• No results found

H.N. Pieters M.Com.(RAU), G.R. (SA), T.O.o.

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "H.N. Pieters M.Com.(RAU), G.R. (SA), T.O.o."

Copied!
8
0
0

Loading.... (view fulltext now)

Full text

(1)

Die publikasies van die Randse Afrikaanse Universiteit verskyn in die volgende reekse:

A: Intreeredes en lesings

B: Navorsing deur dosente en studente C. Monografiese reeks

Die menings hierin uitgespreek; Is die van die skrywer en nie noodwendig die van die UniversHeit nie.

ISBN 0-86970-290-4

@Kopiereg Randse Afrikaanse Universiteit

Randse Afrikaanse Universiteit

Rekeningkunde in Perspektief:

'n

H istoriese oorsig en

fundamentele evaluering

H.N. Pieters

M.Com.(RAU), G.R. (SA), T.O.o.

Rede uitges.preek by. die aanvaarding van die amp van Hoogleraar In Rekenlngkunde aan die RAU op

Dinsdag, 9 Junie 1987.

Publikasiereeks van die Randse Afrikaanse Universiteit A 179

Johannesburg

1987

(2)

.OPSOMMING

Historiese gebeurtenisse is belangrik omdat die denke en aksies vandag baie meer gebruik maak van die idees wat in die verlede onstaan het as wat soms besef word. Die hou van rekords het in ±3 600 voor Christus ontstaan. Die eerste publikasie wat die stelsel van dubbelinskrywings in boekhouding beskryf het, is in 1494 in Venesie gepubliseer.

'n Teoretiese struktuur vir rekeningkundige verslaglewering kan begin word met 'n ondersoeK van dit wat gerapporteer behoort te word volgens 'n gegewe stel postulate, of dit kan as vertrekpunt neem sekere aannames in verband met die behoeftes van verbruikers van finansiele state.

Rekeningkunde as professie kan slegs sinvol bedryf word mits dit Rekeningkunde as wetenskap as onderbou gebruik.

Navorsingsprojekte moet daarop gerig wees om teoriebou te bevorder of daarop gerig wees om oplossings vir praktiese probleme te verskaf. Die grootste enkele faktor op die ontwikkeling van Rekeningkunde as vakwetenskap in die volgende dekade is die toenemende mate waarmee die rekeningkundige funksies met behulp van rekenaars uitgevoer word. Gerekenariseerde bestuursinligtingstelsels neem in belangrikheid toe en daarom moet die rekenmeester oor 'n grondige kennis van rekenaar­ dataverwerking beskik.

SUMMARY

Historic events are important because thoughts and actions of today make use of ideas that have their origin in the past, more than is sometimes realized. The keeping of records originated in ± 3600 before Christ. The first publication that described the system of book-keeping by double entry was published in Venice in 1494.

A theoretical structure for the raportage of accountancy can start with an investigation as to what should be reported according to a given set of postulates or it can have its point of reference in certain assumptions with regard to the needs of users of financial statements.

Accountancy, as a profession, can only be practised significantly if it uses Accountancy as a science as its substructure.

Research projects must be directed toward the generating of theories or directed toward the solution of practical problems.

The largest, single factor in the development of Accountancy as a science in the next decade is the increasing degree as to which functions of accountancy are accomplished with the help of computers.

Computerized administrative information systems are becoming increasingly important, which is why the accountant must have a thorough knowledge of computer data processing.

(3)

Rekeningkunde in Perspektief:

'n

Historiese (qorsig en

fu ndamentele) eva Iuering

Geagte Meneer die rektor, Dames en here

My rede is ingedeel onder die volgende hoofde 1. Die historiese ontwikkeling van Rekeningkunde

2. Die teoreties-fundamentele vertrekpunte van Rekeningkunde

3. Konseptuele riglyne aan die hand van die teoreties-fundamentele vertrekpu nte

4. Rekeningkunde in 'n geordende professie 5. Rekeningkunde in die volgende dekade.

1. Die historiese ontwikkeling van Rekeningkunde

Die aard van my onderwerp en die belangrikheid van historiese ge­ beurtenisse noop my om 'n kort oorsig te gee van die geskiedkundige ontwikkeling van Rekeningkunde. Dit is immers welbe:kend dat: As ,gevolg van die beskikbaarheid van literatuur, die denke en aksles vandag bale meer gebruik maak van die idees wat in die verlede onstaan het as wat soms besef word.

