• No results found

DIE ROUPROSES

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2022

Share "DIE ROUPROSES"

Copied!
7
0
0

Loading.... (view fulltext now)

Full text

(1)

DIE ROUPROSES

FREDRIKA DE VILLIERS

SUMMARY

The mourning process is a normal and universal reaction to loss. Awareness of the loss, confrontation and adaption are the main phases of the mourning pro­

cess, although each mourner’s reactions are highly individulised.

Mourning can be regarded as essential “ work” — which can never be escaped.

The bond with the deceased must be untied, the mourner must adapt to the new environment without the loved one and then form new relationships.

In offering support to mourners one should be there, allow them to express their emotions in their own way and to talk about the deceased and their feelings of guilt. One should also lead them to understand that their reaction is normal and that the work of mourning m ust be completed. After considerable time sensi­

tive attempts may be made to direct the mourner to the future.

INLEIDING

D ie rouproses is ’n norm ale en uni- versele reaksie op verlies, w at in h e­

rent in m ensw ees is. Terwyl die ma- nifestasies verskil van persoon to t persoon, van fam ilie to t fam ilie, en in verskillende sosiale en kulturele verbande, is die proses van rou ’n noodsaaklike deel, of die reaksie op, alle vlakke van verlies, (dood ingesluit) (B arto n , 1977:107). V e r­

lies is ’n natuurlike deel van ons be- staan : ons v erlo or byvoorbeeld troeteldiere, vriende, besittings, lig- gaam sdele, w erk, en ’n dierbare deur die dood o f egskeidings.

E lkeen van hierdie verliese het ’n im pak op die m ens en sal in min- dere of m eerdere m ate treu rsm art m e e b r i n g . D ie b e t e k e n i s e n omvang van die verlies is hoogs ver- anderlik en gei'ndividualiseerd af- hangende van die individualiteit en tipe persoonlikheid van die treu- rende, die verlore verhouding en verw antskap, die sosiale m ilieu en die kultuur w aarin hy hom bevind (Hospice E ducation Program for N urses, 1981:129).

D it im pliseer dat elke persoon se rouproses uniek is en dat dit nie ge- konform eer kan w ord to t ’n sekere konseptuele m odel van m anifesta- sies en ’n bepaalde tydsverloop nie.

In die proses van rou is d aar egter sekere fenom enale verskynsels wat universeel in alle treu ren d es to t uit- drukking sal kom . D ie wyse w aarop uitdrukking hieraan gegee w ord en in trapersoo nlike, in terp e rso o n lik e, sosiokulturele fak tore en die m ens se behoeftes bepaal die uiteindelike aanpassings- of w anaanpassings- kwaliteite van die prognose van die rouproses.

Prof F.M.J. de Villiers, BA (Unisa) B.Ed (Rau), MEd (Unisa), DEd (PU vir CHO), GAV, GVV, DVO. DVA, GGV. Hoof, Departement Verpleeg­

kunde, Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys.

D it is belangrik om d aaro p te let dat rou nie net to t die d ierb ares beperk is w at direk aan die ster- w ende verw ant is nie. D ie ster- w ende p ersoon treu r self asook sy fam ilie, vriende, geneeshere en ver- pleegkundiges, p red ik an te en an der gesondheidsw erkers w at in sy v er­

sorging b etro k k e is, en in som m ige gevalle gem eenskappe en die sam e- lewing in die geheel (bv. tydens groot ram pe en die dood van ’n Staatsleier) (B arto n , ibid: 107).

DIE V E R S K ILL E N D E TIPES VAN R O U -R EA K SIES

N avorsers onderskei dikwels tussen variante van rou-reaksies soos onder and ere norm ale ro u sm art, abnorm ale of patalogiese ro usm art, tipiese of a-tipiese. D it is eg ter b e­

langrik om te o ntho u dat die onder- skeie variante so nou vervleg is dat dit dikwels baie m oeilik is om hulle in aparte en titeite te onderskei. D it is duidelik dat d aar ’n baie fyn grens tussen norm ale en patalogiese ro u ­ sm art bestaan en d at baie van die m anifestasies van patalogiese ro u ­ sm art dikwels n et ’n intensifisering, verlenging, of distorsie van die gewone en verw agte roup roses is.

B arton (ibid: 115) verwys na Engel w at e e rd er die begrip onge- kom pliseerde rouproses gebruik as om na norm ale rousm art te verwys.

H oe dit ook al is, ro usm art kan ge- kom pliseer raak. D a a r is voldoende feite wat d aarop dui d at die ro u ­ proses dikwels m et fisiese en/of psi- giese disfunksies g ep aard gaan.

Normale treursmart Dit is die nor­

male fisiese en psigiese reaksies wat

’n persoon tydens die afsterwe van ’n dierbare beleef.

Abnormaal verlengde rouproses wat dikwels met ’n intensifisering van een of meer van die manifestasies van normale treursm art gepaard gaan, soos oormatige skuld en iden- tifiseringsimptome.

’n Verkorte rouproses. n Kort, deur- leefde rousmart wat eg is, weens die onmiddellike verplasing van die ver­

lore dierbare (soos in die geval van

’n nuwe huwelik kort na afsterwe van die eggenoot/e).

Onderdrukte rousmart. D aar is veral

’n onderdrukking van baie van die emosionele reaksies van normale rousm art, maar veral liggaamlike klagtes kom te voorskyn (Hospice educational program for nurses, ibid: 143).

Vertraagde of uitgestelde treursmart.

Die vertraging of uitstelling kan wissel vanaf ’n kort tydperk tot twee jaar (Lindemann, 1944:141-148).

Antisiperende treursmart. T reur­

smart vind nie net plaas na die af­

sterwe van ’n geliefde nie. Dit kom ook voor in voorbereiding vir die dood, jou eie dood of dié van ’n ster- wende dierbare. Die rouproses begin wanneer die komende verlies van die dierbare erken word en dit strek dan tot die periode na die afsterwe (Hos­

pice educational program for nurses, ibid: 143; Barton, ibid: 116).

