• No results found

Genade en skoonheid

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2020

Share "Genade en skoonheid"

Copied!
5
0
0

Loading.... (view fulltext now)

Full text

(1)

GENADE EN SKOONHEID

PROF. DR. B. J. ENGELBRECHT

Vir iemand uit die gebied van die Sistem atiese Teologie is dit altyd aangenaam om te r w aardering van ’n persoon uit die W etenskap van die Woord iets te skryf, veral as die skryw er (om „ter Sake” te wees) hom mag besighou m et ’n onderw erp uit laasgenoemde vakgebied. Die eerste rede is d at binne die kring van die Reformatorie9e Teologie, die W etenskap van die Woord onontbeerlik is vir die Dogmatiek en Etiek. Omdat die Woord binne die Reformatoriese Teologie sentraal staan en norm atief is, m aak die Sistem atiese Teologie altyd dankbaar gebruik van die resultate van die W etenskap van die W oord en daarom wil dit van tyd to t tyd ook dankie sê. ’n Ander rede is dat die sistem atikus w eet dat hy nie so „streng taalkundig” as sy kollega uit die W etenskap van die W oord hoef te wees nie. Hy kan hom dus altyd ’n bietjie m eer vryheid veroorloof en dus so ’n bietjie speel. Dit is in hierdie lig dat ons hierdie klein artikel te r w aar­ dering van prof. M ulder by sy uittrede as hoogleraar in die Oud- testam entiese W etenskap op skrif stel.

Die Ou Testam ent gebruik ’n verskeidenheid woorde w at ons in Afrikaans m et „genade” kan weergee. Vir die doeleindes van hierdie artikel h et ons ons veral by die stam hnn beperk, hoewel hém dá ook so nou en dan in die gesigsveld gekom h et en so nou én dan ook héséd. W at hn betref: Die mees gebruiklike vorms in die Ou Testam ent is die w erkw oord hnn, die selfstandige naam ­ woord hên, hin, tehinná, tehinnun, haniná en hinnám. Laasge­ noemde word veral (in die akkusatief) as byw oord gebruik. Die byvoeglike naam woord hanün kom in die Ou Testam ent uitsluit- lik as attribu ut vir God voor by voorbeeld in Ex. 22:27; 34:6; 2 Kon. 30:9; Neh. 9:17, 31; Ps. 86:15; 103:8; 11:4; 112:4; 116:5, Joël 2:13 en Jona 4:2.

Die groot betekenis w at hierdie begrip in die lewe van die gelowiges van die Ou Testam ent gehad het, blyk by voorbeeld u it die veelvuldige gebruik daarvan in die naamgewing, byvoor- beeld Hanna (die moeder van Samuel — 1 Sam. 1 — w at deur die Septuagint as Anna weergegee w ord en langs daardis weg in ons eie naam gewing ingekom het) H anan (’n naam vir krygers — 1 Kron. 11:43; familiehoofde — Esra 2:16; Leviete — Neh.

(2)

— Num. 34:23; 1 Kron. 7:39), H ananeël (’n broer van N ehem ia — Neh. 1:2; m usiekleiers in die tyd van Dawid — 1 Kron. 25:23 en Nehemia — Neh. 12:36; ’n priester u it Esra se tyd — Esra 10:20); laastens H anánja w at veral as een van Daniël se drie vriende bekend is, m aar volgens verskillende tek ste vir leër- ow erstes, m usiekleiers, edeles en so m eer gebruik is. Die Sep­ tu agin t gee dit m et A nanias w eer w at ook uit die Nuwe T esta­ m ent bekend is. Trouens, die bekende naam in ons taal, Johannes (met sy afleidings Johan, John, Joe, Hannes, Hans en Ivan, m et die vroulike vorm s Johanna, Joey, Hanna en Anna kom via die Grieks (veral deur die bekende apostelnaam ) van die H ebreeuse naam Johannan of Johanün w at beteken „die Here is genadig.”

Dit vind w eer w eerklank in bekende vanne soos Johannsen, Jo h n ­ son, Jansen, Janssen, Janson, Jankow itz (Jankovich), Ivanow itz, (Ivanovich) en so meer. En alhoewel naam gew ing by ons nie m eer dieselfde draagkrag as in die ou tyd h et nie, toon dit tog hoe die H ebreeuse stam hnn, al is dit dikwels n et formeel, deur baie eeue bly deurklink het, to t vandag toe.