Die hou van rekords Iiet plus minus 3600 voor Christus ontstaan en sommige rekeningkundige begrippe kan nagespoor. word tot ~ie vro~e Griekse en Romeinse tydperke. Die ontstaan van die dubbelmskrywmgstelsel ge­ durende die 14de eeu word beskou as die beginpunt vir die ontwikkeling van rekeningkundige denke en rekeningkundige begrippe.

Die eerste rekord van 'n volledige stelsel van boekhouding wat van dubbelinskrywings gebruik gemaak het is gedurende 1340 in Genoa, Itali~, gevind. Die dUbbelinskrywingstelsel ~atree~sses en.'n half eeue gelede m gebruik is impliseer die volgende dne bas lese begnppe wat vandag nog relevant is:

1) Die besigheidsentiteitsbegrip en die gepaardgaande verwantskappe tussen sake-ondernemings.

2) Die feit dat transaksies in moneh3re waarde geboekstaaf is impliseer dat verskillende items met 'n gemeenskaplike eenheid gemeet is.

3) Die gebruik van uitgawe en ekwiteitsrekeninge impliseer dat daar. toe reeds ten minste 'n gedeeltelike begrip was vir die verskil tussen kapltaal en inkomste.

Die eerste publikasie wat die stelsel van dubbelinskrywings i~ b~ekhouding beskryf en redes verstrek het waarom dit so behoo~te wees IS .dle. werk van Luca Pacioli: Summa de Arithmetica, Geometna, ProportIOn! et Por­ portionalita wat in 1494 in Venesie gepubliseer is.

Alhoewel sekere basiese begrippe van die vroee eeue vandag nog toepaslik is, is daar egter interessante verskille tussen die .metodes wat toe aan~ewend was en die doelwitte wat nagestreef was en die metodes en doelwltte wat vandag ter sprake is. Ek noem slegs 'n paar voorbeelde: . 1) Voor die 16de eeu was die hoofdoelwit van Rekeningkunde om tyd!ge

inligting aan die eienaar te gee. Daar was geen sprake van eenvormlge

verslagleweringstandaarde nie. . , .

2) 'n Tweede eienskap van daardie tydperk was dat daar me n onderskel,d gemaak is tussen die onderneming as entit~it en die ei~naarva.n die onderneming nie. Hieruit voortvloeiend was dlt dan ook die ge:brulk dat bates in geheel saamgegroepeer was. Voorraad het besta~~Ult konta~t, beleggings, grond en geboue, klerasie en aile ander beslttmgs van die eienaar.

3) 'n Wesenlike gebrek by die boekhouers van daardie tydperk was dat die begrippe "rekeningkundige tydperk" en "die aaneenlopende aard van 'n sake-onderneming" vir hulle nie belangrik was nie.

(4)

Ontwlkkeling gedurende die 17de en 18de eeue.

Aan die einde van die 15de eeu het die Italiaanse stede polities sowel as ekonomies in belangrikheid afgeneem. Met die ontdekking van die Nuwe wereld het nuwe handelsroetes tot gevolg gehad dat Spanje, Portugal en Nederland hoog aangeskrewe sakesentrums geword het. Die. dubbel­ inskrywingstelsel het gedurende hierdie era ontwikkel vanaf rekenlnge wat slegs persoonlike verwantskappe tussen handelaars voorgestel het tot rekeninge vir kontant, voorraad en uitgawes.

Die grootste bydrae tot die ontwikkeli.ng van di~ Rekeni~gkunde.gedurende

hierdie tydvak was die totstandkomlng van. die "rekenlng~undlgetydperk postulaat". Volgens hierdie postulaat moet Inkomste en ultgawerekenlnge aan die einde van elke rekeningkundige tydperk afgesluit word. Gedurende 1673 is die "Code of Commerce" in Frankryk uitgereik wat bepaal het dat elke sakeman minstens elke twee jaar 'n balansstaat moes opstel. Die rede vir hierdie vereiste was omdat ondernemings wat vir 'n enkele transaksie aangegaan is in groter mate vervang is deur langtermyn ondernemings. Die laaste noemenswaardige bydrae van hierdie periode in die rekening­ kundige ontwikkelingsproses was die IndustrieHe Revolusie met die gevolglike totstandkoming van ond~rnemingsvorme soos maatskappye waarvoor in die Rekeningkunde voorslen moes word.

