan is43). Hoewel hierdie 1880-belofte nog in die Broederlijk Schrijven van 1888 naklink, is die besondere ver houding van K erk en volk, ook as gevolg van hierdie moment, nie n ader uitgew erk of verder gem otiveer in daardie tyd nie. Dit wil voorkom dat die verhouding so vanselfsprekend aanvaar en beleef is d at ’n nadere uitw erking daarvan nie nodig geag is nie.
Na 1902 h et die situasie, veral in Transvaal, só drasties verander dat hierdie gedagtes oor die verhouding K erk en volk w at in 1888 geform uleer is, grotendeels uit die denke en spreke van die K erk verdw yn het. Die vraag bly egter staan of dit geestelike erfgoed van die Kerk is w at m aar in die verlede moet bly rus of d at d it w eer na vore gehaal m oet w ord sodat daar verder besin kan en moet word oor die vraag na die verhouding van Kerk en volk in Suid-Afrika.