INHOUDSOPGAWE
Al my twyfel . . . 59
Al sou die vyeboom nie bot nie . . . 37
Al sou dan ook die vyeboom nie bot nie . . . 45
Al jul volke klap jul hande . . . 12
Al was ek nie daar nie . . . 36
Alive , alive ! . . . 10
All Hail King Jesus . . . 36
All over the world . . . 40
Almal wat die Here liefhet . . . 24
Amazing grace . . . 35
Ancient of days . . . 58
As jy glo en vertrou . . . 27
As ek soek . . . 15
As ek in die aand na die sterre kyk . . . 13
As die lewenstorme woedend . . . 57
As the deer . . . 65
Because He lives . . . 42
Bind us together . . . 56
Blessed Be The Name Of The Lord . . . 54
Bly volhard soos atlete . . . 84
Blye verseek’ring . . . 19
Bring lof aan die Vader . . . 28
Brother let me be your servant . . . 99
Cast your burdens . . . 29
Change my heart o God . . . 81
Come bless the Lord . . . 5
Come . . . 54
Daar is iets wat jy moet weet . . . 91
Dankoffers . . . 78
Deur te sien op die kruis . . . 60
Die Heer is my Herder . . . 14
Die liefde van Jesus is wonderbaar . . . 17
Die vrug van die Gees . . . 53
Die Christus het . . . 6
Die gemeente bring aan U die lof . . . 20
Die liefde van Jesus is baie groot . . . 17
Die Here is my herder . . . 82
Dit borrel in my . . . 14
Doen slegs U wil, Heer . . . 97
Drie-eenge God . . . 72
Eer aan God die Vader . . . 73
Ek is bly . . . 12
Ek volg nou Jesus . . . 94
Ek hardloop vir Jesus . . . 93
Ek weet verseker . . . 19
Ek wil graag wees soos Josef . . . 89
Ek wil wandel op die godsweg . . . 50
Ek weet, ek weet verseker . . . 32
Ek wil U sien, Heer . . . 83
Ek aanbid U . . . 75
Ek roem U naam . . . 47
Ek lewe . . . 88
Ek’s so bly . . . 29
Elke een behoort te weet . . . 91
Everybody ought to know . . . 91
Father I adore You . . . 71
Father God I wonder . . . 46
Filippense 4 . . . 21
Genade, onbeskryflik groot . . . 34
God van yster en beton . . . 22
Halleluja, U is koning . . . 75
Heer U is my lewe . . . 73
Heilig, Heilig, heilig . . . 80
Heilig, heilig, heilig . . . 76
Heilige Gees lei my . . . 75
Helder skyn ons lig vir die nasies . . . 86
Here, God almagtig . . . 77
Here, ons sal U loof . . . 43
Hosanna . . . 24
Hou oor my vannag U hande . . . 70
How lovely on the mountains . . . 55
How great thou art . . . 45
Humble yourself . . . 92
Hy gaan kom op die wolke . . . 55
Hy leef , Hy leef . . . 10
Hy laat die sterre skitter . . . 30
Hy's die ene wat ek liefhet . . . 36
I want God's way . . . 50
I lift my hands . . . 47
I want to praise You Lord . . . 52
I offer me . . . 81
I love You Lord . . . 72
I have decided . . . 94
I will enter His gates . . . 29
I keep falling in love with Him . . . 46
I’m gonna live . . . 92
I’ve got joy like a fountain . . . 28
In moments like these . . . 74
In my wandel . . . 88
It is a good thing . . . 33
Jabulani . . . 25
Jesus, groot bo almal . . . 76
Jesus loves me this I know . . . 51
Jesus bring vreugde . . . 23
Jubel, o nasies . . . 21
Juig al wat leef . . . 31
Kom loof die Heer . . . 5
Kom sing ‘n nuwe lied . . . 5
Koning Seun . . . 67
Kumbaja my Lord . . . 61
Laat ons werk vir Jesus . . . 85
Laat ons skyn vir Jesus . . . 85
Let there be love shared amongst us . . . 42
Liewe tiener . . . 97
Living waters . . . 71
Lofofferlied . . . 74
Loof die Heer . . . 8
Loof Hom . . . 78
Loof die Heer, Hy is goed . . . 7
Loof Koning Jesus . . . 36
Loof loof die Heer . . . 32
Loof Hom met die tromme . . . 8
Lord I lift your name . . . 50
Lord make me an instrument . . . 73
Love the Lord . . . 16
Majesteit . . . 49
Majesty . . . 49
May we be a shining light . . . 87
My pa is die koning . . . 10
My siel sal bly wees in die Heer . . . 31
My life is in You Lord . . . 26
My hande hef . . . 47
‘n Nuwe lied . . . 7
‘n Bietjie meer tyd . . . 18
Nader my God by U . . . 79
O Heer my God, ek is lief vir U . . . 72
O Ewige God . . . 40
O diepte van die wysheid . . . 62
O Heer my God . . . 44
O magnify the Lord . . . 41
O how I love Jesus . . . 51
Oil in my lamp . . . 20
Ons is almal hier tesaam . . . 69
Ons Koning kom . . . 48
Ons loof U vir al U handewerke . . . 9
Ons aanvaar jou . . . 96
Ons God en Vader . . . 70
Ons sien U Heer . . . 63
Oorwinnaars . . . 30
Oorwinningslied . . . 51
Op hierdie dag . . . 33
Praat ek mense-, eng'letale . . . 16
Praise anthem . . . 66
Praise Him . . . 78
Saam wil ons die Here prys . . . 11
Saggies en teer is die roepstem . . . 43
Seënbede . . . 99
Sendinglied . . . 90
Shout to the Lord . . . 83
Silwer en goud . . . 25
Skeppergees . . . 77
Soek allereers die koninkryk van God . . . 41
Soldaat vir Christus . . . 89
Soos 'n wildsbok wat smag na water . . . 64
Soos die klei in die hand van die pottebakker . . . 39
Spreek Heer, spreek Heer . . . 63
Strome van seën . . . 57
Sweef soos ‘n arend . . . 95
The love of Jesus . . . 9
The steadfast love of the Lord . . . 81
The windows of heaven are open . . . 41
Twyfel nie meer . . . 93
U het die brood gebreek . . . 68
U is waardig . . . 65
U Goedertierenheid . . . 35
Vader, Seun, Heil’ge Gees . . . 66
Vader, ons eer U . . . 68
Verlustig jou in Hom . . . 30
Vir spys en drank... . . 96
Voel jy soms of die Here te vêr is . . . 100
Vuur uit die hemel . . . 56
Waai deur my . . . 80
Waar daar liefde is . . . 46
Waardig . . . 82
Want so lief . . . 26
Wat ‘n ware vriend is Jesus . . . 39
Wat 'n vriend het ons in Jesus . . . 38
Wees stil en weet . . . 61
Wees genadig Heer . . . 62
Weet jy nie . . . 11
What a lovely name . . . 37
When the Spirit . . . 27
LOF
Kom loof die Heer
*Dames eggo elke reël1. Kom loof die Heer, alle knegte van die Heer!
Wat snags in die huis, van die Here staan Hef op julle hande, na die heiligdom en loof die Heer, en loof die Heer!
2. Kom loof die Heer julle almal wat Hom dien
wat biddende staan in Sy heil’ge Naam met hart en hande laat ons Hom vereer Kom loof die Heer kom loof die Heer! 3. Die Here seën
alle mense wat Hom dien
wat biddende staan in Sy heil’ge Naam Die aarde hemel Hy hou al’s in stand Hy hou oor jou Sy Vaderhand!
Come bless the Lord
Come bless the Lord al You servants of the Lord who stand by night
in the house of the Lord Lift up your hands to the holy place
and bless the Lord (2x)
Give God thy heart, Thy hopes, Thy service and thy
gold. The day wears on, and time is waxing old.”
-From an old
sundial-Psalm 40:4 Hy het my ’n nuwe lied in die mond gelê, ’n loflied vir ons God.
Die Christus het
*Dames eggo elke reël
1. Die Christus het deur Sy eie bloed in heerlikheid
na God gegaan En so die weg
vir ons gebaan
Dat ons ook nou na God kan gaan
2. Bid altyd deur In die Heil'ge Gees Dat ons aan Hom getrou mag wees Laat wees die hart Gods heiligdom Bly bid en waak
totdatHy kom
Kom sing ‘n nuwe lied!
1. Kom sing ‘n nuwe lied vir Hom Kom sing ‘n nuwe lied vir Jesus Kom bring die lof en dank aan Hom want Hy’s die Koning wat weer kom Kom sing ‘n nuwe lied uit jou hart laat jou lewe Hom besing
want Hy’s die Koning Hy’s die Here
sing ‘n nuwe lied vir Hom! 2. Kom sing ‘n nuwe lied vir Hom
sing met kitaar, klavier en trom ‘n nuwe klank moet mense hoor van vreugdesang en jubelkoor Kom sing ‘n nuwe lied uit jou hart laat jou lewe Hom besing
want Hy’s die Koning Hy’s die Here
Ps 150:3 Prys Hom met die ramshoring, prys Hom met harp en lier! 4
Prys Hom met tamboeryn en
koordanse, prys Hom met snaarinstrumente en fluite!