Ontwikkeling gedurende die 19de en 20ste eeue.

In die 19de eeu het 'n reeks ekonomiese gebeure hoofsaaklik in Engeland en die VSA aanleiding gegee tot 'n omvangryke uitbreiding van die Re­ keningkunde en Rekeningkundige stelsels. Gedurende die fase het die gebruikers van finansiele state toegeneem tot aandeelhouers, bel eggers, krediteure en die fiskale owerheid.

Aan die begin van die 20ste eeu het Rekeningkunde met rasseskrede ontwikkel as gevolg van die volgende gebeurtenisse.

(i) Rekeningkundige literatuur en nuwe onderrigmetodes.

Voorheen is die joernaal as die belangrikste rekeningkundige rekord beskou. Daar was baie min waardering vir die verwantskap wat tussen verskillende rekeninge bestaan het. Literatuur het bestaan uit reels wat gememoriseer moes word sodat transaksies in die joernaal geboek­ staaf kon word.

(ii) Die Industriele Revolusie en die invloed daarvan op koste berekening. As gevolg van die tegnologiese veranderinge tree waardevermindering sterk na Yore. Waardevermindering het soos ander bokoste wesenlike waardes verteenwoordig en dit het sy invloed gehad op die waardasie van voorraad.

(iii) Die ontwikkeling van die vervoerwese. Spoorvervoer het 'n kapitaal­ intensiewe infrastruktuur vereis. Dit op sigself het sy invloed op rekeningkundige denke gehad want die onderskeid tussen kapitaal en inkomste het belangriker geword.

(iv) Die fiskale owerheid

Die fiskus het wette neergele waarvolgens belasbare inkomste bereken moes word. Die belasbare inkomste het gewoonlik verskil van die

rekeningkundige inkomste. Die verskil het aanleiding gegee tot uitgestelde belasting.

(v) Die ontstaan van groot sake-ondernemings met die noodwendige gevolge van

Likwidasies Reorganisasies Oornames Amalgamasies

Omskepping van een ondernemingsvorm in 'n ander. (vi) Die maatskappywet: N r. 46 van 1926

Nr.61 van 1973

(vii) Die totstandkoming van die Openbare Rekenmeesters en Ouditeurs­ raad Wet Nr. 51 van 1951

2. Die teoretles-fundamentele vertrekpunte van Rekenlngkunde 'n Teoretiese struktuur vir rekeningkundige verslaglewering kan begin word met 'n ondersoek van dit wat gerapporteer behoort te word volgens 'n gegewe stel postulate of dit kan as vertrekpunt neem sekere aannames in verband met die behoeftes van gebruikers van finansiele state. By albei die vertrekpunte behoort 'n logiese verantwomdbare teoretiese struktuur vir die ontwikkeling van gesonde rekeningkundige praktyke die volge~dein, te: sluit. . 2.1 'n Besluit ten opsigte van die postulate wat op die entltelt van toepasslng

is.

2.2 'n Evaluering van die gebruiker van finansiele state se behoeftes en sy vermoe om die inligting te verstaan, te ontleed en sinvolle afleidings te maak.

2.3 Die keuse van dit wat gerapporteer behoort te word. Die keuse sal meebring dat die doelwitte en aktiwiteite van die entiteit beoordeel sal moet word teen die doelwitte van Rekeningkunde as vakgebied. 2.4 'n Evaluering van die moontlike maatstawwe en beskrywende prosesse

waarvolgens inligting ten opsigte van die entiteit openbaar gemaak word.

2.5 'n Evaluering van die beperkinge in verband met die maatstawwe en beskrywende prosesse van die entiteit.

