BOEKBESPREKING
Dr. W. H. Velema, Herleving van de Natuurlijke Ethiek tegen de Achtergrond van de Secularisatie. Rede uitgesproken bij de Overdracht van het Rectoraat aan de theologische Hogeschool van de Christelijke Gereformeerde Kerken in Nederland te Apel doorn op 17 September 1969, J. H. Kok, Kampen, 32 pp.
Die tem a van die rede word uitgedruk in die sinne: „Deze n a  tuurlijke ethiek is er altijd gew eest en zal er ook steeds blijven. Ons doel is na te gaan in hoeverre de christelijke ethiek inhoude lijk bezig is natuurlijke ethiek te w orden” (p. 7). Velema behandel dan baie korliks ’n aantal voorbeelde: W. van der Marck, Schille- beeckx, Rothuizen en andere om aan te toon hoe Christelike deugde op so ’n wyse g eïnterpreteer w ord d at dit m aar net natuurlike deugde is, hoe die Christelike etiek in situasie-etiek om gesit word, hoe Christus nog net as voorbeeld vir die etiese lewe oorbly, hoe die w are m enslikheid soos in Christus uitgedruk dieselfde as die natuurlike m enslikheid is en so meer. Hierin sien Velema ’n herlewing van die ethica naturalis binne die Christelike etiek, w at in laaste instansie daarop neerkom dat die Bybel nie m eer die grond en norm van die C hristelike etiek is nie. Die oorsaak hiervoor vind die skryw er in die sekularisasie w at besig is om ook die Christelike denke te oorweldig. Enkele m aar baie insiggewende bladsye word gewy aan die gronde van die seku larisasie en die kenm erke van die C hristelike ethos. — Vir die stud ent w at in die Christelike etiek belangstel, kan ek hierdie rede baie sterk aanbeveel.
— P. S. Dreyer.
/
Ethiek als Waagstuk. Opstellen aangeboden aan dr. E. L. Smelik, emeritus-Hoogleraar van de Universiteit van Amsterdam,
Callenbach, Nijkerk, 1969, 142 pp.
Soos in die subtitel aangedui, bestaan die boek uit ’n aantal opstelle w at te r ere van dr. Smelik uitgegee is. Artikels van doktore F. O. van Gennep, F. van R aalten, M. A. Beek, H. J. Heering, J. W. Schulte N ordholt, Kr. Strijd, C. W. Mönnich en H. R. W ijngaarden is in die bundel opgeneem.
Dit is nie nodig om lank by hierdie boek stil te staan nie. Die interessante titel word in die stof nie bew aarheid nie. D aarby het dr. Smelik hier by ons slegs by weinige enigsins bekend geraak (dan ook veral deur sy boek De Ethiek in die Verkondiging) en op geeneen van wie ek w eet juis ’n onuitw isbare indruk gem aak nie. Die artikels w at oor sy w erk handel en die bibliografiese gege- w ens uit sy w erk sal dus w aarskynlik ook weinig belangstelling
van ons lesers geniet. Indien daar iemand is w at in dr. Smelik geïnteresseer is, is hierdie bundel ’n bron van allerlei nuttige inligting.
Die drie artikels w at na my insig die beste is, is dr. M. A. Beek se artikel oor „H et juridisch aspect van de rabbijnse ethiek” , w aar dit gaan oor die belangrikheid van die w ettisism e in die etiek; dr. H. J. Heering se enigsins loslittige arikel: „Is er een eigen christelijke ethiek?” w at saam met Smelik ’n eie christelike etiek bevraagteken; en die beste van almal dr. F. O. van Gennep se „H et radicalism e in de ethiek”, w at die interessante probleem van die radikale eise van Gods W oord teenoor die kompromis- agtige etiek van die mens behandel.
— P. S. Dreyer.
T ruth and Reality /W aarheid en W erklikheid. W ysgerige Pers- pektief op die W erklikheid. Opgedra aan Professor dr. H. G. Stoker, De Jong, Braam fontein, 1971, 317 pp.
Die boek bestaan uit ’n volbladfoto van prof. Stoker, sy curriculum vitae, ’n opdrag aan hom, 22 artikels en ’n lys van sy publikasies. Die boek is uitgegee deur ’n uitgebreide komitee onder vo orsitterskap van prof. H. J. J. Bingle, rek to r van die P.U. vir C.H.O., as eerbetoon aan prof. Stoker vir ’n leeftyd van onbaatsugtige diens aan die filosofie, die Calvinisme en aan ons land.
In die ruim te to t ons beskikking is dit onm oontlik om elkeen van die artikels te bespreek. Ons volstaan dus m et ’n poging om ’n karakterisering van die boek te gee eerder as om die artikels apart te bespreek.
Calvinistiese wysbegeerte gereken kan w ord nie. Die doel d aar mee (en in hierdie doel is ook heeltem al geslaag) was om te toon in hoe ’n wye kring (binnelands en buitelands, Calvinistiese w ysgere en andere) prof. Stoker gew aardeer en hoog geskat word.
