B O E K B E S P R E K I N G
Dr. W . Balke, CALVIJN EN DE DOPERSE RADIKALEN, Uitg.
Ton Bolland, Amsterdam, 1973. Sagte band. Prys ongeveer R11,75.
In hierdie dissertasie van 388 bladsye, w a t ingedien is by die R ijksuniversiteit van U trecht, behandel die skryw er 'n onderw erp van groot belang vir die studie van die reformatoriese kerkgeskie-denis: Calvyn se houding teenoor en kritiek op die (w e d e r-)d o p e rs . Sy (C alvyn se) standpunt teenoor Rome is deur verskillende na vorsers in 'n verskeidenheid van geskrifte uitvoerig behandel; hier bied dr. Balke 'n ander aspek van die reform ator se stryd; dié teen die anabaptiste.
Die studie val uiteen in 'n historiese en 'n sistem atiese deel. In eersgenoem de deel distilleer die skryw er uit alle beskikbare geskrifte van Calvyn sy standpunt met betrekking tot die dopers. Van Room se kant en van ow erheidsw eë is die Hervormers en die dopers in dieselfde hoek geskuif. Nou toon Balke duidelik aan dat Calvyn sy stryd op tw e e fronte moes voer: teen die Room s-Katolieke Kerk sow el as teen die dopers. Om net een voorbeeld van Ig. te noem: in die 1539-u itg aw e van sy Institusie w y Calvyn 'n hoofstuk aan die verhouding tussen die Ou- en N uw e Testam ent en daarmee lê hy die fundam ent vir die verdediging van die kinderdoop. „Christus is het ,fundam entum baptism i' en ook het ,fundam entum circum -cisionis'. De belofte is in beide gelijk, nl. de belofte van de barm hartigheid des Heren, van de vergeving der zonden en van het eeu w ige leven. De kinderen delen in het Verbond, zowel in het Oude als in het N ieuw e. En als zij deel hebben aan de zaak w aarom zal men dan het teken w eigeren?" (bis. 102.)
Vervolgens behandel Balke Calvyn se optrede teenoor die dopers in die periode 1 538-1564, soos blyk uit die 1543-u itg aw e van die Institusie, verskillende geskrifte en briewe. In sy saam vat-ting van die eerste hoofdeel kom Balke o.m. to t die volgende kon-klusie: „Calvijn laat zijn theocratische aanspraken gelden over de volle breedte van het gehele leven in de Kerk en in de staat. Juist het theocratische en katholieke gehalte van zijn denken brengt hem er toe zich af te zetten tegen Rome én tegen de doperse bew eging, die hij als een strem m ing ziet in de doorwerking van de R eform a tie" (bis. 2 1 7 ).
Besonder w aardevol is die sistem atiese deel van hierdie disser-tasie. Onder die hoof „D e heiligheid en de eenheid van de K erk" w o rd die volgende behandel: die Heilige Doop, die tug, separatism e, die amp en perfeksionism e. Op bis. 259 sê Balke: „Calvijn blijft in puritanism e niet bij de Dopers achter, m aar hij zet de dingen op hun plaats. De heiliging bloeit uit de rechtvaardiging op en verdringt deze niet, w an t de triom f der genade en de glorie van Christus' volkom en gerechtigheid mogen geen m om ent w orden verduisterd" (bis. 2 5 9 ). Vervolgens kom die verhouding kerk-staat aan die beurt. In hierdie verband w ord aan die volgende aandag gegee: die eed, die owerheid, w êreldm yding en anargism e. Dit w ord gevolg deur ’n bespreking van die inkarnasie en die leer van die sieleslaap. Belang-rik is ook 'n herm eneutiese gedeelte waarin uit Calvyn se w erke duidelik w ord w a t sy standpunt is t.o.v. die verhouding van die Ou- en N u w e Testam ent, oor die Bergrede en die verhouding van W o o rd en Gees en waarin hy m et betrekking tot al hierdie sake van die dopers verskil.