'n Nuwe lied
1. Ek sing vir U 'n nuwe lied tot eer van U naam Ek sing vir U 'n nuwe lied, o Here
Aan U alleen kom 'n lofsang toe Ek sing 'n nuwe lied, o Here!
2. Kom sing vir Hom 'n nuwe lied tot eer van Sy naam Kom sing 'n nuwe lied vir die Here
Aan Hom alleen kom 'n lofsang toe Kom sing 'n nuwe lied tot Sy ere!
3. Kom sing vir Hom 'n nuwe lied tot eer van Sy naam Kom sing 'n nuwe lied vir die Here
Aan Hom alleen kom 'n lofsang toe Kom sing 'n nuwe lied Kom sing 'n nuwe lied
Kom sing 'n nuwe lied tot eer van Hom!
Loof die Heer, Hy is goed
1. Loof die Heer, Hy is goed Loof Sy heilige naam
Laat alles in die groot heelal Die Here loof
Refrein:
Ek wil die Here loof Loof met my hele hart
Hy gee hul wat roep weer nuwe krag 2. Hy’t my sondes vergeef
en Hy maak my Sy kind Laat alles in die groot heelal die Here loof
Efes 5:18 Nee, laat die Gees julle vervul, 19 en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here.
3. Loof, o hemel, die Heer al die engele saam
Laat alles in die groot heelal die Here loof
Loof Hom met die tromme
1. Loof Hom met die tromme Loof Hom met die harp
Loof Hom met die klinkende simbale Refrein:
Alles wat asem het loof, loof die Heer (e)! Alles wat asem het loof, loof die Heer
2. Prys Hom met jul stemme prys Hom uit die hart
prys Hom in die hemel en op aarde
Loof die Heer
1. Loof die Heer, loof die Heer
want Sy goedheid is tot in ewigheid (2x) Loof, loof die Heer (2x)
Loof, loof, loof die Here
Ps 19:2 Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande. bekend.
The love of Jesus
The love of Jesus is so wonderful, The love of Jesus is so wonderful, The love of Jesus is so wonderful, Love, wonderful love!
So high, you can't get over it So low, you can't get under it So wide, you can't get around it Love, wonderful love !
Ons loof U vir al U handewerke
1. Ons loof U vir al U handewerke, ons loof U vir son en maan en sterre ons loof U vir see en kontinente, ons loof U want U is wonderbaar. Refrein:
Ons prys die God wat alles onderhou ons prys die Seun vir liefde en vir trou ons prys die Gees wat ons hier lei en bou ons prys die Heer
op God Drie-enig kan ons altyd vertrou 2. Ons loof Hom wat self ons pad kom loop het
ons loof Hom wat sondaars vrygekoop het beseël dit deurdat Hy ons laat doop het ons loof U, o Jesus, wonderbaar
3. Ons loof U vir oorvloed nuwe lewe ons loof U vir toekoms perspektiewe ons loof U, U Gees rig nou ons strewe ons loof U, want U is wonderbaar
Joh 20:19 Daardie Sondagaand was die dissipels bymekaar. Alhoewel die deure gesluit was omdat hulle bang was vir die Jode, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan en vir hulle gesê: “Vrede vir julle!
Hy leef , Hy leef
Hy leef , Hy leef , Hy leef hier in my hart Heer Jesus leef vandag !
Hy leef hier in my hart
Hy leef , Hy leef , Hy leef hier in my hart Heer Jesus leef vandag !
Sing halleluja, sing halleluja
Heer Jesus leef, Hy leef hier in my hart Sing halleluja, sing halleluja
Heer Jesus leef vandag!
Alive , alive !
Alive, alive, alive for ever more, Lord Jesus is alive!
alive forever more
Alive, alive, alive for ever more, Lord Jesus is alive!
Sing halleluja, sing halleluja Lord Jesus is alive for ever more Sing hallelujaj, sing halleluja Lord Jesus is alive!
My pa is die koning
My Pa is die koning van die heelal, jy weet en kom wat wil, ek sal dit nooit vergeet nie Die wind kan waai en die berge kan val, Hy't gesê Hy voorsien en Hy sal:
Ek's die Koning se kind, ja dit maak my 'n prins My lewe is Christus, selfs die dood is 'n wins Vir niks is ek bang nie, dit sê ek jou nou My pa is die koning: onthou !!
Weet jy nie
1. Weet jy nie, weet jy nie, jy's 'n tempel? (3x) Jy is 'n tempel van die Heil'ge Gees
Refrein:
Vol van lof, vol van krag, vol van vreugde vol van lof, vol van krag, vol van vreugde vol van lof, vol van krag, vol van vreugde Jy is 'n tempel van die Heil'ge Gees! 2. Ja ek weet, ja ek weet, ek's 'n tempel
ja ek weet, ja ek weet, ek's 'n tempel ja ek weet, ja ek weet, ek's 'n tempel ek is 'n tempel van die Heil'ge Gees! 3. Ek's so bly, ek's so bly, ek's 'n tempel
ek's so bly, ek's so bly, ek's 'n tempel ek's so bly, ek's so bly, ek's 'n tempel ek is 'n tempel van die Heil'ge Gees!
Saam wil ons die Here prys (kanon)
Saam wil ons die Here prys vir al Sy liefde
almal loof Sy grote naam ! Hy is goed vir elk van ons
Dank Hom uit een mond tesaam Een in Jesus onse Heer
Wie Hom liefhet gee Hom eer In die Gees is ons tesaam God is liefde, roem Sy naam.
1 Joh 4:16: “God is liefde”
Ps 147:1 Prys die Here! Dit is goed om tot lof van ons God te sing, dit is ’n genot om die loflied te sing wat Hom toekom.
Al jul volke klap jul hande
1. Al julle volke klap jul hande juig tot eer van God
verhef jul stem en roem Sy naam in elke stad op aarde !
Refrein:
Sing en sing en sing dan saam loof en prys Sy grote naam Want Hy is koning ewig In die hemel en op aarde ! Sing en sing en sing dan saam loof en prys Sy grote naam want die hemelkoning skenk ons Sy genade ! 2 Hy is koning ewig
in die hemel en op aarde ! Die volke kniel, die nasies juig oor al Sy skeppingsdade 3 Ons gaan in Sy tempel in
Hy roep ons almal saam
die skare juig en horings blaas ons almal roem Sy naam !
Ek is bly
Ek is bly! Ek is bly! Ek verbly my in die Heer Hy het my 'n nuwe kleed gegee
Hy het my verlos (2x) Ek is bly (2x)
Soos 'n bruidegom en bruid ek is bly Jesus is my blydskap (x2)
Ps 8:4 4 As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers..."
As ek in die aand na die sterre kyk
1. As ek in die aand na die sterre kyk of die geure van die blomme ruik as ek sien hoe al U berge lyk, dis wonderlik voorwaar !
As die winde deur die bome suis of as donderweer U krag bewys as ek in my voel hoe lewe bruis, dis wonderlik voorwaar !
Refrein:
As ek sien hoe U met mense werk, a - aha met U liefde sonder maat of perk, a - aha as ek voel hoe U my lewe versterk, dan weet ek U is meer as bloot maar net 'n Heer wat
vêr daar bowe in die wolke troon U's die Heer wat altyd in my woon daarom voel my hele lewe skoon U's wonderlik voorwaar
Ja U is , ja U is ! U’s wonderlik voorwaar !
Ja U is , ja U is ! U’s wonderlik vir my! (Slegs vers 2) 2. As die branders op die rotse breek
of 'n blom verkwik ons met sy reuk is U baie meer as net 'n preek U's wonderlik voorwaar
Daar is niks, o Heer, vir U te klein want U sorg ook vir 'n blaartjie fyn en U bloed maak menseharte rein U's wonderlik voorwaar!
Die Heer is my Herder (kanon)
1. Die Heer is my herder - wat kan ‘n mens meer vra? ek word deur Sy liefde en almag gedra
Wat meer, wat meer
wat kan ‘n mens meer vra? (2x)
2. Al gaan ek deur donker - die Here is met my vir niks is ek bang nie, want Hy is naby Met my, met my,
die Here is met my! (2x)
3. U goedheid en liefde is vir my ‘n huis solank as ek lewe is ek daarin tuis. ‘n Huis, ‘n huis
ek is daarin tuis! (2x)
Dit borrel in my
1. Dit borrel in my, want ek is so bly Jesus het my lief !
Vir my't Hy gesterf en gered van verderf Ja, Jesus het my lief.
Refrein:
Dit borrel in my, want ek is so bly Jesus maak my lewe vry
Hy neem weg my sonde skuld dit borrel, dit borrel in my, in my dit borrel, dit borrel in my!
2. Sy liefde so groot, red my van die dood Jesus het my lief !
Dit borrel al meer, en ek kan dit nie keer ja, Jesus het my lief.
As ek soek
Mans
1. As ek soek In duister tas
Dan sien ek helder sterre skyn En ek vra:
Wat is die mens? Dink God aan ons?
Hy dink aan my
Dames As ek soek in duister tas
dan sien ek helder sterre skyn en ek vra:
Wat is die mens? God dink aan ons!