’n Lys van die artikels sal ’n beeld gee van die uiteenlopend- heid daarvan en ook ’n indruk van w at behandel word: V. Briim- mer (U trecht): „Is ’n transendentale kritiek religieus bepaald?” A. L. Conradie (Pieterm aritzburg): „C onstitution and Creativity in the Philosophy of Edmund H usserl”. H. J. de Vleeschauwer (Pretoria): „Studium G enerale” . H. D ooyew eerd (Amsterdam): „Sociology of law and its philosophical foundations” . P. G. W. du Plessis (Johannesburg): „Beginvrae en antw oorde in die W ys begeerte” . S. I. M. du Plessis (K aapstad): „M ax Scheler’s concern with the highest perfection”. B. Duvenhage (Potchefstroom ): „C hristelike W etenskap”. H. H art (Toronto): „M alan’s critical stu d y ” . A. M. T. Meyer (Pretoria): „R aakpunte vir ’n dialoog m et ’n Christelike W ysbegeerte”. A. H. M urray (Kaapstad): „Nu we gedagtes oor die begrip N atuurw et” . C. K. Oberholzer (Preto ria): „Die voorw aardes vir die uitbou van ’n w ysgerige antropo logie” . K. J. Popma (U trecht): „De stru ctu u r van feit-en-beteke- n is” . C. G. Seerveld (W orth): „The relation of the arts to the presentation of the tru th ”. J. Stellingw erf (Amsterdam ) :„Gezag en vrijheid in het licht van Gods W oord”. J. A. L. Taljaard (Potchefstroom ): „V oorveronderstellings vir ’n filosofie van die opvoeding”. N. T. van d er Merwe (Potchefstroom ): „Objektiviteit, sekularisasie en geskiedenis”. S. P. van der W alt (Potchefstroom ): „Etiek — w etenskap van relasies” . C. A. Peursen (Leiden): „W e ten en feiten” . H. van Riessen (Amsterdam ): „Enige opmerkingen over en titeiten ”. C. van Til (Philadelphia): „Richard K roner on H erm an Dooyeweerd”. P. A. V erburg (Gronigen): „De mens in de taalku nd e”. S. U. Zuidema (Amsterdam): „Enkele motieven van het antim ilitair pacifisme” .
Dit is ’n belangrike boek, nie alleen weens die kw aliteit van elke artikel afsonderlik nie, m aar ook om dat dit ’n mens ’n indruk gee van die w ysgerige gedagtestrom inge in Suid-Afrika.
— P. S. Dreyer.
H. G. Stoker, Die aard en rol van die reg — ’n w ysgerige be sinning.
H ierdie w erk is ’n publikasie van die rede van prof. H. G. S toker by die aanvaarding van ’n ere-professoraat in W ysbegeer te aan die R.A.U. op 30 Julie 1970.
S toker beoog hierm ee ’n ondersoek na die wese van die reg. Dit doen hy onder m eer deur te onderskei tussen mense-regte, juridiese norm e en juridiese orde. Hy gaan prim êr van die
punt uit dat die mens ’n juridiese wese is: Die reg behoort fundam enteel en w esenlik to t sy aard. D aarom beklem toon hy deurgaans die ontiese gefundeerdheid van die reg. Hy toon dan ook op ’n geslaagde wyse aan dat die reg eenvoudig nie naturalis- ties, sosiologisties of as blote positiewe reg begryp kan word nie. Dit is tew ens juis sy duidelike onderskeid tussen positiew e reg en ontiese reg w at die aard van die reg treffend blootlê.
Sy fenom enologiese benadering van die reg vergelyk gunstig m et die oopdek van eg-menslike oerstrukture. So kom hy to t in- siggew ende uitsprake m et betrekking to t universaliteit, uniekheid, ordebepaling, aard en gelding van die reg. Sy behandeling van die verhouding tussen die sedelike en die reg kon miskien beter gehanteer word.
W at vir die leser van die huidige tydsgew rig ook betekenisvol is, is die verskil w at hy trek tussen w erklik synde mense-regte enersyds en die „hum an rights” andersyds. Die w anklank van die „hum an rig h ts” hef nie die regsgeldigheid op van egte mense- regte nie.
Hoewel S toker in hierdie w erk tereg onderskei tussen voor- w etenskap en w etenskap as sodanig, erken hy nie in sy teoretiese arbeid hierdie grense nie. N et so verbind hy sy na-w etenskaplike betragting m et die statu s van die mens in die reg. Hoewel hy aan die een k an t die ontiese sien as die grond van die ontologiese w etenskappe en die Skrif as dié van die teologie, is d aar aan die ander k an t ’n kontinue lyn tussen genoemde tw ee gronde. Dit is opsigself ’n illegitieme benadering aangesien die tw ee gronde w esensverskillend van m ekaar is. Hierdie benadering h et ten gevolge d at S toker aan die begrip „onw etenskaplik” ’n ander inhoud gee, en wel dié van die nie-erkenning van „relevante Skriftuurlike gegew ens” vir die w etenskap überhaupt. Dit is ’n Biblisisme w at uitloop op sy filosofie van die Skeppingsidee.
Ten spyte van hierdie grensoorskryding h et S toker ’n oor- spronklike en w aardevolle bydrae gelewer to t die filosofie van die reg. Ek sou die w erk graag aanbeveel.