2.6 Die ontwikkeling van beginsels wat as riglyne gebruik kan word by die formulering van prosedures en reels.

2.7 Die formulering van 'n struktuur en formaat vir die versameling en verwerking van data en vir die opsomming en verslaglewering van relevante inligting.

Die teoretiese struktuur kan gesien word as 'n poging om te voldoen aan die behoeftes van sowel die interne as eksterne gebruikers van finansiele state. Dit vorm die fundamentele basis vir Rekeningkunde en waaraan die rekenmeester moet voldoen.

Rekeningkunde as professie is die toepassing van kennis op sekere teOietiese probleme wat uit transaksies voortvloei. Wanneer die reken­ meester as praktisyn optree bemoei hy hom in 'n groot mate met aspekte van verslaglewering, bestuursraadgewende dienste en ontleding en vertolking van finansiele state. As wetenskaplike bemoei die rekenmeester hom onder 2

(5)

andere met die verbreding van wetenskaplike kennis deur navorsing en die ontwikkeling van standpunte in verband met rekeningkundige hantering en openbaarmaking.

Die modus operandi van die Rekenmeester sentreer dan ook primer rondom die finansiele verslaglewering van die groot aantal ondernemingsvorme. Hierdie modus operandi van die RekenmAester behels die volgende fases:

(i) Die identifisering van die transaksie (ii) Die vaslegging van die transaksiedata (iii) Verwerking van die data

(iv) Opstel van finansiele state

(v) Ontleding en vertolking van finansiele state

Deur die modus operandi word die fundamentele vertrekpunte wat vroeer vermeld is bevestig deurdat dit die professionele funksie, wat voorafgegaan is deur wetenskaplike navorsing, uitspel.

Hieruit vloei noodwendig voort dat Rekeningkunde 'n dualistiese dissipline is wat uit die volgende twee onlosmaaklike fasette bestaan. Eerstens moet Rekeningkunde as 'n wetenskap beskou word waar die primere klem val op toegepaste navorsing met probleemstellings wat uit die praktyk voortvloei en andersyds moet Rekeningkunde gesien word vanuit 'n professionele oogpunt met die toepassing van teoretiese kennis en insig op praktiese probleme.

3. Konseptuele riglyne aan die hand van die teoreties-fundamentele vertrekpunte

Die twee genoemde fasette van Rekeningkunde impliseer dat daar konseptuele riglyne behoort te wees waarvolgens die dissipline bedryf behoort te word. In hierdie verband wil ek die volgende uitspel.

3.1 Rekeningkunde het 'n reg op voortbestaan slegs as dit as professie en wetenskap bedryf word. Die raakvlak is noodsaaklik en die twee fasette is interafhanklik want Rekeningkunde as professie kan slegs sinvol bedryf word mits dit Rekeningkunde as wetenskap as onderbou gebruik. 3.2 Die raakvlakgebied tussen Rekeningkunde as professie, en Rekening­

kunde as wetenskap, is dan ook die enigste gebied waarbinne die professionele rekenmeester behoort op te tree.

3.3 Deur die raakvlak word die teorie en praktyk nader aan mekaar gebring maar dit gaan ook baie verder. Die gebied wat deur die raakvlak begrens word is die enigste plek waarbinne die rekenmeester kan fungeer deur wetenskaplike kennis op praktiese probleemsituasies toe te pas.

(

3.4 Die interafhanklikheid van teorie en praktyk dui geensins daarop dat die

twee fasette altyd in dieselfde verhouding tot mekaar, binne die

\

raakvlakgebied, sal staan nie. Dit is trouens dan ook nie veronderstel om so te wees nie want daar is te veeI eksterne praktiese faktore soos wetgewing en ander regulasies wat op sekere ondernemings van toepassing is.. Om hierdie konstante faktore in die raakvlakgebied te integreer sal dit soms vir die praktisyn as professionele persoon nodig wees om 'n baie groter bydrae as die praktisyn as wetenskaplike te lewer.

Maar ook hier sal die wetenskaplike verantwoorde oplossings, vir die konstanthede in die praktyk moet vind. Dit maak die rol van die wetenskaplike benadering nog belangrikerwant dit is nie die verhouding van die insette wat as maatstaf dien nie maar wei dat daarte aile tye binne die konseptuele raakvlakgebied geopereer sal word.