2. As ek sien Daar in die krip
Die kindjie Jesus mens vir ons Sing ek saam
Met almal saam Hy het gekom
God is met ons
As ek sien in doeke lê
die kindjie Jesus mens vir ons sing dan saam
met almal saam: Hy het gekom
3. As ek soek Op Golgota
En ek sien Jesus straf verdra Dan weet ek
U sterf vir my U het die skuld
Vir my betaal
As ek soek op Golgota
en ek sien Jesus straf verdra weet ek ook:
U sterf vir my U het die skuld
4. As ek sien Die leë graf
Hoor ek die engel Jesus leef! Heer, U leef!
U't opgestaan, Die dood oorwin
Die Here leef!
As ek sien die steen is weg
dra ek die boodskap: Christus leef! Heer, U leef!
dood is oorwin! my Here leef!
5. Jesus, Heer, Ons loof U saam!
Laat Heer U liefde groei in my Sing dan saam
Almal tesaam Die Here leef
God is met ons!
U’s my Heer! Ons prys U naam!
laat naasteliefde groei in my sing dan saam
almal tesaam God deur sy Gees
Praat ek mense-, eng'letale
1. Praat ek mense-, eng'letale maar dis nie uit liefde nie is my woorde hol simbole: klanke sonder melodie Al kan ek geheime uitlê, berge deur geloof versit of al het ek al die kennis sonder liefde is ek niks. 2. Sonder liefde sal my gawes - al my ywer, my nie baat
net die warme hart van liefde bly oorwin met goed die kwaad onreg kan dit nie verdra nie, maar dis met die waarheid bly
deur vergifnis, hoop, verwagting kom die beste in ons vry. 3. Al die tale, profesieë met die tyd gaan dit verby
net die liefde, die volmaakte, kom en sal vir altyd bly
want geloof gee troos en rigting na die "eendag" reik die hoop maar die liefde is die lewe ! God is liefde, ewig, groot.
Love the Lord
Love the Lord your God with all your heart and all your soul and all your mind and love all mankind as you love yourself Love the Lord your God with all your heart and all your soul
and your mind and love all mankind We've got christian lives to live we've got Jesus love to give we've got nothing to hide
Die liefde van Jesus is wonderbaar
1. Die liefde van Jesus is wonderbaar wonderbaar, wonderbaar
Die liefde van Jesus is wonderbaar wonderbaar vir my !
Refrein:
Kom ons verheerlik Sy naam Kom ons verheerlik Sy naam
Die mense verander, maar Jesus nooit Kom ons verheerlik Sy naam!
2. Dat Hy my gered het is wonderbaar wonderbaar, wonderbaar
Dat Hy my gered het is wonderbaar wonderbaar vir my!
3. Dat ek nou Sy kind is , is wonderbaar wonderbaar, wonderbaar
Dat ek nou Sy kind is , is wonderbaar wonderbaar vir my !
4. Dat Hy my nou uitstuur is wonderbaar wonderbaar, wonderbaar
Dat Hy my nou uitstuur is wonderbaar wonderbaar vir my !
Die liefde van Jesus is baie groot
1. Die liefde van Jesus is baie groot, baie diep, baie wyd uit liefde kom Jesus hier by ons bly tot in ewigheid! Niks nie, hoe swaar ons kan kry
kan ons van Sy liefde skei
Die liefde van Jesus is baie groot - wonder, wonder groot
Maak gerus tyd om gelukkig te wees. Tyd is geen snelweg tussen die wieg en die graf nie, maar
ruimte om te parkeer in die
son. -Phil
Bosman-2. Die liefde van Jesus is altyd daar waar ons gaan, waar ons bly
Uit liefde kom Jesus hier by ons bly, bly by jou en my! Meer nog as wat ons kan vra
word ons deur liefde gedra
Die liefde van Jesus is baie groot -wonder, wonder groot!
'n Bietjie meer tyd
1. Die skemer-uur voor sonop, hou 'n stil belofte in
en 'n tortelduif se liedjie laat my sing Dit vul die vroeë more,
ek wil dankie sê aan Hom
en ek wonder wat die nuwe dag my bring. 'n Bietjie meer tyd om Hom te loof
te groei in my geloof
'n Bietjie meer tyd om Sy liefde vir my Te deel en te bely
2. Wat maak dit saak wat voorlê en wat daar op ons wag
ek hoor weer die tortelduiwe sing Dit vul die vroeë more
in my hart wil ek graag sing
want ek weet nou wat die nuwe dag my bring Baie meer tyd om Hom te loof
Te groei in my geloof
Baie meer tyd om Sy liefde vir my Te deel en te bely
“Blessed assurance” is geskryf deur Fanny Crosby. Sy het gelewe in die jare 1823-1915. Sy was blind gebore en het ongeveer 8000 liedere geskryf. Daar word vertel dat sy ten spyte van haar blindheid altyd opgeruimd en bly was....
Ek weet verseker
1. Ek weet verseker dat Jesus leef Hy het my sonde uit liefde vergeef Ek was verlore, maar deur Sy bloed is daar nou vrede in my gemoed Refrein:
Hy is my leidsman, Hy laat my leef Hy is oorwinnaar - Hy is die Heer ! Selfs as ek struikel, en het berou Sal Hy vergewe, Hy bly getrou 2. Lig is Sy las en sag is Sy juk
Hy gee vermoeides die ware geluk Uit Sy genade, liefde en trou
weet hul hoe God Sy kinders behou
Blye verseek’ring
1. Blye verseek’ring, Jesus is myn o wat ‘n vreugde, heerlik en rein wedergebore, rein deur Sy bloed smaak ek Sy vrede, in my gemoed Refrein:
Dit is my roemtaal, dit is my lied Lof wat ek Jesus, ewig sal bied! Dit is my roemtaal, dit is my lied Lof wat ek Jesus, ewig sal bied! 2. Volle verseek’ring, vrede en rus Heerlik van Jesus, liefde bewus met my geloofsoog, opwaarts gehou rus ek in Jesus liefde en trou
Oil in my lamp
1. Give me oil in my lamp,
keep me burning, burning, burning give me oil in my lamp, I pray. Give me oil in my lamp,
keep me burning, burning, burning keep me burning till the break of day. Chorus:
Sing hosanna, sing hosanna Sing hosanna to the King of kings. Sing hosanna, sing hosanna
Sing hosanna to the King (of kings). 2. Give me love in my heart,
keep me yearning, yearning, yearning give me love in my heart, I pray
Give me love in my heart,
keep me yearning, yearning, yearning keep me yearning till the break of day. 3. Keep me down on my knees,
keep me humble, humble, humble keep me down on my knees, I pray. Keep me down on my knees,
keep me humble, humble, humble keep me humble till the break of day.
Die gemeente bring aan U die lof
Die gemeente bring aan U die lof - die eer en heerlikheid! (2x) Net aan U, lof en eer (2x)
Filippense 4
1. Filippense 4 vers 4 sê: verbly jul in die Heer (x2) Verbly jul, verbly jul, verbly jul in die Heer (x2) 2. Filippense 4 vers 5 sê: die Here is naby (x2)
Wees vriend’lik, met almal, die Here is naby (x2) 3. Filippense 4 vers 6 sê: bid dankbaar tot die Heer (x2)
Bid altyd, wees dankbaar, bid altyd tot die Heer (x2) 4. Filippense 4 vers 7 sê Hy sal Sy vrede gee (x2)
Sy vrede, aan julle, Hy sal Sy vrede gee (x2) 5. Filippense 4 vers 13 sê: ek is tot alles in staat. (x2)
Ek is, ek is, ek is tot alles in staat (x2)
6. Kolossense 4 vers 2 sê: volhard in die gebed (x2) Volhard, volhard, volhard in die gebed (x2)
Jubel, o nasies
Refrein:
Jubel, o nasies dis die Koning wat aankom Volke, wees bly en juig: Verheerlik en prys Hom! 1. Wie is die Erekoning heerlik en magtig ?
Hy is Immanuel ons menswees deelagtig. 2. Hy loop die stofpad gaan deur dorpe en stede
Reik uit na siekes bied gekweldes Sy vrede. 3. Hy het ons skuld gedra ons sonde vergewe
Hy gee aan die wat glo die ewige lewe.
God van yster en beton
1. God van yster en beton Skepper van die vuurrooi God van suier, God van stoom God van vuurpyl en atoom: 2. Hemelvors, U’s God van mag
Heer van elke bron van krag U laat bliksemflitse slaan U beveel die storm-orkaan 3. Soos 'n arend in sy vlug
Skeur die straler deur die lug Motor, trein en satelliet
U's die God wat spoed gebied 4. God van kuns en wetenskap
God van studie en vakmanskap God van chemie en musiek God van orde en metodiek
5. Heer van Woord en kerk en doop: U sluit alle kennis oop
Heer van heerlikheid en eer Wat die groot heelal regeer 6. U verbreek die dood se mag:
Christus leef, dis ewig dag U het sondaars losgekoop U is liefde, U is hoop
20 Julie 1969 - die eerste keer in die geskiedenis van die kosmos dat mense op die maan stap...
Die grootste
natuur-wetenskaplikes in die verlede was mense wat die Skepper geken het: Isaac Newton, Michael Faraday, Louis Pasteur...