— P. S. Dreyer.
H. M. Rex, Die Voorgeskiedenis en Geskiedenis van die Neder-duitsch Hervormde Gemeente Zeerust (Marico), uitgegee deur die K erkraad, Ned. H ervorm de Gemeente Zeerust, P retoria 1971. 449 bis. Prys R6.00.
geskiedskryw ing is behartig deur mnr. H. M. Rex, die argivaris van die Kerkargief w at kragtens die produk w at hy gelew er het, goed daartoe bevoeg is.
Die lywige boekw erk, netjies versorg deur die N.H.W.-Pers en pragtig versier m et talie historiese fotos van groot belang, beslaan ’n dertigtal hoofstukke. Dit is jam m er dat die Inhouds-opgawe nie vermeld op w atter bladsye die verskillende hoof stukke gevind kan w ord nie. D aarby w ord die verskillende onder- opskrifte van elke hoofstuk ook nie in die Inhoudsopgawe met verm elding van die betrokke bladsy, opgeneem nie. Dit beteken dat die leser byna sonder ’n kom pas gelaat word as daar by ’n tw eede of latere geleentheid w eer na die w erk teruggekeer moet word. Daarom is dit ook besonder jam m er dat ’n Persoons- en S aakregister nie ook aan die boek toegevoeg is nie. W aarskynlik vanw eë die feit dat die boek op ’n bepaalde stadium gereed moes wees, is dit w eggelaat. So stadigaan m oet dit miskien in ons kerklike wéreld as sensurabel beskou w ord as ’n belangrike ge- skrif sonder die noodsaaklike registers verskyn. Die boekesensuur van die vroeë reform atoriese kerk kan miskien op die manier, al is dit dan ook m aar baie gedeeltelik, w eer in ere herstel word!
As op die m ateriële van hierdie belangrike boek ingegaan word, dan kan allereers gestel w ord d at daar wel ’n verskil in kw aliteit is tussen die gedeelte w at die vroeë geskiedenis van die gem eente behandel en die gedeelte w at die nuw ere tyd beskrywe. Die „tw eede gedeelte”, as dit so genoem mag word, bevat ’n gew el dige hoeveelheid besonderhede, soms te veel en soms volkome on nodige besonderhede. Dit beteken d at die aandag afgelei word en soms ook verstrik raak in al die besonderhede w at dikwels sonder duideliker voorkeur, aangebied word. Dit geld dan veral die gedeelte vanaf hoofstuk 29, hoewel dit ook reeds vroeër voorkom.
Baie van die gebeure w at in hoofstuk 29 en sommige van die vroeëre hoofstukke verskyn hoort eerder tuis in ’n Kroniek van die gemeente as in ’n geskiedenis. Dit bring natuurlik die vraag na vore w at geskiedenis is en w anneer die geskiedenis van ’n gem eente min of m eer in so ’n w erk soos hierdie afgesluit m oet word. Dit is tog ’n oop vraag of die eietydse geskiedenis w erklik geskiedenis is. Omdat die geskiedskryw er self so naby aan die gebeure staan en die perspektief dikwels ontbreek, is en bly dit ’n moeilike ondernem ing om as geskiedskrywing, die gebeure in ’n gem eente w at nog skaars ag ter die rug lê, op te teken. Tog is dit nie so m aklik om te besluit w aar om in so ’n gem eentelike geskiedenis die geskiedskryw ing assodanig af te sluit nie. W ant dit is natuurlik so d at vir baie lidm ate die „geskiedenis” van die onmiddellike verlede die aantreklikste is om dat dit die naaste aan hulle lê. Terw yl in die m eeste gevalle
die plaaslike kerkraad die opdraggew er is, word die geskied- skryw er in ’n onbenydensw aardige dilemma vasgevang. Dit bly in ieder geval noodsaaklik om hieroor te besin en om die hele aangeleentheid van „eietydse geskiedenis”, soos dit in sulke gem eentelike geskiedenisse na vore kom, duideliker te omraam. Dit wil my tog voorkom dat die oplossing, as daar van soiets gepraat kan word, w at hier gegee word nog nie die mees be vredigende is nie.
W ord d aar teruggekeer na die „eerste deel” van die werk w aar gehandel word oor die voorgeskiedenis en die vroeë ge skiedenis van die gem eente dan is dit suiw er geskiedskryw nig en word deurgaans ’n hoë kw aliteit gehandhaaf. Met vakkundigheid en vaardigheid w at berus op sorgvuldige en nougesette navorsing word die vroeë geskiedenis van M ariko-Zeerust geskets vandat daar gegew ens in hierdie verband bestaan. Die w aarde van hierdie uiteensetting, sorgvuldig saamgevat, kan nie m aklik oorskat word nie. Op hierdie wyse w ord ’n stuk vroeë Transvaalse geskiedenis, voorafgaande aan die gebeure van die Groot Trek, vir die gewone lidm aat beskikbaar gestel w at andersins glad nie so maklik toe- ganklik sou gewees h et nie.