Wetenskap Professie

(

\

Dit is dan ook 'n doelwit by die opleiding van rekenmeesters aan die RAU om Rekeningkunde binne die raakvlak van wetenskap en professie te doseer sodat die voornemende Geoktrooieerde Rekenmeester reeds op 'n vroee stadium die teorie en die praktyk sinvol kan integreer.

4. Rekenlngkunde In 'n ge~rdendeprofessie.

Met die voorgaande konseptuele model as basis wit ek graag 'n paar gedagtes uitspreek in verband met navorsing in Rekeningkunde en dan ook die rol wat die gebrdende professie daarin vervul. Ten einde dit te kan doen sal die volgende aktuele aangeleenthede aangeraak moet wo,rd.

4.1 Wat is die gebruikswaarde van navorsingsresultate?

Dit is vroeer reeds genoem dat Rekeningkunde 'n toegepaste wetenskap is. Hierdie eienskap het tot gevolg dat in die toepassing van die vakgebied die behoeftes van die verskeie belanghebbendes die beste

(6)

gedien behoort te word. Navorsingsprojekte wat aangepak word sonder dat dit die teoriebou bevorder of daarop gerig is om oplossings vir praktiese probleme te verskaf veroorsaak slegs ongeduld en irritasie by die praktisyn want die praktisyn soek juis sinvolle oplossings vir praktiese probleme. Waarvoor ek hier pleit is dat daar in Rekeningkunde nie navorsing vir die boekrak gedoen sal word nie.

4.2 In watter gestalte verskyn navorsingsresultate?

Navorsingsprojekte wat daarin slaag om teoriebou te bevorder en oplossings vir praktiese probleme te verskaf word in die vorm van standpunte: "Standpunte oor Aigemeen Aanvaarde Rekeningkundige Praktyk" deur die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Reken­ meesters uitgereik. Standpunte oor AARP is die riglyne wat deur die georganiseerde professie neergele word vir die hantering en open­ baarmaking van finansiele aangeleenthede. Die praktisyn behoort finansiele state op te stel ooreenkomstig die bepalings van AARP en indien hy daarvan afwyk behoort dit openbaar gemaak te word.

4.3 Watter navorsingsbydrae word deur die akademikus gelewer?

As dit wat ek so pas gese het in gedagte gehou word ontstaan die vraag onwillekeurig - In welke mate lewer die akademikus in Rekeningkunde dan 'n navorsingsbydrae? Die vraag is relevant omdat dit tradisioneel 'n taak van akademici is om navorsing te doen en kan slegs beantwoord word deur die volgende faktore in ag te neem:

a) Die behoeftes van verskillende ondernemingsvorme en gebruikers van finansiele state.

b) Bestaande wetgewing.

c) Die insette van die ge6rganiseerde professie. d) Die primere taak van die Rekeningkunde dosent.

Punte (a) tot (c) is reeds vroeer in my rede in oorsig geneem. In verband met die primere taak van die doserit wys ek graag op die volgende:

(i) Die aantal studente waarmee ons werk maak ons onderrigtaak soveel belangriker. Daar is vanjaar meer as 900 studente wat Rekeningkunde 1 as yak neem en ons het ±200 honneurs studente en ± 30 M.Com. studente. Hierdie getalle sluit nie die 1 300 studente in wat op tweede- en derdejaar vlak Bestuursrekeningkunde, Rekeningkunde, Ouditkunde, Belasting en Statutere oudits as vakke neem nie.

(ii) Die koste aspek

Dit kos vir die staat en dus die belastingpligtige plus minus R6 000

om 'n student vir een jaar aan 'n universiteit te laat studeer. Die bed rag sluit nie die bedrag wat ditvirdiestudentself of sy ouer kos in nie.

(iii) Navorsing en personeelvoorsiening

Navorsing met die oog op vakkundige publikasie gaan hand aan hand met die benutting van personeellede se tyd. Die departement rekeningkunde, grootste departement aan die RAU, het huidiglik

slegs 55% van die poste gevul waarop ons vol gens die persone~l­

formule geregtig is. Dit is dus vir ons baie belangrlk dat die beskikbare personeel se tyd optimaal benut sal word in belang van ons studente.