Aan die einde van sy boek kom Balke o.m. tot die volgende konklusies:
1) In die kritiese verw an tskap tussen Calvyn en die dopers w a t betref die beklem toning van die lewensheiliging, die tug en die vryheid van die kerk kom die nuanserings w a t daar tussen dié tw e e bestaan, duidelik na vore.
2 ) Om dat die regverdiging deur die geloof by die dopers nie sentraal staan nie, loop hulle gevaar om dit tot 'n nuw e w e t te verhef.
3 ) Die dopers se liefde vir God en sy koninkryk en hulle eer bied vir die H. Skrif neem Calvyn in sy reform atoriese praktyk op, sonder dat hy daarm ee die regverdiging deur die geloof uit die sentrum wegskuif.
Die skryw er bied ons hier 'n m onum entale w erk w a t nog lank deur kerkhistorici sow el as deur dogmatici geraadpleeg sal w ord. D it verryk die leser se kennis van die veelbewoë tyd ná die H er vorming en dit verruim sy perspektief m et betrekking tot baie van die sake w a t vandag ook nog hoogs aktueel is.
P. G. G EERTSEM A
Z U IW E R V A N H A R T EN V U IL V A N H A N D E N . Prof. G. C. van N iftrik en Hoofdaalm oezenier F. J. W . A . Sampers. J. M . Voorhoeve,
Den Haag. Slapband 60 bladsye.
In die boekie w ord 'n tw eetal artikels opgeneem. Van die be kende prof. van Niftrik: Innerlijkheid en Engagement. Die nuw ere tyd en veral die teologie laat die soeklig op die daad van die Christen val. Prof. van Niftrik gaan op hierdie aspek in. Dit gaan om mense w a t op die terrein van die etiek onseker gew ord het. Die regte ver band tussen geloof en lew e moet duidelik beklemtoon w ord.
Hy gaan op hierdie saak in n.a.v. Ps. 15 — rein van hande en suiw er van hart — en van hieruit behandel hy die kw essie as 'n godsdienstige vraag, w a n t dit gaan om God en mens, w aarby die vraag na ons etiek en moraal inbegrepe is. „D e vraag naar de b ete kenis en waarde van het handelen onzer handen is de vraag naar God en naar onze relatie tot G od."
Verblydend in die artikel veral is die klem w a t hy in die hele saak van etiese handeling lê op die voortdurende oefening van die geloof, byw yse van die „w ekelijkse kerkdienst — de liturgie, de m editatie, de aanbidding en het loflied". Dit is noodsaaklik, om dat etiese handeling geloofshandeling m oet wees.
In die proses van die etiese handeling doen mens altyd w e er vuil hande op — en is die terugw erp op die genade van God 'n onm isbare elem ent. Van Niftrik begaan dan ook nooit die fout om n finale antw oord op die problem atiek van die Christelike etiek te gee nie.
gestotene. „ H e t evangelie m oet door ons zijn heengegaan, maar evenzeer het leven in al zijn facetten van liefde, verw ondering, ontroering en vreugde." Hierdie saak koppel hy dan aan 'n pastorale brief van die N ederlandse biskoppe, w a t sê: „ W y zullen dan gaan geloven, in elk stukje goedheid, elk stu kje gerechtigheid, elk stukje vrede dat w aar ook ter w éreld van de grond gebracht kan w o rd e n ." Nog 'n voorbeeld w a ar die aksent anders lê as w a t die teoloog graag sou w ou hê, is w anneer hy dit oor „gelovig zijn" het, en daarby ons deel van „w erken aan het heil dat komen m o et". M ens soek dan in die geloof daardie elem ent van vertroue in G od, die God w a t in Jesus Christus reeds so baie gedoen het; w a n t hierdie ver troue is 'n ontsagtelike deel van die geloof.
Nietemin wil ons nie afdoen aan 'n baie interessante boekie nie. Dit is beslis lesenswaardig.
C. J. V ILJO E N
Spoelstra, Pont, Keet, K ER K G ES K IED EN IS S T A N D E R D 9, Interkerk-like U itgew erstrust, Pretoria, Potchefstroom Kaapstad, 219 bladsye,
prys R3,50.