-Kennedy-Jesus bring vreugde
1. Jesus bring vreugde, Redding en vreugde Hy het mens vir ons geword
Engele juig dit, herders getuig dit "Jesus, Redder, Seun van God !" Wyd oor die aarde kring Sy behae Hy kom vergewe, Hy laat ons lewe Hy maak ons, mense kinders van God. 2. Jesus bring vrede, hemelse vrede:
Al ons skuld het Hy versoen Nie meer verlore - wedergebore Deur Sy Gees wat wonders doen Vry kan ons nader tot God die Vader Niks kan ons skei nie, Niks wat ons ly nie Hy is ons vrede - vrede wat bly.
3 Heer, U bring vryheid Heer, U bring blyheid
U wat mens word in ons nag Heerlike gawes gee U weldadig God van liefde, God van mag Ewige koning, ons is U woning Hemel en aarde kry nuwe waarde U is die Here. U maak ons vry.
Gal 5:22 Die vrug van die Gees is liefde, VREUGDE... “Hosanna!” is uitgeroep wanneer die koning Jerusalem binnekom. Mat 21:9 “Prys die Seun van Dawid! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom! Prys Hom in die hoogste hemel!”
Almal wat die Here liefhet
1. Almal wat die Here liefhet: staan maar nader (2x) Staan maar nader, staan maar nader (2x)
2. Almal wat die Here liefhet: Sing halleluja (2x) Halleluja, halleluja (2x)
3. Almal wat die Here liefhet sê: Ek is lief vir jou (2x) Ek is lief vir jou, ek is lief vir jou (2x)
4. Almal wat die Here liefhet: Klap julle hande saam (2x) Klap julle hande saam, klap julle hande saam (2x)
5. Almal wat die Here liefhet: Roep maranata (2x) Maranata, maranata (4x)
Hosanna
Afr. Hosanna, hosanna
Hosanna in die hoogste (2x) Ons vereer U o Heer
met ons harte vol lof
word verheerlik o Heer ons God Hosanna in die hoogste!
Eng. Hosanna, hosanna, Hosanna in the highest Glory, Glory,
Glory to the King of kings! Lord we lift up Your name with our hearts filled with praise we exalt you o Lord our God Glory to the King of kings!
God alleen kan Suid-Afrika se dors les...
Silwer en goud
Daar sit ‘n man langs die pad: Ek loop.... hy bedel want hy is verlam ek loop!! Toe Johannes en Petrus by hom kom,
toe sê Petrus vir hom
Silwer en goud het ek nie, sê hy, Maar dit wat ek het gee'k aan jou - In die naam van Jesus Christus Van Nasaret, staan op en loop Refrein:
Hardloop en huppel en prys die Heer Hardloop en huppel en prys die Heer In die naam van Jesus Christus Van Nasaret staan op en loop!
Jabulani
1. Jesus, river of life
To our thirsty land (our thirsty land) Saviour, meeting our needs
With Your mighty hand (Your mighty hand) Chorus:
Sing for joy oh Africa
The Lord your God is risen upon you now (2x) Jabulani, jabulani Africa (4x) 2. Jesus, river of life
To our thirsty land (thirsty land) Saviour, reaching out
With your mighty hand (Your mighty hand)
Joh 3:16 God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.
My life is in You Lord
My life is in You Lord My strength is in You Lord My hope is in You Lord
In You it's in You (2X)
Chorus:
I'll praise You with all of my life I'll praise You with all of my strength With all of my life, with all of my strength All of my hope is in You
Want so lief
Want so lief het God die wêreld gehad Dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het,
gegee het -
Sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie Maar die ewige lewe kan hê Ken Hom in al jou weë (x2) Dan sal Hy jou paaie gelyk maak gelyk maak, gelyk maak Ken Hom in al jou weë
“Amen” beteken “dis is so” of “dit sal so wees”.
When the Spirit
1. When the Spirit of the Lord is within my heart I will sing as David sang (2x)
I will sing, I will sing
I will sing as David sang 2x
2. When the Spirit of the Lord is within my heart I will clap as David clapped (2x)
I will clap, I will clap
I will clap as David clapped 2x
3. When the Spirit of the Lord is within my heart I will dance as David danced (2x)
I will dance, I will dance
I will dance as David danced 2x
As jy glo en vertrou
1. As jy glo en vertrou sê “amen” (2x)
Amen sê mos dit is so, dit verseker Heer ek glo as jy glo en vertrou sê “amen”!
2. As jy glo jy’s verlos sê “amen” (2x)
Want die Here is getrou, op Sy woorde kan ons bou as jy glo jy’s verlos sê “amen”!
3. As jy bid en jy glo sê “amen” (2x)
Wie opreg die Here bid, Hy sal berge kan versit as jy glo as jy bid sê “amen”!
I’ve got joy like a fountain
1. I’ve got joy like a fountain (3x) in my soul (in my soul)
I’ve got joy like a fountain (3x) in my soul
2. I’ve got peace like a river... 3. I’ve got love for my Saviour...
Bring lof aan die Vader
1. Bring lof aan die Vader, verheerlik die Seun vir liefde, genade, verlossing en steun Dat elkeen wat glo nie verlore mag gaan maar ewig voor Hom as verloste kan staan
Refrein:
Loof die Heer, loof die Heer! Sing, gelowiges, saam ! Loof die Heer, loof die Heer! Prys Sy heilige naam ! Hy kom uit genade ons sondes versoen
Dat ons Hom vrymoedig "Ons Vader" kan noem 2. Ons lof aan die Skepper wat altyd getrou
Sy kerk hier kom vestig vernuwe en bou Vir ons inspireer en wil stuur deur Sy Gees om sout en om lig vir die wêreld te wees 3. Daar's lewe vir almal wat kom na die lig
Deur liefde en waarheid hul lewens laat rig:
om vry soos die wind maar gehoorsaam te wees Bring vreugde en volheid, voortdurende fees !
Cast your burdens
Cast your burdens, unto Jesus He cares for you
Cast your burdens, unto Jesus He cares for you
Higher higher, higher higher higher higher higher - lift Jesus higher Lower lower, lower lower lower lower lower - stamp Satan lower.
Ek’s so bly
Ek’s so bly ek behoort aan Jesus (3x) Halleluja prys die Heer!
Prys die Heer (amen, amen) (6x) Halleluja prys die Heer!
I’m so glad I belong to Jesus (3x) Halleluja praise the Lord!
Praise the Lord (amen, amen) (6x) Halleluja praise the Lord!
I will enter His gates
I will enter His gates with thanksgiving in my heart I will enter His courts with praise
I will say this is the day that the Lord has made I will rejoice for He has made me glad
Chorus:
He has made me glad (2x)
I will rejoice for He has made me glad! He has made me glad (2x)
I will rejoice for He has made me glad!
“Kom na My toe!” Kyk hoedat die
voëltjies vlieg -sommer so, hoog daarbo!
God laat al die voëltjies vlieg - hoog daarbo! Hy doen soveel meer vir my;
ek sal altyd dankbaar bly
en my nie bekommer nie
-Hy’s by my!
-Jeugsangbundel
I-Hy laat die sterre skitter
1. Hy laat die sterre skitter Hy laat die branders rol Hy laat die wolke sweef
Hy laat my leef (en ook vir jou)
Refrein:
Dis waarom ek Hom liefhet Hy het vir my gesterf
die Heer wat al’s gemaak het het aan die kruis gesterf! 2. Hy laat die voëltjies sing
Hy laat die kriekies kriek Hy laat die paddas kwaak
Hy’t my gemaak! (en ook vir jou) 3. Hy laat die wolwe huil
Hy laat die diere grom Hy laat die mense sing en vreugde bring
Verlustig jou in Hom
Verlustig jou in Hom, en Hy sal jou gee die begeertes van jou hart
verlustig jou in Hom
Oorwinnaars
Oorwinnaars, ons sal vasstaan op Sy Woord Oorwinnaars, deur Sy kosbare bloed
Oorwinnaars, ons sal altyd triomfeer deur Jesus Christus ons Heer
Wie dankbaar verlief is op gewone dinge, is ‘n ryk en gelukkige man...
-Phil
Bosman-My siel sal bly wees in die Heer
My siel sal bly wees in die Heer en in Sy verlossing sal ek juig
ek sal Hom loof in die gemeente van die heiliges voor ‘n skare Hom uitbundig prys
Juig al wat leef
Alternatiewe melodie
1. Juig al wat leef juig voor die Heer Dien God met blydskap gee Hom eer Kom nader voor Sy aangesig
en prys Hom met ‘n lofgedig Want goedentieren is die Heer Sy goedheid eindig nimmer meer Sy trou en waarheid hou hul krag tot in die laaste nageslag
Refrein:
Dankie Jesus, dankie dankie Jesus Dankie Jesus, dankie dankie Jesus Halleluja, loof Hom halleluja
Halleluja, loof Hom halleluja 2. Die Heer is God erken dat Hy
‘n eie volk vir Hom berei
‘n volk om Hom te dien en vrees en skape van Sy wei te wees
Loof loof die Heer
Loof loof die Heer (2x)
want Sy goedheid is tot in ewigheid loof, loof die Heer (2x)
want Sy goedheid is tot in ewigheid! Loof, loof die Heer (2x)
Loof, loof, loof die Here
want Sy goedheid is tot in ewigheid!
Ek weet, ek weet verseker
Ek weet, ek weet verseker daar is niks in hierdie lewe geen bose magte,
geen dood of eng’le
wat my kan skei van die liefde van die Heer (2x) As God dan vir my is, wie sal my kan teenstaan om nog beskuldigings teen my in te bring
en as die Vader my in Christus vrygespreek het wie sal Hom kan keer in Sy besluit om my te seën?