Die huidige salarisstruktuur maak ons taak aansienlik moeiliker. ~it

wil voorkom of die salarisse aan universiteite agter geraak het by die van die privaatsektor en die Staatsdiens en in die verband word ons departement, waarvan aile personeellede geoktrooie~rdereken­ meesters is, relatief baie nadelig getref. Dit sal dalk nodlg word om hierdie aangeleentheid, in belang van die universiteit, deeglik te heroorweeg.

Wanneer ek die faktore noem wil dit dalk voorkom asof ek wil se navorsing is nie vir ons belangrik nie en dat ons slegs wil onderrig. Dit is nie waar nie trouens die navorsingsfunksie is 'n integrale deeI van die Onderrigfunksie.' Wat wei

w~ar

is, is dat. ons

~uid!ge

personeelsituasie 'n ernstige belem~e~lngplaa? op die pubilserlng van ons navorsingsresultate. Onderng In Rekenlngkunde kan slegs sinvol geskied indien deeglike navorsin~v,?oraf .gedoen word en hierdie navorsing vind dan weer gestalte In die leslngs en drukwerk wat tot die studente se beskikking gestel word.

5. Rekeningkunde in die vol.gende dek~de. .

Ten einde 'n toekomsblik vir die ontwlkkellng In Rekenlngk~nd~as ~ak­

wetenskap te doen is dit nodig dat aandag geg~ew~rd.aa.n die dlsslJ?llnes waaruit die vakgebied bestaan. Die volgende vier dlsslpllnes word In die Departement Rekeningkunde onderskei:

- Finansiele Rekeningkunde - Ouditkunde

- Bestuursrekeningkunde - Belasting

Die grootste enkele faktor op die ontwikk~ling.in .al die bogenoemde dissiplines (met die uitsondering van belastlng) IS die toenemen~emate waarmee die rekeningkundige funksies met behulp van rekenaars ultgevoer word.

In die praktyk is die rekenmeester gemoei<;l met <;lie be~tuur en beheer van gerekenariseerde inligtingstelsels terwyl die .oudlteur vir dl~~udltdaarvan verantwoordelik is. Die rekenmeester sal dan In die toekoms In n groot mate met rekenaarspesialiste moet saamwerk in die ontwikkeling, onderhoud en bedryf van rekenaarstelsels en verwante kontroles.

Gerekenariseerde bestuursinligtingstelsels neem in bela.ngrikheid toe en daarom moet die rekenmeester oor 'n grondlge kennls van re,kenaa.r­ dataverwerking beskik. Hieruit volg dat rekenaarwete.nskaJ?pe n bale belangrike raakpunt met rekeningkundige en verwante dlSSlpllnes vorm. Verwagte ontwikkeling van die onderskeie dissiplines.

(7)

5.1 Finansie/e rekeningkunde

Die twee hooffunksies van finansiele Rekeningkunde bestaan uit: - Verwerking van transaksiedata, en

- Verslagdoening aan belanghebbendes. a) Verwerking van transaksiedata

Rekenaarverwerking verskil van die tradisionele handstelsel daarin dat die invoer van 'n enkele transaksie die bywerking van verskeie rekords tot gevolg het. Die onderrig van hierdie vakgebied sal in die toekoms baie meer rekenaargerig moet wees en meer spesifiek ten opsigte van on twerp, instandhouding en kontroles om te verseker dat verwerking akkuraat en volledig geskied.

b) Verslagdoening aan be/anghebbendes

Die hoofdoelwit van finansiEHe rekeningkunde is om verslag te doen van inligting wat deur die rekeningkundige prosedures beskikbaar gestel is. Die wyse waarop die inligting verwerk is is irrelevant ten opsigte van die verslagdoeningsfunksie. Vir die doeltreffende benutting van rekeningkundige inligting moet dit behoorlik in 'n verslag saamgevat wees. Dit sal in die toekoms 'n primere taak van die rekeningkunde as vakwetenskap bly om die formaat, vir die aanbieding van finansiele verslae, daar te stel.