Dieselfde kan gesê w ord oor die persoon en diensw erk van ds. Daniel Lindley w at uitvoerig behandel word (bis. 101-142). Dit word ook duidelik aangetoon dat Lindley gereken m oet word as die tw eede predikant van die onafhanklike V oortrekkerkerk noord van die Oranjerivier. Dit bly ’n interessante situasie dat hierdie eerste aanraking van die V oortrekkers m et die A m erikaan se vasteland) in die persoon van Lindley, so ’n suiw er en goeie gebeure was. In ons dae is die aanraking m et die A merikaanse geestelik-kulturele en politieke wéreld juis ’n aanraking w at daarop gem ik is om die A frikaner in ’n teenoorgestelde rigting te laat bew eeg as w at sy geskiedenis hom to t op hierdie stadium gevoer het.
Die voorgeskiedenis van die gem eente Z eerust word op die m anier om standig en sorgvuldig uiteengesit. V erskillende fasette van die geskiedenis w ord telkens m et sorg uiteengesit. So by voorbeeld die pogings om ’n dorp in die M ariko-Zeerust wéreld aan te lê. Elkeen w at op hierdie terrein in die argiewe werk- saam was, w eet hoeveel tyd en naspeurw erk bestee moet word om al hierdie verspreide gegewens na te gaan en te versamel. Juis hierin w ord die aandag w at die skryw er aan besonderhede gee w eer duidelik.
navorsers, om dat die bronne nie aangedui w ord nie, w eer die hele pad van navorsing self m oet gaan loop. N orm aalweg kan ’n u it voerige uiteensetting van alle geraadpleegde bronne en w erke in ’n w erkstuk van hierdie aard w eggelaat word, m aar dan is voet- note met verwysings tog ’n noodsaaklike aanvulling.
N adat die selfstandigw ording van die gem eente behandel is (vanaf bis. 190) w ord die geskiedenis van die gem eente hoofsaak- lik beskryw e aan die hand van die diensterm yne van die ver skillende predikante w at d aar w erksaam was. Selfs hier word telkem ale gebruik gem aak van kleiner gebeure om op die m anier ’n duidelike beeld van elke ty d p erk te gee. Tog wil dit soms voorkom dat sommige van die gebeure w at geskets w ord, w egge la at kon gewees h et om dat dit geen w erklike invloed op die verde re verloop van die gem eente se geskiedenis gehad h et nie. Is g e skiedenis self nie die beskryw ing van daardie gebeure in die verlede w at bepalend, op een of an d er m anier, inw erk op die hede nie. As daar geen band of verband bestaan m et ’n gebeure uit die verlede en die hede nie, is dit dan nog w erklik geskiedenis?
’n Besonder interessante invoeging in die gem eentelike ge skiedenis (bis. 222 to t 230) is die beskryw ing van ds. F. L. Cachet se eerste besoek aan M ariko en sy botsings aldaar m et kom dt. Ja n Viljoen. Dit is, so ver ek kon vasstel, die eerste keer d at die insident toe komdt. Viljoen ds. C achet m et die sam bok bygekom het, so uitvoerig in ’n geskiedenisw erk uiteengesit word.
Die gebeure van die K erkvereniging en w atter gevolge dit vir die gem eente gehad het, w ord ook uiteengesit. Ongelukkig w ord daar nie ingegaan op die kerklik-teologiese aspekte van die K erkvereniging en soos hierdie aangeleenthede in M ariko se w éreld geleef het nie. Dit is natu u rlik ook ’n vraag of daar iets daarvan skriftelik vasgelê is. A angesien die agtergronde van die K erkvereniging en die m otiew e w at d aartoe aanleiding gegee het nog nie finaal uitgem aak is nie, is dit jam m er dat d aar skynbaar niks daaroor in hierdie gem eente te vinde w as nie. Die feit dat ds. De Vries, w at sterk ten gunste van die Kerkvereniging was, predikant te Z eerust was, het sek er ook ’n rol gespeel in die hele aangeleentheid. Dit kom egter in hierdie w erk nie na vore nie.
Daarna, m et die beskryw ing van die koms van ds. J. Beyer na die gem eente (vanaf bis. 248) verloop die geskiedskryw ing w eer volgens die diensterm yne van die verskillende predikante. Telkens w ord egter ook stilgestaan by die fam iliegeskiedenisse van v er skillende van die vooraanstaande figure u it die gem eente. Op die m anier w ord ’n sk at van gegew ens op skrif gestel. Hierdie gegew ens is nie alleen kerkhistories nie m aar ook genealogies van besondere w aarde.
Sam evattend kan gestel word dat hierdie besonder uitvoerige gem eentelike geskiedenis, seker w at omvang betref die uitge- breidste w at nog oor ’n gem eente van die Ned. Hervorm de Kerk gepubliseer is, ’n, besondere toevoeging to t ons kerklike geskied skryw ing genoem kan word. Almal w at belangstel in die kerklike verlede van die A frikaner sal hiervan kennis m oet neem w ant hoew el dit in die eerste plek oor die verlede van die gem eente Z eerust gaan, is die draagw ydte daarvan so d at dit ook lig werp op die m eer algemene Kerkgeskiedenis en die vroeë geskiedenis van Transvaal. Daarom sal dit goed wees as hierdie w erk nie net in die gem eente Z eerust gelees sal word nie.