It’s Love
1. It’s love, it’s love, it’s love
that makes the world go round (x3) It’s love that makes the world go round! 2. It’s you, it’s you, it’s you
that make the love go round (x3) It’s you that make the love go round!
3. So pass it on, God love is free to everyone (x3) God’s love is free to everyone!
Op hierdie dag
(Dames eggo elke vers) Op hierdie dag (2x) het Hy opgestaan (2x) Op hierdie dag (2x) is die dood oorwin (2x)
Ons dink vandag aan ‘n wonderwerk God wat verlos maak van ons Sy kerk Ons kan die dag (2x)
nou met vreugde vier! Op hierdie dag (2x) is die Heil’ge Gees (2x) Op hierdie dag (2x) oor ons uitgestort (2x)
Ons dink vandag aan ‘n wonderwerk God wat verlos maak van ons Sy kerk Ons kan die dag (2x)
nou met vreugde vier! Laat ons vandag (2x) met ons harte werk (2x) Laat ons aanbid (2x) en die Here dien (2x)
Ons dink vandag aan ‘n wonderwerk God wat verlos maak van ons Sy kerk Aan Hom die lof (2x)
en aan Hom die dank!
It is a good thing
It is a good thing, to give thanks unto the Lord (2x) And sing His praises unto Thy name oh most High!
LOF TOT AANBIDDING
Genade, onbeskryflik groot
1 Genade, onbeskryflik groot Het U aan my bewys:
Verlore Seun 'n wegloopkind Weer in die Vaderhuis
2 Ek is die naam van kind nie werd Wou self my sake reël
My lewe, kanse, tyd en geld Is nutteloos verspeel
3 Maar U sien ver, oneindig ver U sien my honger, dors
Nog voordat ek kon skuld bely Druk U my aan die bors
4 Genade, onbeskryflik groot: Daar's fees, ek is weer tuis ! U Seun bring my - verlore mens Weer in die Vaderhuis
5. En jy, ou maat, daar eenkant weg Lyk of jy honger ly.
Kom na die Vader, kom maak reg, genade maak weer vry!
Luk 15:20 “Toe hy nog ver
aankom, het sy pa hom al gesien en hom innig jammer gekry. Hy
hardloop hom tegemoet, omhels hom en soen hom...
Geskryf deur die slawehandelaar John Newton nadat hy tot bekering gekom het...
Amazing grace
1. Amazing grace, how sweet the sound That saved a wretch like me
I once was lost, but now I'm found Was blind, but now I see
2. 'Twas grace that taught my heart to fear And grace my fears relieved
How precious did that grace appear The hour I first believed
3. Through many dangers, toils and snares I have already come, 'Twas grace That brought me safe thus far And grace will lead me home
4. When we've been there ten thousand years Bright shining as the sun
We've no less days to sing God's praise Than when we've first begun
U Goedertierenheid
1. U goedertierenheid oortref die lewe U goedertierenheid oortref dit Heer...
Refrein:
my lippe prys U en ek bring lof aan U
U goedertierenheid oortref alles Heer 2. Ek hef my hande op om U te eer
Ek hef my hande op om U te eer...
Joh 20:29 Gelukkig is die wat nie gesien het nie en tog glo...
Hy's die ene wat ek liefhet
Hy's die ene wat ek liefhet in die môre Hy's die ene wat ek liefhet in die aand Hy's die ene in die awend skemer, Hy's die ene in die middernag. Hy's die wynstok, ek is die rankie, Hy's die pottebakker, ek is die klei.
Tussen Hom en my kom daar nimmer meer 'n skeidingsmuur.
Al was ek nie daar nie
1 Al was ek nie daar nie ek weet dit is waar Die krip en Maria met die Kindjie by haar Dis asof die engel die boodskap nog bring Van Jesus, Sy vrede wat harte laat sing 2 Al was ek nie daar nie ek weet dit is so
Die herders en wyses het dit eerste geglo En deur al die jare bou Jesus Sy kerk:
Die Gees en die Woord kom geloof in ons werk
Loof Koning Jesus / All Hail King Jesus
1. Loof Koning Jesusloof Hom Immanuel Vredevors, Sterke God Blink Môrester
Saam met al die engele sal ons U lowe
Ons aanbid U Heer tot in ewigheid
2. All hail King Jesus all hail Immanuel
King of kings, Lord of lords Bright morningstar
and throughout eternity I want to praise Thee and for evermore, I will reign with Him!
Hand 4:12 Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie.
Horatio Spafford het die lied “It is well with my soul” geskryf nadat 3 van sy kinders verdrink het...
Al sou die vyeboom nie bot nie
Tradisionele melodie
Al sou die vyeboom nie bot nie
En daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, Al sou die olyfoes misluk
En die lande geen oes lewer nie,
Al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie En die beeskrale sonder beeste wees,
Nogtans sal ek in die Here jubel, Sal ek juig in God my Redder. Die Here my God gee vir my krag.
Hy maak my voete soos die van 'n ribbok, Op hoë plekke laat Hy my veilig loop Die Here my God gee vir my krag.
Hy maak my voete soos die van 'n ribbok, Op hoë plekke laat Hy my veilig loop
What a lovely name
What a lovely name, the name of Jesus reaching higher far, than the brightest star
For it is sweeter than the songs they sing in heaven let the world proclaim: what a lovely name!
He made the stars to shine He made the rolling sea He made the mountains high
and He made me (and the Lord made You) Now this is why I love Him:
For me He bled and died The Lord of all creation became the crucified!
Wat 'n vriend het ons in Jesus
1 Wat 'n vriend het ons in Jesus, Hy wat in ons plek wil staan; Wat 'n voorreg om gedurig
tot Gods troon deur Hom te gaan! Hoe verbeur ons tog die vreugde, ag, hoe dikwels ly ons smart net omdat ons nie ons node Uitstort in Gods vaderhart. 2 As versoeking en beproewing
Of as kwelling ons bedreig,
Laat ons nooit mismoedig word nie laat ons bedes opwaarts styg. Nêrens is 'n vriend getrouer as Hy wat ons node weet;
Jesus voel met al ons swakheid, en wil deel in al ons leed
3 Is ons swak, gedruk deur laste onder kommer neergebuk, dier'bre Heiland, onse toevlug, O, bevry ons weer van druk! As ons vriende ons versaak het, Soek ons in gebed die Heer, Aan Sy boesem is ons veilig, Hy vertroos ons keer op keer.
Joh 15:15 Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want ’n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende...
Jer 18:3 ..Hy was juis besig om iets op die skyf te maak...
Joh 15:14 Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel.
Wat ‘n ware vriend is Jesus
1. Wat ‘n ware vriend is Jesus Hy het in ons plek kom staan Ons kan altyd met vertroue deur Hom na die Vader gaan Nooit is ons by Hom ontydig oral kan ons met Hom praat as ons regtig na Hom luister gee Hy ons die beste raad! 2. Is ons eensaam en bekommerd
onder druk of in gevaar gaan vertel dit aan die Here bid, vertrou en laat dit daar! Nêrens is ‘n Vriend soos Hy nie niemand wat so goed verstaan Hy’s ons Redder, Hoop en Helper Ons kan voluit met Hom gaan!
Soos die klei in die hand van die pottebakker
1. Soos die klei in die hand van die pottebakker so is jy in My hand sê die Heer (2x)
Refrein:
Vorm my, Here God
Vorm my en vou my al kry ek seer vorm my, Here God
U weet hoe U my wil hê o Heer!
2. Soos die klei in die hand van die pottebakker so is ek in U hand o Heer
Soos die klei in die hand van die pottebakker so maak U my ‘n beeld tot U eer
All over the world
1. All over the world the Spirit is moving
all over the world as the prophet said it would be All over the world there's a mighty revelation
Of the glory of the Lord as the waters cover the sea 2. Right here in this place the Spirit is moving
Right here in this place as the prophet said it would be Right here in this place there's a mighty revelation Of the glory of the Lord as the waters cover the sea 3. Deep down in my heart the Spirit is moving
Deep down in my heart as the prophet said it would be Deep down in my heart there's a mighty revelation Of the glory of the Lord as the waters cover the sea
O Ewige God
Dieselfde melodie as “All over the world”
O, ewige God, ons Vader en Here
ons buig voor U neer, soos die Woord ons elke dag leer O, ewige God, deur die skepping sien die wêreld
dat U lewe en regeer, tot in ewigheid o Heer Verlosser en Heer, ons Koning en Here U wil ons nou eer, met ‘n loflied uit ons hart
Verlosser en Heer, aan die kruishout bring U redding en ons lofprys en ons sing, van U grootheid meer en meer! O Heilige Gees, ons Leidsman en Trooster
kom neem die beheer, en versterk ons in die geloof O Heilige Gees, deur U werking kom daar lewe en ons jubel in ons hart, want U Liggam sal herleef!