38 CURATIONIS SEPTEMBER 1985

(2)

DIE DINAMIKA VAN TREURSM ART/DIE R O U P R O S E S

D aar is ’n gro o t verskeidenheid konseptuele m odelle van die dina- m ika w at die ro u p ro ses te n grond- slag lê. A lhoew el hierdie te o rië of m odelle in uitgangspun te, term ino- logië en so m eer verskil, fokus alm al op die verskynsel verlies en die reaksies d aa ro p . So kry ons die sogenaam de fa se -teo rie, w át tans skerp o n d e r die loep staan. D ie grootste k ritiek w at ron d o m die fase-teorie se n tre e r is d at fases ko- n o teer d at d a a r ’n nie-variante en sekw ensiële proses b estaan. H ie r­

die fase-teo rie w ord ook d e u r talle gesondheidsw erkers m isbruik — deur die tre u re n d e en sterw ende m ens in die verskillende fases te wil forseer in plaas d aarvan om die fase-teo rie te g eb ruik om ’n b e te r begrip van die b e tro k k e individue te verkry. D a a r m o et o n th o u w ord dat elke sterfb ed en elke rou sm art u niek is. D ie een m ens kan daaro m nie m et ’n a n d e r vergelyk w ord nie en nog m in d er m ag dit to t norm v erhef w ord w a artee n o o r an d e r geëvalueer w ord.

A an die a n d e r k an t het hierdie eensydige k ritiek te e n o o r die fase- teorie o o k to t die m isinterpretering van die doel van die teo rie gelei. A l die w isselende kognitiew e en affek- tiew e reaksies is gesistem atiseer in

’n k o n sep tu ele m odel, en voorsien

’n algem ene en b ru ik b are beeld/pa- tro o n (H ospice p ro g ram , ibid: 138;

G ram , 1982).

Konseptuele m odelle van die rouproses

Lindman

L indm an (1944) b eskryf drie fases

• D ie inisiële fase is ee n van skok en ongeloof. D it w ord geken- m erk d e u r ’n o n verm oë om die verlies te a a n v aar en by tye die absolute o n tk en n in g d at die v er­

lies plaasgevind het.

• D ie tw eed e fase is die akute treu rsm art-fase w at gekenm erk w ord d e u r die aan v aard in g van die v erlies, verlies aan belang- stelling in daaglikse aktiw iteite, w een, gevoelens van eensaam - h eid , slap elo osheid , en verlies van eetlus. D a a r is ’n intense p re o k k u p asie m e t die b eeld van die afgestorw ene.

• D ie derde fase is die resolusie van die ro u p ro ses w at gek en ­ m erk w ord d e u r die geleidelike terugkeer na die daaglikse ak ti­

w iteite van die lew e en ’n toen e- m ende afnam e in die b eh ep th eid m et die beeld van die geliefde.

Bowlbys

Bowlbys (1961) d ifferen sieer sy teorie ook in drie fases.

• D ie eerste fase is die p rotes-fase w a t g e k e n m e r k w o r d d e u r w oede, hunkering na die afge- storw e d ierb are, o n tk en n in g en w een.

• D ie tw eede fase is die desorgani- seren d e fase w aarin d a a r wan- ho op en te rn e erg e d ru k th eid is.

• D ie d erd e fase is die h erorgan ise- ringsfase w aartydens die tre u ­ re n d e persoon hom o n tk o p p el van sy bindinge m et die afgesto r­

w ene d ierb are en begin om nuw e bindinge aan te gaan.

Parkes

P arkes het ged urend e 1970 die psigo-em osionele asp ekte van die ro uproses beskryf as ’n fase-proses w at begin m et die gevoelloosheid- fase. D it w ord gevolg d e u r die tw eede fase w at bestaan u it ’n h u n ­ kering en ’n soeke na die afgesto r­

w ene d ierb are en p ro tes, w at verge- stalt in die rusteloosheid en gei'rre- teerdheid m et homself o f m et an d er.

H ierm e e gepaard is d aar oo k huile- righeid, angs, spanning en ’n nei- ging om baie w aarde te heg aan h erinneringe aan die o ntslapen e.

D ie d erd e fase is die desorganise- re n d e fase w at g eken m erk w ord d eu r onverm o ë om na die toek om s te kyk of om enige doel in die lewe te sien. H iern a is d aa r ’n geleidelike te ru g k e er van belangstellings en eetlus.

Kavanaugh

K avanaugh h et g edu rend e 1972 sewe fases in sy ro uprosesm odel onderskei:

• Skok

• D esorganisasie

• W isselende gevoelens van w oede en vyandigheid

• Skuld

• E ensaam heid en verlo ren h eid

• Verligting

• H ervestiging

Kubler-Ross

Elizabeth K iibler-R oss (1969) het tussen vyf fases in die sterw ensdina- m ika onderskei, h aa r fasem odel word ook gebruik om die rouproses in treurende individue te identifi­

seer:

• O ntkenning en isolasie, wat ’n fase van skok is en as ’n buffer teen die oorw eldiging van die realiteit van die situasie dien en dan geleidelik die weg to t m inder r a d ik a le v e r d e d ig in g s m e g a - nismes baan.

• W oede en opstandigheid

• O nderhandeling

• T erneergedruktheid

• A anvaarding.

Die verloop van die rouproses Die bewuswordende fase

R ousm art begin op die m o m ent w anneer kennis van die n ad eren de dood óf die afsterwe van ’n geliefde persoon geneem w ord. D ie wyse w aarop dit m eegedeel w ord, die wyse w aarop hy/sy g esterf het en die graad van b etro k k e n h eid van die gesin in die versorging asook die kw aliteit van die verhouding m et die oorledene, en die teenw oordig- heid of afwesigheid by die sterfbed, beinvloed in m indere of m eerdere m ate die familie se rouproses.

D it is ’n fase van verw arring wat m et gevoelens van skok, o n tk en ­ ning, ongeloof en onw erklikheid gepaard gaan. A angesien elke treursm art uniek is en elke individu dus op sy eie m an ier tre u r sal ween- reaksies by som m ige op die voor- grond staan, and er sal m oontlik his- teries raak of flou w ord, terwyl ander m oontlik sal swyg in geskokte ongeloof. D e K lerk (1966:126-127) wys daarop dat alles v erw arren d en flitsend is — wat verbystering, gela- tenheid of w anhoop to t gevolg kan hê. D it w ord veral duidelik m et uit- drukkings soos: hy ka n nie d o o d wees nie, dit kan nie waar wees nie, wat sal ek doen?, asook klein ko rt gesprekke w at rondom die geliefde p erso on sentreer.

B arto n (ibid: 109) is van m ening dat hierdie intense em osionele bele- wenisse ’n tipe van ’n vloedgolf reaksie h et w at telken s neig om die treuren des em osioneel te oorspoel.