Hierdie uitgaw e is nog 'n handboek in die reeks boeke vir Godsdiensonderrig en Bybelkunde w a t opgestel is in opdrag van die Interkerklike Kom itee vir O n d erw ys en Opvoeding. Die opstel lers van hierdie w erk w as prof. dr. B. Spoelstra van die G erefor meerde Kerk, ds. G. R. Keet van die Ned. Geref. Kerk en prof. dr. A. D. Pont van die Ned. H ervorm de Kerk, terw yl mev. J. G. van Niekerk, voorheen dosente in Bybelkunde en Godsdiensonderrig aan die Goudstadse O nderw yskollege en mnr. M . J. J. Erasmus, Senior Dosent — Godsdiens onderrig en Bybelkunde, Pretoria O n d erw ys kollege ook m eegew erk het.
Die skryw ers het 'n tem atiese eerder as kronologiese indeling van stof verkies en het, m yns insiens, so in hulle doel geslaag om in 'n kort bestek 'n goeie oorsig oor die geheel van die Kerkgeskie-denis te gee. Tereg het die skryw ers die „insig in kerkegeskied-kundige verband belangriker (g e a g ) as 'n kroniekm atige w eerg aw e van feite, name en datum s."
Dit gaan vir die skryw ers om die sin van die gebeure by die leerlinge tuis bring. Baie duidelik geld die Reform atoriese beginsel van die „sola scriptura" ook as gestel w o rd „dat hierdie geskiedenis die Bybel as die sentrale pool van sy beskryw ing neem ."
nam e Duitsland, Sw itserland, Frankryk, Engeland, Skotland en Nederland. Die tydperk w a t gedek w ord beslaan die agtien eeue vanaf die vestiging van die kerk to t aan die begin van die negen tiende eeu.
Dit bied wel deeglik 'n duidelike oorsig oor die betrokke ty d perk. Hoewel daar noukeurig rekening gehou moet w o rd m et die feit dat daar in feite m aar slegs oorsigtelik geskryf kon w ord, m oet tog opgem erk w ord dat daar hier en daar misverstand kan ontstaan vanw eë die kortheid van die beskryw ings en dat ook 'n eensydige beeld van bepaalde gebeurtenisse gevorm kan word. Om een voor beeld te noem kan verw ys w ord na bis. 196 paragraaf 3.2 w a ar kortliks gehandel w ord oor die afskeidings w a t in die vorige eeu van die kerk in Nederland (1 8 3 4 ), Skotland (1 8 3 4 ) ens. plaas gevind het. Die indruk w ord gelaat dat die afskeidings alleen maar positief te beoordeel is, terw yl die bestaande kerke alleen maar negatief gesien m oet w ord. Dit kom baie eensydig voor.
H oofstuk vier en tw intig w ord g ew y aan die geskiedenis van die sending in Suid-A frika. Aan die geskiedenis van die kerk in S uid-A frika w ord dus nie aandag gegee nie. Hierdie hoofstuk sou m yns insiens beter gepas het in 'n w erk w a ar die geskiedenis van die kerk in Suid-A frika beskryf sou w ord. Of sal so 'n w erk, as gevolg van die verskille in interpretasie oor ons kerklike verlede, nooit to t stand kom nie? D it kom my verder ook voor dat daar tog m eer gesê kon w o rd oor die sendingwerk van die Nederduitsch Hervorm de Kerk as die enkele paragraaf w a t daaraan afgestaan is. Oor hoe die Nederduitsch Hervorm de Kerk sy sendingwerk onder neem en w aarom dit juis so gedoen w ord, w ord niks gesê nie.
Van besondere w aarde is myns insiens die kort om skryw ing van begrippe w a t telkens gegee w ord, asook die sam evatting en hersieningsvrae aan die einde van elke hoofstuk. Dit verhoog beslis die w aarde van die w e rk as leerboek vir gebruik in die skool.
Dit maak die w erk ook baie nuttig vir gebruik by die katege-tiese onderrig van die kerk saam m et die bestaande Kerkgeskiede-niswerk van prof. dr. A. D. Pont.