Soek allereers die koninkryk van God (Kanon)
* Soek allereers die koninkryk van God Soek na die wil van die Heer
Wat jul benodig sal die Vader gee Hy sal voorsien in sy oorvloed
** Halleluja! halleluiah! (* Groep 1)
Halleluja, amen, amen! (**Groep 2)
O magnify the Lord
O, magnify the Lord
for He is worthy to be praised! (X2) Hosanna, Blessed be the Rock
Blessed be the Rock of my Salvation! Hosanna, Jesus is the Rock
Jesus is the Rock of my Salvation!
The windows of heaven are open
The windows of heaven are open the blessings are falling tonight There’s joy, joy, joy in my heart since Jesus made everything right I gave him my old tattered garment He gave me a robe of pure white I’m feasting on manna from heaven and that’s why I’m happy tonight!
Ope 3:5 Elkeen wat oorwin, sal sulke wit klere dra...
Let there be love shared amongst us
1. Let there be love shared amongst us let there be love in our eyes
may now our love sweep this nation cause us o Lord, to arise
Give us a fresh understanding of brotherly love that is real
Let there be love shared amongst us, Let there be love! 2. Let there be joy...
3. Let there be peace...
Because He lives
God sent His Son, they called Him Jesus He came to love, heal and forgive He lived and died, to buy my pardon
An empty grave is there to prove my Saviour lives
Chorus:
Because He lives, I can face tomorrow Because He lives, all fear is gone Because I know, He holds the future
And life is worth the living just because He lives 2. How sweet to hold, a newborn baby
And feel the pride, and joy He gives But greater still, the calm assurance
This child can face uncertain days because He lives 3. And then one day, across the river
I'll fight life’s final war with pain
And then as death gives way to victory I'll see the lights of glory, and I’ll know He lives
Here, ons sal U loof
1. Here, ons sal U loof, U weldade roem U naam sal ons eer almagtige Heer Want U het wonders gedoen
2. Here ons sal U loof, U het ons verlos Uit duister bevry ons harte verbly Dit het U lewe gekos
3. Here, ons sal U loof, U weldade roem Dis U wat voorsien ons wil U graag dien En U "ons Vader" noem
Saggies en teer is die roepstem
1. Saggies en teer is die roepstem van Jesus Hy roep vir jou en vir my
Hy staan en wag aan die deur van ons harte Wag daar vir jou en vir my.
Refrein:
Kom tuis, kom tuis!
Almal wat moeg is, kom tuis!
Saggies en teer klink die roepstem van Jesus; Hy roep, o sondaar, kom tuis!
2. Waarom dan uitstel wyl die Heiland so pleit -Pleit daar vir jou en vir my?
Waarom dan wag en verwerp al Sy goedheid Goedheid vir jou en vir my?
3. Dink aan Sy liefde wat Hy ons beloof het Liefde vir jou en vir my
Hy skenk vergifnis, hoe groot ook ons sonde Skenk dit vir jou en vir my.
En as jy God wil ken, is dit nie nodig om ‘n uitleêr van raaisels te wees nie. Kyk liewers om jou en jy sal Hom met jou kinders sien speel. En kyk omhoog; en jy sal Hom in die wolke sien loop en Sy
arms in die weerlig uitsteek en neerdaal in die reën. Jy sal Hom in die blomme sien glimlag en dan opstaan en Sy hande in die bome
sien waai... -Kahlil
Gibran-O Heer my God
1. O Heer my God as ek in eerbied wonder En al U werke elke dag aanskou
Die son en maan die aarde, sterre, wolke Hoe U dit elke dag so onderhou
Refrein:
Dan moet ek juig my redder en my God ! Hoe groot is U hoe groot is U !
Want deur die hele skepping klink dit saam: Hoe heerlik, Heer U grote naam
2. Ek sien die veld die bosse, berge, vlaktes Ek hoor hoe fluister grasse stroom en wind O Heer, U sorg vir klein vir groot, vir alles En U sorg dag na dag vir my, U kind 3. U Seun word mens in ons gebroke wêreld
Kom vestig Hy Sy Konings heerskappy
Hy maak weer reg wat sonde hier geskend het Hy bring weer hoop en redding ook vir my 4. U maak ons deel van al U grootse werke
U laat ons bid, Heer dat U ryk mag kom En kom U weer in heerlikheid op wolke Maak U volkome nuut U eiendom
How great thou art
1. Oh lord, my God, when I’m in awesome wonder Consider all the works Thy hands hath made I see the stars, I hear the rolling thunder
Thy power throughout the universe displayed
Chorus:
Then sings my soul, my Saviour God, to Thee How great Thou art, how greatThou art (x2) 2. And when I think that God His Son not sparing
Sent Him to die - I scarce can take it in That on the cross, my burden gladly bearing He bled and died to take away my sin
3. When Christ shall come with shouts of acclamation And take me home what joy shall fill my heart Then shall I bow in humble adoration
And there proclaim: My God, how great thou art
Al sou dan ook die vyeboom nie bot nie
Al sou dan ook die vyeboom nie bot nie, al sou die wingerd sonder druiwe staan; die graan verdor, die vrugteboorde wegkwyn, die beeste, kleinvee, alles hier vergaan-nog sal ek juig en bly wees in my God Hy is my hulp, Hy gee my krag
Hy laat my loop waar rats die ribbok gaan Hy laat my vas en veilig staan!
Geloof is trane. ‘n Roep na God. ‘n Woordelose geskreeu om hulp. Geloof is my hulpeloosheid... (Johan Smit)
I keep falling in love with Him
I keep falling in love with Him falling in love with Him
over and over again 2x
It gets sweeter and sweeter as the days go by o what a love between the Lord and I
I keep falling in love Him
over and over (and over and over) again.
Father God I wonder
Father God I wonder how I managed to exist without the knowledge of parenthood
and Your loving care Now I am your child
I am begotton of Your promises and I will never be alone
cause Father God You’re here beside me I will sing your praises (3x) for ever more Father God
Waar daar liefde is
Waar daar liefde is, en deernis
Rom 11:33 O diepte van die rykdom en die wysheid en die kennis van God. Hoe ondeurgron-delik is Sy oordele, hoe onnaspeurlik Sy weë’!
Ek roem U naam
1. Ek roem U naam, ek wil graag sing Ek wil U eer, U hulde bring
Want daar is trou En liefde by U, Heer Refrein:
Ek wil voor U almag buig Met my hele hart getuig Van U groot ontferming Genade vir 'n sterfling
Ja, daar is geen einde aan U liefde nie 2. My diepste nood bring ek voor U
Ek bid tot U, ek vra U, Heer
Sien my tog raak, genees my grootste seer
I lift my hands
Dieselfde melodie as “Ek roem U Naam”
I Lift my hands, to the coming King to the great “I am”, to You I sing
for You’re the One Who reigns within my heart! I will serve no foreign gods
Nor any other treasure
For You are my hearts desire the Spirit without measure Unto Your Name, I will bring my sacrifice!
My hande hef
Dieselfde melodie as “Ek roem U Naam”
My hande hef, ek op na U ek loof U Naam, Ek buig voor U
want U is Heer, die Koning van my hart!
en niks is meer belangrik nie as dat U in my hart regeer daar is geen plek vir ander nie
voor U o Heer, lê ek nou, my lewe neer!
Ons Koning kom
Dieselfde melodie as “Ek roem U Naam”
1. Ons Koning kom, Hy’s die bruidegom en ons Sy bruid, wat wag vir Hom
Maak nou gereed, trek aan die bruilofskleed Jubel voor Sy aangesig, jubel in Sy helder lig Kniel in eerbied voor Hom neer.
Bring Hom hulde, bring Hom eer!
Ons rig ons oog, steeds op Hom, totdat Hy kom! 2. Ons Koning kom, Hy’s die bruidegom
en ons Sy bruid, wat wag vir Hom
Maak nou gereed, trek aan die bruilofskleed Laat Sy liefde brandend bly
die Trooster sorg vir jou en my Laat ons dan met blydskap gaan die Trooster gryp ons harte aan!
Ons rig ons oog, steeds op Hom, totdat Hy kom 3. Verblindend is U aangesig
Wie kan bly staan, in soveel lig? Ons sak gebroke voor U voete neer. U is driemaal heilig Heer
U toorngloed kan ons verteer Maar U reik in liefde uit, en maak ons U koningsbruid
Geloof is om te glo wat jy nie (kan) sien nie. En die gevolg hiervan is dat jy sien wat jy amper nie kan
glo nie..
-Augustinus-Majesteit
Majesteit glansryke heerlikheid
Ons wil Jesus die Koning, hulde bewys ! Majesteit hemelse heerlikheid
Straal van Sy troon tot waar ons woon ons wil Hom prys ! Kom ons loof, kom ons besing die naam van Jesus ! Kom ons loof, kom ons aanbid die Here ons God ! Majesteit heilige heerlikheid !
Hy het gesterf, ons heil verwerf Hy het oorwin !
Majesty
Majesty, worship His majesty
unto Jesus, be the glory, power and praise Majesty, Kingdom authority
Flow from His throne, unto His own His anthem raise!
So exalt, lift up on high the name of Jesus Magnify, come glorify Christ Jesus the King
Majesty, worship His majesty *Jesus who died, now glorified
King of all kings! (*2X)
Ek wil wandel op die godsweg
Ek wil wandel op die godsweg Heel my lewe hier en nou
Want daar is geen ander hoofweg Wat 'n kind van God kan hou Is die weg soms swaar en steil By die Heer is steeds my heil.