CURATIONIS 39

(3)

V erskeie navorsers wys ook d aarop dat baie van die treu ren d es k o rt na die afsterwe van hul d ierbare ’n gevoel van verligting erv aar, soms in so ’n m ate dat dit die sm artgevoel vir ’n kort tydjie oorskadu. H ierdie bevindinge k o rreleer m et talle be- d ro e fd e p e r s o n e w a a rm e e d ie skrywer te doen het asook m et h aar eie ondervinding tydens die af­

sterw e van h a a r vader. D it w at ge- vrees was het n ou gebeur — die ge- beure van dood is verby. A lm al is dankbaar dat die geliefde persoon uit sy lyding verlos is.

Die fase van konfrontasie

In dié fase ontw ikkel ’n to e n e ­ m ende bew usw ording van die ver- lies Dan is hy w erklik dood.

Waarom juis hy? is algem ene uit- drukkings tydens hierdie fase (W as- serm an, 1972:10). In hierdie hoogs em osionele fase w ord treu rsm art intens beleef. D ie treu ren d e per- soon/e is m inder geskok en deu rleef talle nuwe reaksies w at o n tstaan uit die konfrontasie m et die verlies deur afsterwe en die im plikasies daarvan (H ospice educational program for nurses, ibid: 139).

De K lerk (ibid: 128) wys d aaro p dat die treu ren d e familie em osio­

neel deurtastend in verskillende rig- tings soek, talle situasies rakende die oorledene w ord w eer b eleef en oor en oo r herhaal. D a ar w ord veral baie w aarde aan sy laaste w oorde of opd ragte geheg. H ulle soek ook em osioneel d eu rtasten d na die sin van die gebeure en vir die gelowige staan die godsdienstige in die soeke voorop. ’n A lgem ene uit- drukking tydens hierdie fase is W at was G od se wil m et hierdie gebeure, waarom juis hy?

W anneer die familie eers die ver- skriklike en h artse er gebeure van die nou ondersoek en deu rleef het is hulle gereed om hulle ondersoeke op die verlede te w erp. N ou neem hulle hul verhouding m et die o o rle­

dene in oënskou en baie gou vind hulle allerlei redes w aaroor hulle hulself verw yt, soos w aarom hulle nie vir hom veel m eer gedoen het nie, w aarom hulle hom so verw aar- loos het en so m eer. D it v eroorsaak allerlei skuldgevoelens en in som- mige gevalle is d aar w erklike redes en die ergste van alles is dat daar geen tyd vir restitusie is nie.

D it m oet eg ter o n th o u w ord dat skuldgevoelens ’n norm ale reaksie van die rouproses is. Selfs in die m ees ideale verhoudinge tussen m ense is d aa r altyd ’n m ate van am- bivalensie (d a ar is altyd positiew e en negatiew e gevoelens teenw oor- dig). D a a r sal ook altyd iets wees wat ons vir die and er persoon kon gedoen het. D it is as gevolg van ons sondeval en die gebroke w erklik- heid w aarin ons lewe. D it is dus ’n algem ene neiging om na die af­

sterw e van ’n dierb are te dink o or wat gedoen kon w ord en w at be- h oo rt te gewees het. D a a r sal altyd skuldgevoelens wees o o r die nega­

tiewe (gevoelens) w at in die am bi- valente gevoelens van elke m ens bestaan (H ospice ed ucational p ro ­ gram for nurses, ibid: 139).

D a ar is ook individue w at skuldig sal voel o o r die uiting van hulle ge­

voelens tydens afsterw e van ’n dierbare — hulle voel d at hulle beh eer oor hul gevoelens v erloor het. D it is ’n basiese b eho efte van die m ens om te p ra at en uiting te gee aan iets w at ons gelukkig of on- gelukkig en h artseer m aak. O ns m oet ook o n th o u dat w aar daar liefde is sal d aar altyd h artse er w ees, voor die sterw e, daartydens en ook daarn a (Fox, 1969:75).

W oede en opstandigheid is o ok ’n norm ale reaksie tydens die ro u ­ proses. H ierdie opstandigheid en w oede w ord dikwels g ep ro je k teer op G od, g eneeshere, verpleeg- kundiges, p re d ik a n te, die afge- storw e dierbare. Dikwels w ord daar in treu rend es se sm art en v erd riet gehoor: Ja, hy is nou weg en hier sit ek alleen m et al die ellende, hulle voel só h artse er, só skuldig en dan verkwalik hulle nog hul geliefde wat nie m eer daar is nie. D ie w oede kan ook op hulleself gerig w ord weens die skuldgevoelens, die frustrasie en verlies van b eheer.

T e r n e e r g e d r u k t h e i d e n w a n - hoop, angs en spanning is o ok alge­

m ene reaksies. D it lei tot o n ttrek - king, apatie, afhanklikheid, gevoel- loosheid, hulpeloosheid, eensaam - heid, ’n g ebrek aan k onsentrasie, verw arring, ’n gevoel van verlaten- heid, onpersoonlikheid en ’n gevoel van verlies van vreugde en blyd- skap, h artseer en gedisorganiseerde optrede.

L indem ann (ibid.T41-148) verwys ook na liggaam like sim ptom e wat soos golwe o o r hulle heen spoel, o.a. sugtende asem haling, uitput- ting, ’n g ebrek aan sterk te, verlies van eetlus, slegte spysvertering, slapeloosheid, ens. D a a r is ook ’n em osionele distansiëring van ander en ’n m erkb are b eh ep th eid m et die gestalte van die gestorw e dierbare.

D a ar is ook ’n verlies aan w arm te in hulle verhoudinge en ’n neiging tot gei'rriteerdheid, hulle wil ook nie deur and er geh in der w ord nie.

H ulle is rusteloos en soek altyd iets om hulle m ee besig te hou. Hulle het ook ’n gevoel van nie in staat wees om ro etin e-aktiw iteite m ee te begin of om te h an d h a af nie. Elke taak lê soos ’n berg voor hulle en die geringste tak ie w ord m et groot m oeite afgehandel.

Die heraanpassing

W anneer die treu ren d e die h ede en die verlede deurw orstel het dan is hy eers gereed om hom op die toe- kom s te rig. G e d u ren d e hierdie fase is daar ’n geleidelike afnam e in die treu rsm art en die intensiteit van die vorige fases versw ak. A k u te aan- valle van h artse er kan eg ter nog voorkom , m aar tree geleidelik op die agtergrond en die verlangde em osie tree w eer op die voorgrond.