Die verslagdoeningsfunksie sal steeds daarop toegespits moet wees om:

Verslagdoeningstandaarde te ontwikkel sodat veranderende in­ Iigtingsbehoeftes bevredig kan word, en

Metodes daar te stel sodat die inligting wat in die verslae vervat is sinvol benut kan word.

Eersgenoemde sal navorsing ten opsigte van behoeftes van die gebruikers van finansielestate en behoorlike verslagdoening vereis terwyl laasge­ noemde navorsing na verbeterde metodes van ontleding van finansiele inligting sal verg.

5.2 Ouditkunde

Ontwikkeling op die gebied van Ouditkunde is nou verwant aan die rekenarisering van rekeningkundige rekords. Die ouditeur sal hom moet vergewis dat slegs geldige data verwerk word, dat die verwerking volledig en akkuraat geskied en dat bygewerkte rekords bewaar bly. Dit vereis behoorlike kontrole oor programontwikkeling en instandhouding, toe­ gang tot bronne en die databasis en oor die gebruikersgerigte opsies. Die rekenaarouditeur sal in 'n groter mate bedag moet wees op rekenaarsekuriteit en bedrog.

Die ouditeur sal vervolgens op hoogte moet bly met ontwikkelinge ten opsigte van verslagdoeningstandaarde en die toepaslike wetsvereistes wat op die onderneming van toepassing is.

5.4 Bestuursrekeningkunde

Bestuursrekeningkunde bestaan uit die volgende drie hoofkompo­ nente

Kosteberekening

Dit behels die ontwerp, implementering en instandhouding van geskikte kostestelsels om enersyds koste te beheer en andersyds koste vir bestuursbesluitneming te bepaal. Hiervoor is kennis van kostebegrippe en kostegedragspatrone nodig en enige ontwik­ keling op hierdie terrein is nou verwant aan gerekenariseerde stelsels.

- Bestuursrekeningkunde

Bestuursrekeningkunde behels die bou van model Ie wat data versamel en verwerk, en inligting verskaf met die oog op meer doeltreffende bestuursbesluitneming en beplanning. Die meerder­ heid van die modelie wat vir bestuursrekeningkundige doeleindes aangewend word behels voorspellings en kwantitatiewe tegnieke wat 'n sterk wiskundige inslag het. Dit is nouliks denkbaar dat sodanige modelle bedryf kan word sonder gebruikmaking van rekenaars.

Ontwikkeling op hierdie terrein sal tot 'n groot mate gaan om die gebruik van rekenaars (veraI mikrorekenaars) om modelle te bou, maar die klem behoort te val op die benutting van die inligting wat deur die modelle beskikbaar gestel word.

- Finansiele bestuur

. Finansiele bestuur behels die benutting van finansiele rekening­ kundige-inligting vir die neem van investerings-, finansierings en dividend besluite. Dit vereis 'n begrip van rekeningkundige inligting en die vermoe om finansiele omstandighede te beoordeel.

Finansiele bestuur hang nou saam met konsepte oor risiko en opbrengs, wat vereis dat modelle ontwikkel word om risiko, koste van kapitaal, ensovoorts, te beoordeel.

5.4 Be/asting

Die primere onderrig in hierdie vakgebied sluit die volgende in:

a) Inkomstebelasting - kennis van die belastingwetgewing met die oog daarop om;

- die belastingaanspreeklikheid te bepaal;

- die voordeligste belastingposisie van 'n klienVwerkgewer te verseker; en

- persoonlike en korporatiewe belastingbeplanning uit te voer.

b) Aigemene verkoopsbelasting as vorm van indirekte belasting-kennis en toepassing van wetgewing.

8

(8)

c) Boedelbelasting - kennis van wetgewing om: - belasting betaalbaar te bepaal, en

- boedelbeplanning uit te voer.

Hoewel die vakinhoud in hierdie vakgebied as gevolg van wysigings in die belastingwetgewing voortdurend verander, word daar min verandering voorsien met betrekking tot die benadering van die aanbieding.