— A. D. Pont.
Prof. dr. W ilhelm Neuser, Calvin, W alter de G ruyter & Co., Berlin 1971, S. 122. Prys DM 5.80 ( = ongeveer R1.50). In die reeks: Sammlung Göschen Band 3005.
D aar verskyn voortdurend biografieë van die groot kerkvader Calvyn. Hoewel die belangrikste gegewens ten opsigte van Cal- vyn, sy lewe en w erk wel vasstaan is daar tog altyd w eer iets w at in hierdie verband gesê kan word. So groot is die omvang van Calvyn se w erk, so groot sy invloed, so wyd die vernuw ing w at hy in die teologie gebring het, dat dit ’n voortdurende inspi- rasie is om m et die man en sy w erk besig te bly.
H ierdie biografie w at op die populêr-w etenskaplike vlak lê, is ’n netjiese en sorgvuldige uiteensetting en beoordeling van Calvyn se lewe en werk. By die belangrike punte in Calvyn se lewe is N euser se form ulerings sorgvuldig en presies en daarom is dit ’n w erk w at m et plesier gelees word, ’n Interessante uiteen setting van Calvyn se „bekering” (S. 18-24) w ord gegee en dit is duidelik d a t die skryw er baie volstandig op die beskikbare m a teriaal ingegaan het. Sonder om to t allerlei vreem de konklusies te kom, ’n nuk w at so baie oorsese teoloë deesdae het, word die aangeleentheid behandel. Interessant is dat N euser nadruk lê op die w aarskynlike outeurskap van Calvyn ten opsigte van Nikolaas Cop se rektorale rede op 1 November 1533 te Parys. Die af- hanklikheid van Luther se preek oor die Saligsprekings laat N euser konkludeer dat Calvyn dan reeds vir die reform atoriese denke gew en is.
Interessant is dat Neuser, w anneer hy die proses teen Servet behandel, daarop wys dat die T riniteitsleer en die Doopleer, w at beide deur Servet geloën is, deur die Corpus Iuris Civilis beskerm w ord en dat daarin bepaal w ord dat so ’n G odslastering gestraf m oet word. Daarom is Calvyn se rol in hierdie proses nie in hoof- saak die van aanklaer nie en w ord S ervet ook nie te r dood veroordeel om dat hy reform atoriese leerstukke aangeval het nie. Dit is van hierdie soort feite, w at mens nie in elke biografie oor Calvyn aan tref nie, w at die w erk van N euser so interessant maak. Tereg wys N euser dan ook daarop d at Calvyn se naam ten onregte verbonde is aan die begrip onverdraagsaam heid. Juis sy verhouding met die Lutherane loënstraf die gedagte dat Calvyn ’n onverdraagsam e gees was.
So het N euser op die belangrike punte in hierdie k o rt biografie tog elke situasie raak en suiw er beoordeel. Op verskillende punte is hierdie w erk dan ook ’n aanm erklike beter w erk as die, in Suid-Afrika m eer bekende Calvyn-biografie van die N ederlander D ankbaar. D aajom is dit jam m er dat in Suid-Afrika die algemene verspreiding van hierdie netjiese biografie deur die taalstruikel- blok verhinder sal word. Dit sal egter tog goed wees as die predikante ,en dan nie n et diegene m et ’n belangstelling vir die Kerkgeskiedenis nie, hiervan kennis sal neem. Die boek is dit beslis werd.
— A. D. Pont.
M. J. van Straaten, As die Jare klim. Boodskappies vir Be- jaardes, N.G. Kerk-Boekhandel, P retoria 1971, 50 bis. Prys: 50c.
Hierdie boekie is ’n verbeterde, uitgebreide uitgaw e van die vorige en aangesien die boekie tans sy sew ende druk beleef, is dit duidelik dat hierdie boekie in ’n behoefte voorsien en baie gekoop en gelees word.
H ier w ord ’n 19-tal „boodskappies”, m eestal met ’n opbeuren de toon, aangetref. M eeste van hierdie „boodskappies”, om nou m aar hierdie aanduiding te handhaaf, verw ys wel na bepaalde Skriftuurplekke of is selfs na aanleiding van bepaalde Skriftuur- plekke opgestel. M aar dit kan nie as Skrifuitleg gekwalifiseer w ord nie. Dit is m eer stigtelike stukkies w at die bedoeling het om die vroomheid te stim uleer. D aarom is die stukkies prakties van aard en trag dit om die oudag ook as ’n sinvolle belewenis aan te dui.
Indien daar ’n kritiese opm erking gem aak moet word, dan is dit d at die hele werkie die m etodistiese vroom heidsideaal, m et al sy gebreke, na vore bring. Hoewel d aar ook momente is w at w aardeer kan word, m aak die geheel tog ’n taam like sentim entele indruk.
— A. D. Pont.
Dr. R. M. K. van der Grijp, Geschichte des Spanischen Prote-stantismus im 19. Jahrhundert, H. Veenman en Zonen N.V., Wa- geningen 1971. 593 biz. Prys: Ndl. F. 45 ( = ongeveer R9.00.)