H ierdie fase kan o o r w eke en m aande strek. D a a r is ’n geleidelike verskuiwing van die gerigtheid op die gestorw ene, na gerigtheid op die toekom s en an d e r m ense. Die em osionele verbintenis m et die dierbare w ord geleidelik losge- knoop. D ie w erklikheid son der die geliefde persoon w ord aan v aar en ten spyte daarv an d at die pyn en verlange m ettertyd gestel w ord (D e K lerk, ibid: 12), w ord die geliefde persoon nooit vergeet nie — hy/sy w ord net op ’n spesiale plekkie in hulle h art gebêre. D ie treu ren d e w ord ook bevry om nuw e bindinge aan te gaan so nd er om patalogies aan die ou bande gebind te wees (H ospice educational program for nurses, ibid: 141). D ie aanpassing en aanvaarding w ord geleidelik af- gerond, d aar kom ’n heen wending to t die lewe en balans in die per- soonlikheid (D e K lerk, ibid: 129).

40 SEPTEMBER 1985

(4)

• ’n B eh o efte om te tre u r, te w een en te p ra a t o o r w at hulle ro u ­ sm art ten grondslag lê

• ’n b eh o e fte om v ertro o s te w ord

• ’n b eh o e fte om uiting aan al hulle em osies te gee

• ’n b eh o e fte om nuw e binding aan te gaan

• ’n b eh o e fte om hulle geloof te versterk.

Behoeftes van die treurende dierbares

DIE T E M P O R E L E DIMENSIE/

T Y D S V E R L O O P VAN DIE R O U P R O S E S

L indem ann (ibid: 141-148) is van m ening d a t die d u u r of tydsverloop van die ro u p ro ses afhang van die sukses w aarm ee ’n tre u re n d e p e r­

soon sy treurw erk d o en , naam lik:

• em ansipasie van die gebonden- heid aan die o o rled e dierb are

• h eraanpassing to t die om gew ing son d er die geliefde p ersoon

• vorm ing van nuw e bindinge/ver- houdinge.

H ierd ie tre u rw e rk verg beide fi­

siese en em osionele energ ie, n et soos enige an d e r w erk. D ie feit dat die rouproses nie o o r die algem een as w erk besk o u w ord nie, veroor- saak dikw els p ro b lem e vir die treu- rendes. H u lle is dikw els nie gereed vir die in ten site it van hulle gevoe- lens of reaksies nie, en besef ook nie die b elan g rik h eid om dit te aan- vaar en u itd ru k k in g d a a ra a n te gee nie. A l te dikw els is hulle geneig om die intense on tstelten is te p ro b e e r verm y. H u lle kry ook dikw els nie die sosiale en em osionele o nder- steuning w at n o o d saaklik is g ed u ­ rende hulle tre u rw e rk en ro u sm art nie, o m d at hulle d ierb ares en vriende ook d aa rv an onbew us is d at tre u r w erk is.

H a rd t (1979:134-137) verw ys na Paul en B ow lby se konseptualise- ring van die tyd sv erloo p van die rouproses. D it is d u idelik d at m et die v erloo p van tyd, o o k heling van die w onde v an ro u sm art kom . H oe lank h ierd ie ty d sp an is blyk afh an k ­ lik te w ees van die individu se verm oë om by die om gew ing w aar- van die gestorw e d ierb a re v ro eër

deel was, aan te pas. D ie aa nknoo p van nuwe verhoudinge binne of buite hierdie om gew ing speel o ok ’n rol in die tem porale dim ensie. V er- dere veranderlikes in die d u u r van die rouproses is, o n d e r a n d e re, die ouderdom van die tre u re n d e , em o ­ sionele verhouding, die verhouding m et die gestorw ene en die tre u ­ ren d e se algem ene houding te e n o o r die dood.

In die ontw erp van die m odel h et Paul en Bowlby ’n h oudingskaal g e­

bru ik w at ontw erp is om die h o u ­ ding teen o o r die do o d o b je k tie f te m eet oor ’n tydsverloop van d ertien m aande. H ulle h et to t die gevolg- trekking gekom d at n am ate ’n p e r­

soon d eu r die roup roses v o rd e r, sy houdings teen o o r die d o o d oo k ver­

and er. V an die inligting w at hulle gedurende die o n d erso ek verkry h et konseptualiseer hulle d at die rouproses geïdenifiseer kan w ord as b estaan de uit ’n reek s v an vyf fases w at ongeveer agt m aan d e duur v oordat herorganisasie o f aan v aar­

ding van die dood v an ’n d ierbare identifiseer kan w ord.

Fase 1: S kok/ontkenning kom voor vanaf die p erio d e van doo d, op to t een m aan d , m aar nie die m aand insluitend nie. D ie m ediaan- telling van 2,90 van die h ouding teen o o r die dood is ’n aanduiding van onaanvaarding van die dood van ’n dierbare — v an d a ar die ge- skokte ongeloof en o ntken n in g .

Fase 2: V alse aan v aard in g kom voor vir een m aan d , op to t, m aar nie ingeslote, die tw ee d e m aand.

D ie m ediaantelling van 3.00 dui ’n gem iddelde h ou ding aa n teen o o r die dood. D it k an v e rd e r beskryf w ord as ’n w aarsk yn lik e aan v aar­

ding van die do o d . D ie tre u re n d e se houding het v e rb e te r in vergelyking m et die eerste fa se , m aar o m rede die fases w at volg k an hierd ie fase die beste b esk ry f w o rd as valse aan­

vaarding.

Fase 3: V alse reorganisasie op tw ee m aan d e, to t o p , m aar nie inge- sluit, die d erd e m aan d. D ie m edi­

aantelling g ed u ren d e hierdie ty d ­ span is deurg aans hoog naam lik 3.10. In hierdie fase blyk dit asof die treu ren d e sy/haar lewe herorga- niseer het. D ie inligting to o n egter d at die gevoelens tydens hierdie fase net tydelik is.

Fase 4: D epressiw iteit op drie m aande to t o p , m aar nie ingesluit, agt m aande. D ie m ediaantelling van die ongunstige houdings te e n ­ oor die dood: 2.80, 2.70, 2.80 en 2.70 to on respektiew elik, ’n fase v a n t e r n e e r g e d r u k t h e i d / depressiw iteit vir on geveer vyf m aande. D ie fluktuasies in die me- diaantellings too n fluktuasie in die g e d a g te p r o s e s s e g e d u r e n d e d ie depressiew e fase.