Gevorderde studies in belasting sluit belastingfilosofie en wets­

ye~olkinge,n -toe~assing (met verwysing na hofbeslissings) in. Daar

IS In 1986 n begin gemaak met 'n formele gevorderde kursus in belasting (op magistervlak), wat as 'n belangrike ontwikkeling gesien

w~:Hden daar word voorsien dat, namate daar meer spesialisasie in

die rekenmeesterspro!essie plaasvind, daar 'n groeiende behoefte vir gevorderde studle In belasting sal wees.

Spesialisering in die Rekenmeestersberoep

Namate die kennispoel met betrekking tot rekeningkunde en verwante dissiplines uitbrei en groter eise aan die rekenmeester/ouditeur gestel word

s~1

.spe.sialisas.ie

toenem~n,d

in die

reken~eestersberoep

voorkom.

Sp~

slailsasle verels gespeslailseerde ondemg. Dit is die mening van die Departement Rekeningkunde dat spesialiteitonderrig op die nagraadse vlak aangebied moet word. Met die oog hierop word daar vanaf 1986 'n

Magistergra~d !n Rel<ening,kunde in twee spesialiste-gebiede, naamlik

rekenaaroudltenng en belastlng, aangebied en daar word beplan om ander spesialistegebiede in die toekoms by te voeg.

Opleiding van Swart rekenmeesters

Dit is ontstellend dat daar op die huidige stadium geen deelnemende Swart universiteit, vir die opleiding van rekenmeesters, is nie. Dit is dan ook nie vreem? dat daar tans, na die beste van my wete, slegs 11 Swart ge­

oktr~oleerde r~ken~e:esters in Suid-Afrika is nie. Ons is by die RAU van menlng dat die hUldlge stelsel van eksaminering by die opleiding van rekenmeesters behou moet word omdat dit een van die belangrikste faktore is wat die professie se aansien verhoog het.

Ons is verder van mening dat daar aandag gegee sal moet word aan die instelling van strukture op meerdere vlakke sod at 'n persoon wat 'n B.Com graad aan enige universiteit, insluitend 'n Swart universiteit, verwerf het toegelaat behoort te word om byvoorbeeld op te tree as Rekeningkundige Beampte van 'n Beslote Korporasie.

6. Siotwoord

Geagte meneer die Rektor,

My hartlike dank aan u en die Raad vir die vertroue in my gestel deur my as professor in Rekeni~gkunde aan te stel. Ek kan u verseker dat ek deurgaans sal poog om Rekenlngkunde by die RAU na die beste van my vermoe aan te bied.

Dank aan my kollegas in die departement Rekeningkunde vir hul same­ werking oor die afgelope aantal jare. 'n Besondere woord van dank aan prof. K.N. Mans, dr. C.J. de W. Lombaard en mnr. J.P. Anderson vir die vormende rol wat hulle in my loopbaan vervul het.

Aan my ouers wil ek baie dankie sa vir hul liefde en voorbeeld oor al die . jare.

Aan my vrou Wina, baie dankie vir die aansporing, hulp en beg rip wat jy nog altyd openbaar het.

Aile eer aan God deur wie se Genade al hierdie dinge moontlik gemaak is.

Dames en Here ek dank u vir u teenwoordigheid.

References

Related documents

Lowest Lowest Lowest Prince Rupert Lowest Lower Lowest Frasery Surrey Intermediate Intermediate Highest Vancouver. International

The paper is based on the results of the project All This Painting hasn’t Gone to Waste, 2011, which deals with early 16 th century sacral wall paintings in southern Slovenia..

Joint Resolution of Supply Chain Risks: The Role of Risk Joint Resolution of Supply Chain Risks: The Role of Risk Characteristics and Problem Solving Approach.. Characteristics

Table 4.22: Impact of Strategic Planning Elements on Performance: Difference of Means.. and Correlations

In light of the discussion above, this report presents a rare case of successful surgical fixation in the management of multiple rib fractures in a developed country that fol-

4 Computed tomography chest scan (axial and coronal views) showing multiple bilateral pulmonary artery pseudoaneurysms ( arrows ) with surrounding

Transthoracic echocardiography failed to show valvular vegetation, but high clinical suspicion led to transesophageal imaging that demonstrated infiltrative prosthetic

We hypothesized that a novel computational algorithm, originally developed for noninvasive monitoring of blood loss in combat casualties, could: (1) indicate the central volume