Ek wil wandel op die godsweg elke dag.
I want God's way
I want God's way to be my way As I journey here below,
For there is no other highway That a child of God should go.
Though the road seems steep and rough If He leads me it's enough.
I want God's way to be my way everyday.
Lord I lift your name
Lord I lift Your name on high Lord I love to sing Your praises I'm so glad You're in my life I'm so glad You came to save us Chorus:
You came from heaven to earth To show the way
From the earth to the cross My dept to pay
From the cross to the grave From the grave to the sky Lord I lift Your name on high
Herhaal lied 2x Herhaal refrein sonder begeleiding
Iemand het eenmaal vir ‘n groot teoloog gevra wat die grootste ontdekking is wat hy ooit gemaak het. Sy antwoord was: Jesus loves me - this I know, for the Bible tells me so!
Oorwinningslied
1. Ek sien in my Gees die glorie en die almag van die Heer Die allerhoogste wat in liefde oor Sy koningkryk regeer Hy't belowe aan die einde op die wolke kom Hy weer Hy is koning Hy regeer !
Loof Hom prys Hom halleluja (3x) Hy is koning Hy regeer !
2. Die Here is ons vesting wat vir altyd sal bly staan Hy beskerm elke mens wat in geloof na Hom toe gaan
Hy's ons skuiling, Hy's ons wapen, Hy't die vyand reeds verslaan
Hy's die rots wat ewig staan ! Loof Hom prys Hom halleluja (3x) Hy's die rots wat ewig staan !
3. Kom deel nou in ons loflied, hef jou hande op na bo
Blaas basuine slaan op tromme en kom dans voor God se oë Kom leef in die oorwinning van Sy Woord waarin ons glo Want Sy Woord sal ewig staan !
Loof Hom prys Hom halleluja (3x) Want Sy Woord sal ewig staan ! (3x)
O how I love Jesus
* O, how I love Jesus (3x)Because He first loved me ** Jesus loves me this I know
For the Bible tells me so Little ones to Him belong They are weak but He is strong Yes, Jesus loves me (3x) The Bible tells me so!
I want to praise You Lord
Men1. I want to praise You Lord Much more than I do I want to praise You Lord Much more than I do Learn to seek your face And the knowledge of your grace
I want to praise You
Ladies birds in the sky,
sing their songs to You trees in the field
lift their arms to You oh, I want to sing, oh, I want to lift my arms to You... 2. I want to love You Lord
Much more than I do I want to love You Lord Much more than I do Learn to seek your face And the knowledge of your grace
I want to love You
birds in the sky,
sing their songs to You trees in the field
lift their arms to You oh, I want to sing, oh, I want to lift my arms to You... 3. I want to know You Lord
Much more than I do I want to know You Lord Much more than I do Learn to seek your face And the knowledge of your grace
I want to know You
Vervolg...
birds in the sky,
sing their songs to You trees in the field
lift their arms to You oh, I want to sing, oh, I want to lift my arms to You...
4. I want to serve You Lord Much more than I do I want to serve You Lord Much more than I do Learn to seek your face And the knowledge of your grace
I want to serve You
birds in the sky,
sing their songs to You trees in the field
lift their arms to You oh, I want to sing, oh, I want to lift my arms to You...
5. I want to worship You Lord Much more than I do I want to worship You Lord Much more than I do learn to seek your face And the knowledge of your grace
I want to worship You
birds in the sky,
sing their songs to You trees in the field
lift their arms to You oh, I want to sing, oh, I want to lift my arms to You... I want to love You Lord!
Die vrug van die Gees
1. Die vrug van die Gees is liefde Blydskap, vrede, lankmoedigheid Vriendelikheid, goedheid, getrouheid Sagmoedigheid, selfbeheersing. 2. Die Bybel sê God is liefde
En liefde is ‘n vrug van die Gees Here, leer my daardie liefde Sodat ek meer soos U kan wees
Blessed Be The Name Of The Lord
1. Blessed be the name of the Lord (3x)
Most high 2x
Chorus:
The name of the Lord is a strong tower The righteous run into it
and they are saved 2x
2. Glory to the Name of the Lord (3x)
Most high 2x
3. Holy is the name of the Lord (3x)
Most high 2x
Come
1. Come, now is the time to worship
come, now is the time to give your heart come, just as you are to worship
come, just as you are before your God, come
Chorus:
One day every tonque will confess He is God One day every knee will bow
Still the greatest treasure remains for those who gladly choose Him now
2. Come, now in this time to worship
come, now in this time to give our hearts come, just as we are to worship
Jes 52:7 Hoe wonderlik klink op die berge die voetstappe van hom wat die goeie boodskap bring...
Ope 22:20 “Kyk, Ek kom gou!”
How lovely on the mountains
How lovely on the mountains are the feet of him who brings good news, good news
announcing peace, proclaiming news of happiness our God reigns, our God reigns!
Chorus:
Our God reigns Our God reigns Our God reigns Our God reigns!
Hy gaan kom op die wolke
1. Hy gaan kom op die wolke ja dis seker elke menslike oog sal Hom sien
as Hy kom bring Hy ook die verlostes en elkeen wat Hom in waarheid dien Ek bid U, o kom, Here Jesus
kom reinig my hart en my gees sodat wanneer U kom op die wolke ek gereed vir die bruilof sal wees. 2. Ek bid U o kom, Here Jesus
kom reinig my hart en my gees sodat wanneer U kom op die wolke ek gereed vir die bruilof sal wees. Ek bid U, o kom, Here Jesus kom reinig my hart en my gees sodat wanneer U kom op die wolke ek gereed vir die bruilof sal wees.
Vuur uit die hemel
1. Vuur uit die hemel en vuur in my hart (2x) Maak my rein, maak my skoon
Laat U Gees in my woon!
2. Vuur uit die hemel en vuur in my hart (2x) Ek wil bid, op U wag
laat my leef uit U krag!
3. Vuur uit die hemel en vuur in my hart (2x) Maak my vol, van U Gees
en gereed vir U fees!
Vuur uit die hemel en vuur in my hart (2x)
Bind us together
1. Bind us together Lord, bind us together With cords that cannot be broken ! Bind us together Lord,
Bind us together Lord, Bind us together with love. There is only one God, There is only one king ! There is only one body, That is why we sing
2. Keep us together Lord, keep us together With cords that cannot be broken ! Keep us together Lord,
Keep us together Lord, Keep us together with love.
Strome van seën
1. Strome van seën van bowe, Dit het die liefde beloof. Heerlike tyd van verkwikking Vloei uit ons Heiland en Hoof. Refrein:
Strome van seën Gee van U volheid ons weer Reeds val die druppels gedurig Skenk ons die strome o Heer! 3. Strome van seën van bowe
Daal met verfrissing tans neer. Skenk uit U hemelse volheid Skenk ons ‘n oorvloed o Heer! 4. Strome van seën van bowe
Gee dit al voller, o Heer! Dorstig en biddende wag ons, Word hier verheerlik o Heer.
As die lewenstorme woedend
1. As die lewenstorme woedend om jou slaan, En jy, gans ontmoedig, vrees om te vergaan -Tel jou seëninge tel hul een vir een,
En jy sal verbaas wees oor wat God verleen! Refrein:
Tel jou seëninge, tel hul een vir een, Seëninge jou deur God geskenk! Tel hul almal, kyk wat God verleen,
En jy sal verbaas wees oor wat God jou skenk!
2. As jy ooit gebuk gaan onder sorg en pyn. As die kruis te swaar word en jou krag te klein. Tel jou seëninge dan vlug twyfel heen,
En jy sien Gods goedheid laat jou nooit alleen! 3. As jy let op ander met hul goud en eer,
Dink dan God beloof jou nog oneindig meer; Tel jou seëninge weet dat prag en praal, Nooit die minste van die hemel kan behaal.
Ancient of days
Blessing and honour Glory and power
be unto the Ancient of days From every nation,
all of creation
bow before the Ancient of days Every tonque in heaven and earth shall declare Your glory
Every knee shall bow at Your throne -in worship.
You will be exalted, O God,
and Your kingdom shall not pass away, O Ancient of days.
Your Kingdom shall reign over all the earth Sing unto the Ancient of days
For none can compare to Your matchless worth Sing unto the Ancient of days.
Jesus
‘n Mens kan ontrou raak - Een is absoluut getrou. ‘n Mens kan omgekoop word - Een bly by Sy woord. ‘n Mens kan ineenstort
- Een se krag is van ewigheid af. ‘n Mens kan ongeduldig word - Een verdra alles.
Ek vertrou op God.
Hy is God. -Martin
Gutl-Al my twyfel
1. Al my twyfel, bring ek Jesus Hy sal Sy belofte hou
Nimmer sal Hy my beskaam nie op Sy Woord kan ek vertrou. Refrein:
Slegs vertroue, vol vertroue slegs vertroue op Sy Woord slegs vertroue, vol vertroue slegs vertroue op Sy Woord! 2. Al my sonde bring ek Jesus
wat my reinig deur Sy bloed Hy bewaar my rein en heilig deur Sy Gees in my gemoed 3. Al my vreugde bring ek Jesus
Hy is al wat ek begeer In my Heiland vind ek alles en my siel verlang niks meer.