F a se 5: H e r o r g a n is e r in g /a a n - vaarding op agt m aan d e en langer.

V anaf ongeveer die agste m aand begin die treu ren d e individu die dood van sy dierb are aanvaar. D ie m ediaantelling, alhoew el dit effens fluktueer vanaf die agtste m aand plat af to t ’n m ediaantelling van 3.0. D ie treu ren d e sien sy verlies van die dierbare nou in ’n nuw e perspek- tief. H y kan nou ook duidelik onderskei tussen die verlede en die toekom s. Somm ige erv aar ’n gevoel van verligting nou dat hulle die rouproses deurw erk het. H y is nou gereed om die toekom s en sy lewe so nd er sy geliefde v oo rt te sit. V ol­

gens hierdie tem po rale m odel is dit dus duidelik dat die aku te ro u ­ proses tot ongeveer die agtste m aand strek. K ennis van hierdie wisse- lende fases bring ons to t ’n b eter besef van die gevoelens en reaksies van die treurendes. D ie tydsfaktor is nie die belangrikste as sodanig nie, m aar wel die fluktuasies van skok, to t valse aanv aard ing , tot valse herorganisering, to t terneer- gedruktheid, en d an u iteindelik die finale herorganisering en aan vaar­

ding. D it stel ons in staat om hulle gedrag te v erstaan sodat ons hulle gedurende hierdie fases van die rouproses kan help. D it stel ons ook in staat om onsself o ok b e te r te v er­

staan.

HULP AAN DIE T R E U R E N D E S

T er inleiding m o et d aa ro p gewys w ord dat die begeleiers o o r ’n ge- stalte van liefde sal beskik , die liefde van C hristus w at ons ganse wese deurstraal. D a a r m oet ook o n th o u w ord d at die ro up roses ’n baie ingew ikkelde g eb eu re is wat die m ens in to taliteit t r e f — n a gees, siel en liggaam — asook die feit dat elke rouproses u niek is, d aa r elke m ens op sy eie un iek e m anier sal treur.

CURATIONIS 41

(5)

D ie ideaal is dat die h antering van treursm art w at m et term inaal siekes geassosieër w ord reeds begin voor die dood ingetree het. G ed u ren d e hierdie fase is die begeleier in staat om die voorbereidingsw erk te doen vir die vrye uitdrukking van gevoe­

lens en em osies w at aan treu rsm art, verw ant is. Sy kan ook eerlike oop gesprekke voer, die legim iteit van die proses van ro usm art bevestig en aan die treu ren d e familie die doel- treffendheid van ’n deernisvolle en caring verhouding dem o n streer ten einde hulle by te staan gedu­

rende hulle aanpassing by die v er­

lies van hulle geliefde. D it bev o rd er ook die proses van antisiperende treursm art, en d aa rd eu r berei dit die sterw ende persoon asook sy fa­

milie voor om m et die rouproses te begin. W anneer dit voor die aktuele dood gebeur v o rder die familie na afsterwe van hul d ierbare m eer na- tuurlik d eur die rouproses.

Riglyne w at h ier van belang is, is dat die begeleier/hulpverlener be- skikbaar m oet wees en die familie asook die sterw ende d ierb a re, hulle in hul w isselende gevoelens en em o­

sies volg en die uitdrukking daarvan aanm oedig. D a a r m oet egter nie getrag w ord om hulle te o o rreed om die onverm ydelike nou al te aan- vaar nie, geen m ens sal op hierdie stadium daarvoor gereed wees nie.

M et die tyd sal die kennis en erva- ring van die liefdevoile, versor- gende, luisterende en beskikbare p e r s o o n d ie n o d i g e v e r t r o u e , ondersteuning en onderskraging bied wat die treu ren d es tydens die oorw eldigende h artse er en em osio- nele ontw rigting nodig het. D ie ge- borgenheid wat hulle in so ’n ver- tr o u e n s v e r h o u d in g en s itu a s ie belewe verskaf aan hulle ’n gevoel van veiligheid en sekuriteit, wat vrye gesprek en uitdrukking aan em osies en oorw eldigende gevoe­

lens m oontlik m aak. D it is van groot terap eutiese w aarde vir almal (B arton, ibid: 118).

D aar vind ook toenam e in inner- like groei plaas w at b etre f die tre u ­ rendes se oopheid in die sp reek b aar Voor die afsterwe van die dierbare

m aak van die em osionele dilem m a w aarin hulle hul bevind.

G ep aard hierm ee is ’n stadiger, m aar to enem ende b etro k k e n h eid in die versorging van die sterw ende dierbare baie belangrik. Dikw els voel die familie baie am bivalent hieroor — aan die een k an t wil hulle graag iets doen m aar aan die ander kant is hulle bang en onseker.

Hulle kan hul geliefde gem aklik m aak, sy rug-en-drukdele vryf, help om hom te voed en te bad w an neer hy swak en hulpeloos is. D it skep brúe wat m ense verbind nam ate die sterw ensproses v order. D e u r h ier­

die take verkry die fam ilie gelykty- dig vaardigheid en v ertro u e, en voel ook nie so hulpeloos en hopeloos nie. H ulle besef ook dikwels dat die w êreld van v erantw oordelikheid wat hulle b etree nie so vreesvol is as wat hulle dit verwag het nie. H ulle grootste konflik kom aan die einde w anneer hulle hul nie van die ste r­

w ende se b ed wil w egskeur nie. Dit lei to t totale b etro k k e n h eid m et hom /haar. D it is dan vir alm al b e­

langrik om ten spyte van uitputting weens liggaam like spanning, naby m ekaar te wees (K utscher, 1969:

78).

D ie o nd erso ek sp re ek b aa r m aak van vrese is nodig. D ie onsek erheid o or die toekom s, die gevoel van hulpeloosheid en angs o o r die ko- m ende verlies van die d ierb are, die vrees vir die sterw ensgebeure as so- danig — al hierdie dinge o pen die hart van die een m ens vir ’n an d er, en bied ’n brug om liefde en hoop en geloof te herw in. B eklem toning van lewe en ho op vir die toekom s, en die hulp, bystand en lyding van ons H em else V ad er is by alle p e r­

sone wat by die problem e van sterw e en ro u b etro k k e is, nood- saaklik.