H ierdie uitvoerige studie word voorafgegaan deur ’n om vat tende Quellennachweis en afgesluit deur ’n Bibliographie, ’n volledige register en ’n k aart van Spanje sodat die historiese gebeure ook aardrykskundig gevolg kan word. Die netjiese ver- sorging van hierdie studie dui ook op die kw aliteit van die n a  vorsing w at hier gedoen is.
O m dat die geskiedenis van die Spaanse protestantism e, vol gens my kennis, hoofsaaklik buite die gesigskring van die m eeste aktiew e kerkhistorici in Suid-Afrika val, sal dit wel noodsaaklik wees om eers die inhoud van die geskrif sorgvuldig aan te dui.
Van der Grijp wys daarop dat die protestantism e sy oorsprong in Spanje dank aan die w erk w at vanuit G ibraltar gedoen is deur die Wesleyan Methodist Missionary Society en die British and Foreign Bible Society in die dertiger- en veertigerjare van die vorige eeu. Uit daardie arbeid het die Spanish Evangelization Society in 1854 na vore gekom w at op ’n deurlopende basis die w erk in Spanje gestim uleer en geaktiveer het.
In 1860 h et ’n reeks vervolgings die Spaanse protestantism e uit Spanje self verdryf en word die evangelisasiew erk gekonsen- treer op die Spanjaarde in G ibraltar, Noord-Afrika, Frankryk en Engeland. In 1864 is selfs in Franssprekende Sw itserland ’n begin gem aak m et die opleiding van protestantse predikante vir die kerk in Spanje.
N adat godsdiensvryheid in die sestigerjare in Spanje ge- proklam eer word, h et die protestantism e, hoofsaaklik vanuit die P resbiteriaanse Kerk in Engeland bestim uleer, in Spanje w ortel geskiet. So kom in 1871 die Iglesia Christiana Espanola to t stand, ’n sam evoeging uit tw ee voorafgaande kerklike organisasies.
As gevolg van die w erk van ander p ro testan tse sendingge- nootskappe kom daar egter nog m eer p ro testan tse kerke op Spaanse bodem na vore. Die A nglikaans-georiënteerde kerk kom na vore in 1880, die Spaanse M etodistekerk in 1880-1881 en die K ongregasionaliste in 1885. Ook die B aptiste en andere het m et ’n m ate van sukses in Spanje gewerk. Hoewel daar in 1899 nog ’n kerklike vereniging was, h et dit ongeveer die hoogtepunt van die uitbreiding in die 19e eeu beteken.
aanvaar is, is aan die protestantism e al m eer en m eer bestaansreg ontsê. Dit het beteken d at die 19e eeu vir die Spaanse p ro testan  tism e op ’n donker noot eindig.
Die sorgvuldige studie van Van der Grijp is, afgesien van die Einleitung, in vier groot onderafdelings saam gevat. Dit is dan: 1. Van den Anfange bis 1868; 2. Die Zeit der Religionsfreiheit: 1868-1873; 3. Presbyterianer, K ongregationalisten und Episkopal- kirche: 1873-1900; 4. A ndere Evangelische Bewegungen: 1873- 1900. ’n Bondige Zusam m enfassung besluit die werk.
Dit is by die deurlees van hierdie w erk duidelik dat ’n groot hoeveelheid noukeurige navorsing gedoen is w at m et groot sorg in hierdie w erk saam gevat is. Dit is dan ook w aarskynlik dat hierdie werk, vir die onderhaw ige periode, as ’n onmisbare werk beskou sal m oet word.
Hoewel die belangstelling vir die Spaanse protestantism e in ons land w aarskynlik laag is, is hierdie w erk tog vir ons ook van belang om kennis te neem van die gebeure in Spanje w at to t dusver totaal onbekend was.
— A. D. Pont.
Dr. W. Aalders, De G rote O ntsporing. Over de Verhouding van de Reform atie en de M oderne Theologie, J. N. Voorhoeve, Den Haag 1971. 119 blz. Prys nie verm eld nie.
Dr. Aalders het al verskillende boeke die lig laat sien w aarin hy m et netjiese argum ente en behoorlik gefundeerde kennis die nuw ere ontw ikkelings in die teologie en kerklike lewe van Wes- Europa analiseer en beskryf. V anuit ’n Bybels-reform atoriese standpunt, w at in die hedendaagse Europese teologiese wéreld glad nie m eer so vanselfsprekend is nie, analiseer en beoordeel Aalders die grondprobleem van die teologie soos hy dit sien. Laat dit dan ook onmiddellik bygesê word: dit is nie afgetrokke, koel-afsydige analise en besprekings w at hier gevoer w ord nie. Met innerlike oortuiging en oorredingskrag stel Aalders standpunt teenoor standpunt en nêrens tw yfel die leser daaraan dat hier ’n oortuigde, reform atoriese teoloog aan die woord is nie. Juis dit m aak hierdie w erk interessant, lewendig en goed bruikbaar.