En al word Christus ‘n duisend maal in Betlehem gebore
en nie in jou nie dan bly jy verlore. -Angelus
Silesius-Deur te sien op die kruis
1. Deur te sien op die kruis is daar lewe en heil is daar lewe vir jou en vir my.
Sien gelowig op Hom, word gereinig en leef want verlossing bied Jesus jou nou!
Refrein:
Sien op, sien en leef!
Deur te sien op die kruis is daar lewe en heil is daar lewe vir jou en vir my!
2. Nie jou trane, gebede, bekering, berou maar Sy bloed werk versoening vir jou.
Werp op Hom die gewig van jou sonde en skuld vlug na Jesus o sondaar vlug nou!
3. Neem nou aan in geloof en met vreugde en heil neem die lewe wat Jesus vir jou gee.
Wees verseker dat nimmer die dood jou meer tref Hy wat leef deel geregtigheid mee.
AANBIDDING
Wees stil en weet
1 "Wees stil en weet Ek is die Heer Ek spreek en wind en golwe bedaar Ek sal ook jou getrou bewaar" 2 "Wees stil en weet Ek is die Heer
Ek ken jou pyn, jou donkerste nag Ek is by jou, Ek gee jou krag"
3 "Wees stil en weet Ek is die Heer En bring na My jou kommer en vrees Ek sal vir jou 'n toevlug wees"
4 "Wees stil en weet Ek is die Heer Bly waak en bid, volhard in geloof Ek is by jou soos Ek beloof"
Kumbaja my Lord
1. Kumbaja my Lord, Kumbaja (3x) Oh Lord, Kumbaja
2. Someone’s crying my Lord.. 3. Someone’s praying my Lord... 4. Someone’s singing my Lord...
Wees genadig Heer
Dieselfde melodie as “Kumbaja my Lord”
1. Wees genadig Heer, spreek my vry Ek is sondig Heer, spreek my vry Heer vergewe my, spreek my vry O Heer, spreek my vry 2. U alleen kan help, praat met my
Breek die stilte Heer, praat met my Deur U Woord en Gees, praat met my O Heer, praat met my
3. Neem my aan o Heer, maak my vry Sien hoe vas ek is, maak my vry Vry om reg te leef, maak my vry O Heer, maak my vry 4. Here leer my bid, tot U eer
Here leer my werk, tot U eer Here leer my sing, tot U eer Alleen U tot eer
O diepte van die wysheid
1. O diepte van die wysheid en kennis van God Hoe ondeurgrondelik is die weë van God Heilig heilig heilig is die Here amen
2. Wie kan ooit Sy bedoeling volledig verstaan ?
Want uit Hom, deur Hom tot Hom, is al wat bestaan ! Hom kom toe die heerlikheid vir ewig amen
3. Ek wil met heel my wese, roep “heilig, Heilig” (2x) Heilig, heilig, heilig is die Lam aan die kruis!
Ons sien U Heer
1. Ons sien U Heer (2x) Hy vaar op in heerlikheid want die dood is oorwin Aan die regterhand van God tree Hy vir ons in
Refrein:
Die serafs roep “heilig” (2x)
Die serafs roep “Heilig is die Heer!” 2. Ons sien U Heer (2x)
en Hy sit daar op Sy troon waar Hy heers as Koning Hy het plek gaan voorberei in ons ewige woning
3. Ons sien U Heer (2x) Hy is helder soos die son en Hy kom op die wolke elke oog sal Hom sien Hy’s die Redder van volke.
Spreek Heer, spreek Heer
Spreek Heer, spreek Heer Want U *dienaar luister Net U Woord, Heer Bring weer lig in duister
(* “Dienaar” kan vervang word met “kinders”)
Soos 'n wildsbok wat smag na water
1. Soos 'n wildsbok wat smag na water Smag my siel na U, o Heer
U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer U alleen is my krag en skild Aan U alleen wy ek nou myself U alleen is my hartsverlange En ek loof U as my Heer
2. Heer my Rots, net op U vertrou ek vir U leiding elke dag
U aanbid ek, o Here Jesus vir U wysheid en U krag Vredevors en Verlosser, Heer Voor U lê ek nou my lewe neer U aanbid ek, o Here Jesus en ek bring aan U die eer. 3. Heer my God, in U is ek rustig
Deur U Gees bewaar U my
Gees van God neem beheer en lei my om myself aan U te wy.
U alleen is my bron van krag op U alleen wil ek biddend wag U alleen is my hartsverlange en ek buig my voor U neer.
As the deer
1. As the deer panteth for the water so my soul longeth after Thee You alone are my hearts desire and I long to worship Thee! Chorus:
You alone are my strength and shield to You alone my my spirit yield
You alone are my hearts desire and I long to worshipThee
2. You’re my friend and You are my brother even though You are a King
I love You more than any other so much more than anything... 3. I want You more than gold or silver
only You can satisfy
You alone are the real Joy-giver and the apple of my eye...
U is waardig
U is waardig om die boek te neem En sy seëls oop te maak
Want U het ons met U bloed gekoop Uit elke nasie, volk en taal Halleluja, halleluja
Ons is duur gekoop deur Jesus bloed Halleluja, halleluja
Ons is duur gekoop deur Jesus bloed
Vader, Seun, Heil’ge Gees
1. Vader, Seun, Heil'ge Gees Hoe sal ons U heerlikheid Kan verwoord, U lof besing Met 'n aardse stem ?
Refrein:
Eer die Vader, eer die Seun Eer die Gees as God en Heer Eer ons God as majesteit Loof Hom tot in ewigheid 2. Woord uit woord, Lig uit lig
Kom as mens op aarde Bo begrip en bo verstand Is U grootheid, Heer
Praise anthem
Dieselfde melodie as “Vader, Seun, Heil’ge Gees”
1. Lord of lords , King of kings You alone are worthy
All the earth and heavens sing Praises to your name
Chorus:
Praise the Father, praise the Son Praise the Spirit everyone
Praise the King of glory, praise Him for eternity ! 2. Lamb of God , holy One
Righteous and forgiving Morning Star , rising Sun There is none like You.
Koning Seun
Dieselfde melodie as “Vader, Seun, Heil’ge Gees”
1. Koning Seun, Opperheer Vors van vrede, U’t gekom Hemel aarde, jubel saam Loof Sy Heilige Naam! Refrein:
Loof die Vader, Loof die Seun Loof die Trooster, Heil’ge Gees Loof Sy ryke majesteit
Loof Hom tot in ewigheid 2. Seun van God, need’rig mens
U moes sterf dit was Gods wens Offerlam, U bloed bevry
Sondaars - ek en jy Refrein:
Loof die Vader, Loof die Seun Loof die Trooster, Heil’ge Gees Loof Sy ryke majesteit
Loof Hom tot in ewigheid 3. Hoor die lied, wat ons sing
U het dood en graf oorwin U’s die Een, wat ons versterk, lewensbron van U kerk! Refrein:
Loof die Vader, Loof die Seun Loof die Trooster, Heil’ge Gees Loof Sy ryke majesteit
Loof Hom tot in ewigheid
Vroeg in die m ôre soek ek U,
heerlike, heilige God, lig, ewige glans, skeppende krag, en dank U vir U dag. U maak lig en
duisternis,
maak dit ook in my lig in die vroeë môre van U dag.
U Woord is die Lig. Praat met my. U waarheid is die lewe,
maak dit lewend in my,
dat ek die dood nie meer vrees nie.
-Jorg
Zink-U het die brood gebreek
1 U het die brood gebreek eensby die meer breek nou die lewensbrood vir my ook, Heer Wil steeds U waarheid meer aan my ontvou Tot ek ook in U Woord my Heer aanskou 2 U is die lewensbrood Heiland, vir my
U is die waarheid, Heer U maak my vry U beeld straal uit die skrif so helder voort U soek ek Heer, Uself o lewend' Woord 3 Soos wat U Gees ons lei wil ons U dien Met krag en liefde deur Uself voorsien ! Waar ons gelowig volg waar U ook lei Doen ons die goeie werk deur U berei
Vader, ons eer U
1. Vader, ons eer U ons loof U as bewaarder U wat heel die skepping onderhou
U gee son en reën ons ontvang U seën Heel die skepping wentel om U trou 2 Jesus, ons eer U ons loof U as Verlosser
Ons is U gemeente hier tesaam
Hoor ons as ons sing U ons loflied bring Ons as vrygekooptes prys U naam
3 Trooster, ons eer U - U woon ook in ons harte Ons is met U Heil’ge Gees, gedoop
U wat rig en lei staan ons altyd by U versterk ons Gees U gee ons hoop
Ons is almal hier tesaam
1. Ons is almal hier tesaam, vergader in Sy naam verheerlik Hom
tot die dood was Hy getrou en daardeur is ons nou Sy eiendom
Laat ons maak soos Hy ons sê. Mekaar steeds lief te hê
En Hom bo alles eer
loof Hom, Christus, die Heer
2. Ons is almal hier tesaam, verenig in Sy naam -verheerlik Hom
Maak ons hart en mond en hand Ons kragte en verstand, U eiendom Hou ons lewend deur U Gees Dat ons U lief kan hê
En U bo alles eer
Jesus Christus, die Heer !
Addisionele verse uit ou CSV-bundel:
3. So vergeet net van jouself, dink nou net aan Hom -verheerlik Hom... (2x)