Indien dit m oontlik is, m oet die familie aangem oedig w ord om tot die einde toe by die sterw ende te bly. D ie afwesigheid by die sterfbed kan skuldgevoelens verskerp. Vir die uiteindelike verw erking van rousm art is dit oo k som s van w aarde as die sterw e m eegem aak is

— dit is in stru m e n te d vir die besef v a n d i e v e r l i e s ( D e K l e r k , ibid: 181).

Die sterwensmoment

By die intrede van die sterw ensm o­

m ent is die skaal van reaksies uit- eenlopend. Baie van die familie wil die afgestorw e dierb are sien, som- mige wil die liggaam soen of lief- koos, p ra a t, w egloop en terugkom asof hulle dit nie kan glo nie, som- mige wil hulle nie van die sterw ende se bed w egskeur nie. D it is ’n m om ent van totale b etrok kenh eid m et die sterw ende (Fox 1969:79).

H ierdie g ebeurlikheid om die sterfbed m oet ong ehind erd en pri- vaat begelei w ord, w ant dit is deel van die ontkoppelingsproses. Hulle m oet nooit alleen gelaat w ord nie en indien ons eie gem oed ons vol- skiet, m oet ons nie bang wees dat ons oë dof w ord van die tran e by die aanskoue van die sm art en lyding van ons m edem ens nie. O m m ens te wees is geen w andaad nie. D it is ook belangrik om te o n th o u dat w anneer m ens h erhaaldelik m et sterw ende en tre u re n d e m ense in aanraking kom d aar o ok ’n ekspan- sie in die em patiese h orisonne is.

D a a r is ’n innerlike m eegevoel sonder uiterlike vertoon.

D a ar m oet eg ter gew aak word teen verharding en kou dheid, want dit is v ero ordeelb aar. O ns m oet ontho u dat geen sm art so groot is dat ons nie die M an van sm arte d aarag ter kan sien nie. A l gaan ons ook d eur rousm art of die dal van doodskaduw ee h o ef ons geen ont- heil te vrees nie, w ant H y verseker ons dat Hy ons nooit sal begewe of verlaat nie.

N adat afskeid geneem is is die h artseer soms so diep d at dit lyk asof niks behalw e ’n gevoel van lief- devolle aanraking deurd rin g nie.

D it is soms nodig om die bedroefde in jo u arm s te h o u, te vertroos soos

’n m o eder h aar kind, m edelydend m ee te gaan, te e r en geduldig m et hulle om te gaan en nie die vryelike vloei van em osies direk na afsterwe te verhinder nie. H ulle m oet ook aangem oedig w ord om te ween.

D a ar m oet egter getrag w ord om histerie te bek am p. D a a r m oet gereik w ord na geliefdes — raak hulle te e r aan, plaas u arm om hulle en help so om die bedro efd es deur die inisiële m om ent wat op die dood volg te begelei (Fox, ibid:80).

42

(6)

N a die vrylike vloei van em osies kan die gelow ige v rien d , p re d ik a n t, versorgers/begeleiers ’n B ybelversie genuanseerd g eb ru ik om hulle te troos en te v erste rk , asook ’n kort gebed d oen om aan die fam ilie m ee- gevoel te b etu ig en v ertro o stin g in C hristus te soek. D it is sinvol om vir enkele o o m blikke o o r die positiew e aspekte van die do o d te p ra a t.

R oep aanm erkings w at d e u r die af- gestorw e d ie rb a re gem aak is en w at van b eso n d e re b etek en is vir die fa­

milie k an w ees in h erinn ering. D ik ­ wels heg die n aa sb estaan d e s groot w aarde aan, en p u t hulle tro o s uit, die laaste w o o rd e en belydenisse van die afgestorw ene (D e K lerck, ibid: 186).

W an n eer alles w at m oontlik is, gedoen is om die sterw ensproses ’n periode van groei in liefde en be- g r y p i n g t e m a a k , s a l h i e r d i e m om ent vir die fam ilie ’n nuw e toe- kom s inhou — ’n tyd van ho o p ten spyte van h artse er. D it m o et o n th o u w ord d a a r is altyd, of dit h artse er of vreu g d e is, die drang om sterk em osionele ervarings m et iem and w at sal v ersta an te deel. D ie bed ro efd e fam ilie benodig dus ’n v o ile m a a t v a n m e d e m e n s lik e gevoel en m edelye veral na die be- grafnis. D ie fam ilie o n th o u ook nie altyd die tegniese en kliniese v aa r­

dighede nie, m a a r wel die w arm te, deernis en liefde w at hulle tydens hierdie g ro o t beproew ing ontvang, dit is ook dikw els die m aatstaf w aarm ee die kw aliteit van die b e ­ tro k k e d ienste m ee gem eet w ord.

Voortgesette hulpverlening

W at tre u re n d e perso n e die m eeste benodig is om to eg ela at te w ord om die treu rem o sies as n orm aal te aan- vaar en om uiting d aa raa n te gee.

H ulle m oet dus hul tre u rsm a rt kan verw oord en hul verhouding m et die afgestorw e d ie rb a re h ersien.

Jackson (1975) skryf in sy b o ek , Understanding Grief, dat die doel van die beg eleier se hulp en o nder- steuning d a a ro p gerig m o et wees om die tre u re n d e m ens te help in die o n tk o p p elin g van die em osio­

nele bindinge m et die ontslape d ierb are ten spyte van die h artse er en tre u rsm a rt w at hulle belew e en om uiteind elik die tip e van in te ra k ­ sie w at verlo re is te verplaas. Indivi- due m o et o o k o o rre e d w ord om die

rouproses k o n stru k tie f te verw erk.

Dit im pliseer d at hulle die ongem ak en al die an d e r em osionele erva- ringe en fisiese o ng em ak wat deur die dood van ’n d ie rb a re opgew ek w ord m oet a a n v aar en realisties na die verlies m o et kyk. D ie treu ren de m oet aangem oedig w ord om aktief deel te neem in die verw erking van die rouproses in p laas daarvan om te probeer om dit te o n tk e n of dit te ontsnap. Hy m o et b ese f d at die rou- periode to t ’n m ate v ertraag m aar nooit uitgestel k an w o rd nie, daar dit direk of in d irek steeds voort- gaan.