Die boek w at netjies gedruk en versorg is, word in drie groot hoofstukke verdeel. Dit is: 1. H et them a van die m oderne theo logie; Christus en de w ereld; 2. H et them a van die Reformatie: Christus en de Ziel; 3. De grote ontsporing.
In die eerste afdeling w at A alders behandel, bespreek hy die m oderne teologie vanuit die tem a C hristus en die w éreld. Tereg stel hy dat die m oderne teologie (of ongeloof w at ag ter die m asker van teologie voortw oeker) die kerk, die gem eente en die lidm aat voor groot uitdagings en ook voortdurende stryd stel.
Dit gaan hier om fundam entele beginsels van die Christelike geloof en daaroor sal daar vroeër of later behoorlik uitsluitsel gegee m oet word.
H istories sien A alders die eerste aanduiding van die teologie onder die tem a: C hristus en die wéreld, in die briefw isseling tussen I. da Costa en dr. H. F. Kohlbrügge. Soos Aalders dit u it druk gaan dit vir Da C osta o m :... de nieuwe mens, het nieuwe levens beginsel, de Christus in ons, die, hier aanvanklijk, hoe zwak,
hoe klein, hoe naauw lijks m erkbaar ook, toch de kiem zijn van een w aarlijke w ereld” (p. 9). Dit gaan vir Da C osta om die vernuw ing van die mens en wéreld. Dit is hierdie heilshistoriese denke w at die beginpunt vorm van die moderne afwyking.
A alders wys daarop d at hierdie selfde tem a ook van to e passing is op die teologie van Abraham Kuyper w at die koning- skap van Jesus C hristus wou realiseer in die sosiale en politieke lewe. Soos hy dit stel: „De w edergeboorte is bij hem (Kuyper) h et uitgangspunt voor een organisch groeiproces, w aaruit de h ei ligmaking van het m enselijk leven, en v an daaruit dan ook de heiligwording van de cultuur voortkom t (p. 11). Hierdie beklem  toning sien A alders eg ter ook as ’n geestelike verarm ing om dat daarm ee die sentrale momente van die reform atoriese teologie verlore gegaan het.
Hierdie aangeleenthede uit die negentiende eeu het egter eers in hierdie eeu skerp na vore gekom. Dit hang dan saam m et die opkoms van die m oderne gesekulariseerde w éreld en die m oderne, profane lewensgevoel w at sy duidelikste uitdrukking in die M arxisme vind. Die teologie w at so sterk beïnvloed word deur die tem a C hristus en die wéreld het w eerloos teenoor die sosialism e gestaan en as gevolg van die sosialistiese beïnvloeding word die sentrale nood van die wéreld, soos die m oderne teologie dit sien, ’n sedelik-godsdienstige nood. Die resu ltate word reeds vroeg in hierdie eeu gesien as in bepaalde, vrysinnige kerklike kringe die Christen en die sosialisme as tw ee karperde gesien word.
Hier val die persoonlike geloof w eg en word ’n totaal ander verstaan van die evangelie gevind, ’n ander geloofservaring. Die m ens word nou, in die aardse w erklikheid ’n m edew erker van God en streef na die oplossing van politieke, sosiale en kulturele vrae en vergeet feitlik w aarom dit in die evangelie gaan (p. 29).
Juis daarom beklem toon Aalders die tem a van die Reformasie w at hy aandui as Christus en die siel van die mens. Deur middel van ’n uitstekende analise van die sen trale tem a van Luther se teologie, toon Aalders aan dat ,,Voor Luther is elke theologie, die w eer plaats wil inruimen voor mens en w ereld, ,vyandschap tegen h et kruis van C hristus’.” (p. 31). Die grondm otief van Luther se teologie is die vraag: Hoe vind ek ’n genadige God? terw yl die m oderne teologie eers die heil van die w éreld soek en dan van daaruit probeer om die evangelie te verstaan. Luther se teologie h et as bron en inhoud die Skrif alleen, die moderne teologie daarenteen probeer om die evangelie en die moderne denke met m ekaar te verbind (p. 40). Daarom beklem toon Aalders ook die absoluut kw alitatiew e verskil w at L uther trek tussen die Ko- ninkryk van Christus en hierdie w éreld. Die aardse, die stoflike en die vleeslike is die kragpunt van die sonde en die kw aad w aarvandaan die w eerstand teen die Gees gebied word. Die aardse stoflike w éreld w ord dan ook deur Luther sonder meer vereenselw ig met die stoflike en die bose, dit is en bly vir hom gevalle skepping. Die verlossing van die sondaar-m ens is dus ook verlossing uit hierdie stoflike w éreld w at nie vir verbetering v atb aar is nie. Die „w êreldverbeteraars” is die Christene w at nog steeds Joods-m essiaans dink (p. 70-72).
Afgesien van hierdie goeie en skerp analise van die denke van L uther, is dit miskien tog gew aag om dit te stel as die denke van die Reformasie. Dit sou ook besonder goed gewees het as Aalders ook reform atore soos Calvyn, Zwingli, B ucer en Knox netso sorg- vuldig van naderby besien het. Dan sou dit miskien geblyk het d at die moderne teologie nie sodanig m odern is nie m aar in wese nie veel m eer is as opgewarmde, radikale A nabaptistiese teologie nie. Die denke van Thom as M ĂĽnzer en Jan van Leiden word vandag in die moderne teologie eerder verdiskonteer as die R eform atoriese teologie.