Formeel is die boek goed en netjies versorg en stew ig gebind. 'n Hele aantal foto 's, afbeeldinge, kaarte, en kerklike simbole m et die verklaring van hulle betekenis is besonder waardevol. O ngeluk kig, soos dit so dikw els gebeur, kom daar ook drukfoute voor. Die lastigste is miskien op bladsy 193 w aar die uitbreek van die Franse Revolusie aangegee w o rd as 1798 in plaas van 1789.
Die w erk behoort 'n besondere bydrae tot die opbou van kennis van die kerkgeskiedenis by die leerlinge in ons skole te lew er. Die w erk verdien egter om in 'n w y e r kring gelees en w aardeer te w ord as net in die skole.
MENS EN BIJBEL — Ds. H. Noordermeer — G. F. Callenbach
B.V., Nijkerk — Twee Dele — 84 bladsye elk — Sagteband —
Prys R2,90 stuk.
Hierdie tw e e boekies voorsien in 'n baie duidelike behoefte in ons tyd. Die leserspubliek is nie m eer vertroud m et die strekking van die Bybelse gedagte oor sake nie, trouens, die Bybelse inhoud self is vir hulle onbekend. Die boekies bied 'n uitnodiging aan sulke mense om w e er die Bybel self te lees, en is dan 'n prikkelende en m nklik-toeganklike handleiding om die agtergrond en geskiedenis van die gelese gedeelte te verstaan. Nie net te begryp nie, maar ook in die regte perspektief te sien, daar die klem op die groot plan van God m et die mens val, soos dit in sy openbaring to t uiting kom. Die eerste boekie begin m et 'n algemeen populêre inleiding op die Bybel self, en behandel enkele form ele aspekte, sonder om ooit strak-w etenskaplik te raak. Die eerste hoofstuk begin by die aarts vaders, en gee nie die besonderhede stip kronologies w e e r nie, m aar lê die nadruk op belangrike aspekte w a t die aandag m oet kry. So w o rd die w o estyntog behandel, die rigters en die konings to t by Salomo. Skynbaar sal daar verdere uitgaw es verskyn.
Dit is nietemin jam m er dat Gen. 1-11 nie ook maar bespreek w o rd nie. Dit sou vir die mens to t w ie die skryw e hom rig, van besondere w aarde kan w ees, w a n t juis oor die dinge daarin vervat, is daar baie vrae.
Die vraag ontstaan egter in Suid-A frika hoeveel van die mense w a t andersinds hierdie boeke sou koop, kans sien vir die Nederlands waarin dit g eskryw e is.
C. J. VILJOEN
DE WARE JOSEF. D. J. Kohlbrugge en J. van der Werf. G. F. Callen
bach B.V., Nijkerk — Slapband uitgawe van 109 bladsye —
Prys R4,20.
heilsgeskiede-nis, vrug van Gods bemoeienis m et die mens. Ons het waardering vir hierdie besondere benadering van die onderwerp, waarin so duidelik die populêre benadering van die Josef-geskiedenis afgew ys w ord. Die boek Genesis w ord in 'n sinvolle verband geplaas t.o.v. sy plek in die tora, die Ou Testam en t en die N u w e Testam ent. V ir hierdie bepaalde deel van die studie w as die lang en moeisame w eg van die eerste hoofstukke seker nie nodig nie, en mens kan nie sien dat dit veel lig op die saak w erp nie. V ir 'n vergelykende godsdiens-studie het die w orsteling m et die Koran-gedeeltes w el betekenis, en nie net die filoloog en die godsdienshistorikus sal daar veel uit put nie, maar ook die teoloog. „D e Islam is een religieuze vormgeving van het leven van de natuurlijke m ens." Christendom en M o h a m m edanism e w o rd veelseggend teenoor m ekaar gestel. Die vraag teken w a t die skryw ers op bis. 107 agter die moderne ontw ikkelings hulp in Afrika en A sië stel, om dat dit bloot die „algem ene m ense lijkheid" dien, verdien vermelding.