L indem an (1944) h e t die vol- gende riglyne gegee o o r hoe die treu ren d es hulle verlies en tre u r­

sm art m oet ko nfro n teer: on dersteu - ning en gerusstelling voorsien nie voldoende bystand in die m ens se rouw erk nie. H ulle m o et hul v e r­

houding m et die o n tslap e geliefde in heroorw eging n eem en m o et ver- tro u d raak m et die v eran d erin g e in hulle eie m odus van em osionele reaksies. H ulle vrees vir kranksin- nigheid, en die vrees om die verras- sende verandering in hulle gevo e­

lens te aanvaar, veral die oorw eldi- gende gevoelens van vyandigheid en o p s ta n d , m o e t d e u r g e w e r k w ord. H ulle m oet uiting gee aan hulle h artseer en tre u rsm a rt, asook die gevoel van verlies van hulle d ierbare. H ulle sal o ok uiting aan gevoelens van skuld en o p stan d ig ­ heid m oet gee, asook nuw e p erso n e vind m et wie em osionele bindinge aangeknoop kan w ord. H u lle sal ook ’n aanvaarbare form ulering van hul toekom stige verh ou din g m et die oorled en e m oet vind.

Basiese riglyne vir verdere hulp­

verlening

• D ie begeleiers m o et fisies sowel as em osioneel teen w o ordig wees om onderskraging en sek u riteit aan die treuren des te v erleen . V eral ge- durende die vro eë p erio d e van skok en desoriëntering sal dit w aardevol wees indien iem an d som m ige van die ro etin etak e en v erantw oordelik- hede kan o o rn e em soos die voorsie- ning van m aaltye. D it is oo k tera- peuties indien rigting vir die tre u ­ rende fam ilie gegee kan w ord oor sekere besluite en o p tred es. H ulle is soms nie in staat om dit self te doen nie.

Fisiese en em osionele o ndersteu- ning deur die to tale rouproses is noodsaaklik. D it is eg ter veral van kardinale belang in die periode w anneer die w are im plikasies en realiteit van die verlies van hul dierbare to t treu ren d es se voile be- wussyn deurdring. D it kan w eke of m aande na afsterw e plaasvind. D it is die tyd w anneer m eeste van die sosiale ondersteuning n a die begraf- nis verdwyn h et en baie m ense ver- onderstel d at die fam ilie o o r die ergste is. V ir baie treu ren d es is hierdie p eriod e een van die m oei- likste tye in hulle lewe. D an is die belewing van pyn en treu rsm a rt die akuutste w ant hulle w ord nou let- terlik geforseer om die lewe sonder hul dierbare teg em o et te gaan en voort te sit (H ospice educational program for nurses, ibid: 156-157).

• O ndersteun hulle in die aan vaar­

ding, uiting en identifisering van ge­

voelens. D a ar m o et egter gew aak w ord teen prem atu re pogings om die treu ren d e familie se aandag op ander bedryw ighede, w erksaam - hede, sosiale interaksies, en so m eer te fokus, o f om hulle te p ro ­ beer forseer om te vergeet en om aan te gaan. D ikw els h o o r ons m ense sê jy m oet vergeet want wat verby is is verby, en die lewe m oet voortgaan. Sodanige o p tred e kan m et aggressie en w oede aangehoor w ord, selfs m et verontw aardiging, w ant geen m ens is op h ierdie sta­

dium daarvoor g ereed nie. D it kan ook vertroebeling van die ver- trouensverhouding tew eegbring wat die onderlinge verhou din ge en ge- spreksvoering k an rem .

Pogings om die fam ilie in rigtings weg van die afgestorw e d ierb are te beweeg m oet dus baie sensitief en op die regte m om en t gedoen w ord om van enige w aarde te wees. W eer eens is dit n et die stille teenw oor- digheid van die b egeleier en ak- tiewe luisteraar w at in hierdie sta­

dium van groot tera p eu tiese w aarde is in die vordering van die ro u ­ proses.

D ie h u l p v e r le n e r s /b e g e le ie r s m oet on thou d at die tre u re n d e fa­

milie ’n breë spek trum van uiteen- lopende gedrag too n. Som m ige sal u itb a r s tin g s v an v y a n d ig h e id , w oede en intense uiting van h a rt­

seer in die vorm van w een toon;

and er w eer sal nie hulle em osies op 43

(7)

’n intense wyse to t uitdrukking laat kom nie, m aar op ’n stille wyse treu r en w een. D a a r m oet o nthou word dat elke m ens ’n individuele krisishanteringstyl het. M oenie die persoon wat stilweg treu r p ro b e er forseer om op ’n m eer intense wyse aan sy hartseer-em osies uiting te gee nie, of andersom , die persoon w at vryelik uiting gee p ro b e e r be- dwing nie — vir hulle is dit norm aal.

Die hulpverleners se houding teen o o r die dood, ro u , die u itd ru k ­ king van gevoelens in die algem een, en hulle gevoelens o m tren t die tre u ­ rende individu se partikuliere styl van uiting en hantering van sy treursm art kan ’n belangrike rol in die bevordering of rem m ing van die rouproses speel. Sommige kan on- gem aklik voel m et die intense uiting van gevoelens, som mige begeleiers sal hulle nie net o n ttrek nie m aar selfs p ro b eer om hierdie belangrike gevoelens te o n d erd ru k in ’n poging om die ongem ak wat dit veroorsaak te voorkom . O nverdraagsaam heid teen o o r die spesifieke treu rsm art hanteringstyle kan die familie se neiging om ’n sekere aanpassings- m odus te verm y versterk en so- doende die rouproses erg rem .

D aar m oet o ok rekening gehou word m et die feit dat som m ige tre u ­ rendes by tye alleen wil w ees, om alleen en stil oor hulle gevoelens, herinneringe en toekom s te besin.

Begeleiers m oet hierm ee rekening hou en hulle ook die geleentheid bied om alleen te wees. V erseker hulle egter van u beskikbaarheid en gewilligheid om te help, indien hulle dit sou benodig (B arto n , ibid: 118-120).

• N ie-veroordelende luister en on- voorw aardelike aanvaarding sodat die treurendes uiting aan hulle em o- sies kan gee son der die vrees van verwerping. D it is baie belangrik aangesien baie van die em osies sosi- aal o n aanvaarb aar is en dit ook skuldgevoelens by die treu ren d es opwek — daarom is dit noodsaaklik dat uiting d aaraan gegee m oet word.

D ie treu ren d e familie h et ’n b e­

hoefte om te p raat en te p ra a t, te ween en te w een, om ’n terugblik te werp op die o orledene en alles in verband d aarm ee, en om alles in hersiening te neem . H ierd ie p ro ­ sesse is van kardinale belang om die treurendes in staat te stel om die

voorvereistes vir die rouw erk effek- tief te voltooi. O m te w een en te praat o o r alles wat g eb eu r h e t en hulle geliefde perso o n , d ra by to t die besef dat hy w erklik dood is. By die herhaling van die gebeure ver- loor die treu rp ro ses ook ’n bietjie van sy die em osionele kom p on ent.