Die slothoofstuk van hierdie interessante betoog dra dan die titel van die boek: De G rote O ntsporing. Hierdie ontsporing w ord deur Aalders teruggevoer na die onmiddellike na-Reforma- toriese tyd. In hierdie hoofstuk w ord in ’n paar k ort paragraw e Calvyn behandel om aan te toon dat hy ten minste nog suiw er reform atories, dit wil sê, S kriftuurlik dink.
Na ’n k a rt historiese oorsig en analise van die Nadere Refor- masie en die Engelse metodisme word w eer teruggekeer na Da Costa, Kohlbrügge en K uyper met Kohlbrügge dan as die getuie van die reform atoriese denke. Die gedeelte w ord dan afgesluit m et ’n analitiese oorsig van die teologie van Karl Barth. Die probleem van die slothoofstuk is eintlik dat reeds heelw at van die argum ente w at hier te r sake moes gewees het, in die eerste hoof stu k behandel is. Dit is enigsins jam m er d at op die m anier tw ee analises van die teologie van Barth gegee word. Dit sou uiteinde- lik in teressan ter en skerper gewees het as ons in die slothoofstuk die resultate van hierdie ontsporing kon te siene gekry het. Hier kan mens alleen m aar dink aan die „teologie” van die Wêreld- raad van Kerke soos dit in sy sogenaam de „teologie van die rew olusie” na vore kom en sy kruisvaart teen „rassism e” .
Dit is uiteraard nie nodig om op alle punte m et Aalders saam te stem nie. Tog is dit ’n w erk w at alleen m et groot vrug b estu  deer kan w ord. Dit prikkel voortdurend to t besinning, dit vereis nadenke en oordenking en dit verplig die leser om telkens ook sy eie stan d p u n t vir hom self te omskrywe. Daarom is ek van mening dat hierdie boek dw arsdeur die kerk gelees behoort te word. Dit is ’n eerlike en gefundeerde poging om die moderne teologie te verstaan en aan te dui as ’n afw yking van die Skrif- tuurlike gegewene.
— A. D. Pont.
Heinrich Karpp, Die Busse. Quellen zu r Enstehung der alt- kirchlichen Busswesens, EVZ-Verslag, ZĂĽrich 1969, S. 351. Prys nie aangedui nie. Die eerste deel in die reeks Traditio Christiana.
Soos die titel aandui is dit ’n bronnepublikasie. Dit vorm die eerste band in die reeks Traditio C hristiana w at nader ge- presieseer w ord as: Texte und Kommentare zur patristischen Theologie. Die bedoeling van hierdie reeks is om die belangrikste tekste uit die eerste eeue van die Christelike kerk se bestaan rondom bepaalde tem ata te versamel en om dit dan in oorspronk- like en vertaalde vorm beskikbaar te stel. Hierdie boek w at voor- berei is deur prof. dr. H. Karpp van Bonn U niversiteit is ’n voortreflike eerste uitgaw e in hierdie reeks.
Die Jywige corpus van die boek word voorafgegaan deur ’n uitvoerige Einleitung w aar die ontstaan en die problem atiek van die kerklike boetedoening sorgvuldig en netjies uiteengesit word. D aarby is dit ook ’n inleidende kom m entaar op die tekste w at versam el is.
Vaders, lang uittreksels uit Die H erder van Hermas, dan die Apologete w aar veral besondere aandag aan Clemens Alexandri- nus gegee word. Dan volg m ateriaal van Tertullianus, Hippolytus van Rome, Origines en dit w ord afgesluit m et sitate van Cy- prianus. ’n A antal baie bruikbare registers, onder andere ’n u it voerige saakregister, verhoog die algem ene bruikbaarheid vart hierdie werk.
Dit is vir my duidelik d at mens hier te make het m et ’n u it muntende serie teksversam elings. Juis vir ons in Suid-Afrika w aar die bronnem ateriaal ten opsigte van die leerstellige ge skiedenis in die vroeë kerk glad nie so voor die hand liggend is nie, is hierdie soort publikasie ’n uitstekende hulpmiddel. Die verskillende tekste is m et sorg en deskundigheid gekies sodat hier ’n baie goeie oorsig gebied w ord van hoe die vroeë kerk to t by Cyprianus oor die boetedoening gedink en geskryf het.
Op die oomblik is ek nie bew us van verdere uitgaw es in hier die reeks nie, m aar die voorw oord het die belofte uitgespreek dat die opvolgende w erke reëlm atig sal verskyn. Dit is te hope dat hierdie reeks ook by ons ’n deeglike verspreiding sal geniet w ant sonder die historiese basis is die teologiese studie m aar ’n haglike onderneming. D aarvan is die „teologie” van die W êreldraad van Kerke seker die duidelikste m oontlike bewys. Daarom wil ek hierdie eerste w erk in hierdie nuwe serie baie hartlik aanbeveel.
— A. D .Pont.