A angesien die dood van ’n dierbare so ’n ongelooflike gebeure is, en die familie dit nie kan glo nie, wil som m ige van hulle die liggaam van die o ntslapene in die lykshuis of by die b egrafnisondernem ers gaan sien — w ant om te sien is te glo.

Indien dit hulle wens is m oet hulle nie teëgehou w ord nie. H ierdie finale afskeid dra oo k by to t die realisering van die do od . D ie teen- deel is ook w aar. G een p ersoo n m oet forseer w ord om na die o n tsla­

pene te gaan indien dit nie hul b e ­ geerte is nie. H ulle het an d e r ma- niere van aanvaarding en integre- ring van die afsterw e.

• M oedig die treu ren d es aan om oor die afgestorw e dierb are te praat, dit is van groot belang dat hulle oor die negatiew e aspekte sowel as die positiew e sal p ra a t, asook oo r hulle w edersydse v erh o u ­ ding. In die norm ale gang van sake w ord al die negatiew e aspek te op die agtergrond gestoot en al die goeie asp ek te van hul d ierb are w ord verabsoluteer.

• V oorsien die treu ren d es van kennis oo r die dinam ika van die rouproses, sodat hulle insig in hulle gedrag kan kry. D it vergem aklik die norm ale proses van ro u en v o o r­

kom ’n distorsie/verdraaiing d a a r­

van. V erduidelik aan hulle d at daar in elke verhouding ’n m ate van am- bivalensie is. M oedig hulle oo k aan om oor hulle skuldgevoelens en op- standigheid te p raat. A fgesien d a a r­

van dat dit o ok kenm erk end van die treursm art is, kan hulle ook gewys w ord op die vergifnis wat d aar in C hristus is. V olgens 1 Joh. 1:9, sal die H ere wat getrou en regverdig is jou sondes vergewe en jo u van alle ongeregtigheid reinig as jy jou sonde bely. H ulle m oet dit in die geloof aanvaar, en hulself o ok v er­

gewe.

D it is ook belangrik dat hulle o or hulle opstandigheid sal p ra a t, op- standigheid teen o o r die ontslapene of teen o o r hulle G o d , w ant na alles is Hy die beskikker o o r ons lewe en

ons dood. Indien hulle nie uiting gee aan al hierdie gevoelens en em osies nie, kan dit vir ja re duur.

V anw eë die verw aarlosing van die treu ren d e fam ilie in ons gesond- heidsdienssisteem kry ons talle m ense m et reste van ondeurge- w erkte rousm art.

• L aat ons egte besorgdheid en versorging en deernis tog sigbaar wees.

• M oedig die tre u re n d e fam ilie aan om nie ongeduldig m et hulself te wees nie, en om nie aanvanklik teveel van hulself te verw ag nie.

Wys hulle egter op hul verantw oor- delikheid om te besluit o o r wat hulle m et hul rou pro ses gaan m aak.

H ulle kan dit op ’n gesonde of on- gesonde m anier verw erk, hulle kan toelaat dat hulle in v erb itterd e en ontnu gterde m ense ontw ikkel of hulle kan in hul geloof in ons He- melse V ader v ersterk , vernuw e en gesuiwer w ord to t g ro ter diensbaar- heid aan hulle G o d en m edem ens

— ’n m ens w at innerlik d eu r ons M eester genees is.

• D ie gebruik van m edikasie in die hantering van die rou proses bly nog steeds ’n d eb a te erb a re p u n t. Sekere drogerye mag die tre u re n d e to elaat om die sm art en h a rtse e r van die rouproses te verm y o f te o n d er­

druk , en dit dus rem en sodoende verleng. Die o o rdeelk un dige ge­

bruik van klein dosisse van kal- m eerm iddels en slaapm iddels kan van groot terap eu tiese w aarde wees veral gedurende die vroeë fase van die rouproses. In dien behoorlike begeleiding van die sterw endes en hulle familie in die k urrik ula van die professionele gesondheidw er- kers geïntegreer w ord dan sal die hand van die g eneesh eer nie so dik­

wels uitreik na ’n voorskrif nie, m aar sal d aar e e rd e r aandag aan die beginsels van begeleiding gegee w ord.

D aar sal dan e e rd e r van die te ra ­ peutiese verhouding en gesprek ge­

bruik gem aak w ord as ’n m iddel om die treu ren d e p erso ne te help om uiting aan hulle gevoelens te gee en hulp te verleen in die hantering daarvan. D a a r m oet eg ter op gewys w ord dat die gebruik van m edikasie in patalogiese ro usm art geregverdig is. D it sluit eg ter nog nie die bege- leidende aspekte uit nie (B arto n, ibid: 119-121).

(Vervolg op p 56) 44

References

Related documents

Die doel met hierdie studente se blootstelling aan die ROTO-program was om hulle van die gebruik van rekenaars en Afrikaanse folklore in die onderrig van Afrikaans as 'n addisionele

Aan die einde van die gedig herhaal die skrywer dat deelname aan die geheime insig wat deur sy groep verskaf word, en die bemeestering van die voorskrifte wat in die gedig

HSC: Hematopoietic stem cell; BM: Bone marrow; HSPC: Hematopoietic stem progenitor cell; UCB: Umbilical cord blood; LT-HSC: Long-term HSC; ST- HSC: Short-term HSC; MPP:

However, the findings of the recent Fentanyl Overdose Reduc- tion Checking Analysis Study (FORECAST) that com- pared the ability of three drug checking technologies (i.e. BTNX

CSF, cerebrospinal fluid; CT, computed tomography; FDG, fluorodeoxyglucose; FDG-PET/CT, 2-deoxy-2-[fluorine-18]fluoro- D -glucose integrated with computed tomography-positron

Thus, in patients with a similar microbial burden who display a different susceptibility to atherosclerosis, even in the presence of other risk factors, individual immune cell

A CT scan of the patient ’ s abdomen with intraluminal and intravenous contrast is the diagnostic test of choice in stable patients with blunt abdominal trauma, and provides

Intraoperative findings were: di- lated stomach and 8×7 cm mass at the gastric pylorus with multiple mesenteric lymph nodes, and peritoneal and omental seedlings all over with