Indien ons nou die begrip genade (hnn) in die Ou T estam ent noukeuriger bekyk, dan sien ons d at alhoewel „genade” ook „gegee”, „bew ys” en „gekry” word, dié uitdrukking w at v e rre ­ w eg die m eeste voorkom „genade vind” is m et die dom inante: „genade vind in die oë van iemand, byvoorbeeld van God of van ’n mens. Die feit d a t „genade” en „die oë” so nou m et m ekaar verbind w ord, lê m yns insiens in die feit d at een van die grond- betekenisse van hn in die Ou Testam ent ook „skoonheid” van vorm, verskyning of beweging in die sin van „grasie” (én „grasieus”) is. Dit klink behalwe in die genoemde A frikaanse w oord byvoorbeeld ook deur in die Engelse w oord „grace” , „graceful”, „gracious” en „the G races”, almal w oorde w at via die Septuagint se vertaling van die stam hnn m et charis en charidsomai en dan via die latynse gratia in die m oderne tale ingekom het. Trouens, die variant vir gratia naam lik favor, h et óók die byklank van „m ooi” soos onder andere blyk u it die Engelse uitdrukking „favourable im pression” en uit die A frikaan­ se „gunstig” (genade-guns). So lees ons byvoorbeeld in Spreuke

(3)

domein van die vrou hoort) se lieflike skoonheid in Spr. 1:9, 3:22 en 4:9 m et die w oord hën beskryf w ord. Ps. 45:3 en Spr. 22:11 p raa t van die lieflikheid van die lippe, en Pred. 10:12 laat sien da t die eintlike bedoeling daarvan die skoonheid en grasie van die sinne van die wysheid is. In Job 41:3 w ord van die sierlike proporsies van ’n sekere oer-dier as hin ‘érbö gepraat.

(4)

Treffend stel E ster 5:2-3 hierdie gedagte: „En toe die koning koningin E ster sien staan , h e t sy genade in sy oë gevind . . . Toe sê die koning v ir haar: W at wil jy hê, koningin Ester, of w at is jou versoek? Al w as d it die helfte van my koninkryk — dit sal jou gegee w ord.”

Ek glo d at ek hierm ee die verband tussen „genade” en „skoonheid” aangedui het. Dit sal ’n groot en uitgebreide ta ak w ees om die vrugbaarheid van hierdie perspektief in die res van die Bybel aan te toon en u it te w erk. Vir doeleindes van die prediking h et ons d it wel in verband m et sekere Bybelge- deeltes gedoen en dikw els h et verrassend-m ooi dinge aan die lig getree. Hoewel hierdie nie die enigste perspektief is om die saak van genade te bekyk nie, loon dit myns insiens ruim skoots die m oeite om so nou en dan „m et ander oë” na die genade- perikope te kyk, nie n e t van die Ou T estam ent nie, m aar ook van die Nuwe Testam ent. So kry ons byvoorbeeld in die Nuwe Testam ent die gedeeltes w at ons oproep om ons m et C hristus te beklee (bv. Rom. 13:14; Gal. 3:27). D eur die sonde is ons u it onsself onrein, verw erplik en veragtelik voor God se aangesig, m aar in Christus, die Seun van Sy liefde sien Hy ons aan, nie soos ons w erklik is nie, m aar in genade. O m dat ons m et C hristus beklee is, kyk Hy a s’t w are m et ander oë na ons en sien Hy nie die lelike gebreke en verdorw enheid van ons sonde raak nie, m aar sien Hy n e t ons skoonheid en reinheid in Christus. Van hieruit la at die Nuwe Testam ent die lig na verskillende kan te val.

(i) In Christus w ord ons byvoorbeeld gesien as die bruid van God (Jes. 54:5; Ef. 5:32; Jak. 1:27; 1 Petr. 1:19; 2 Petr. 3:14 ens.) Hierdie patroon h erinner sterk aan beide die geskiedenis van Rut en Ester.

(ii) Tweedens w ord ons byvoorbeeld, ons w at eintlik slaw e van die sonde is, in C hristus gesien as kinders, en as ons kinders is, dan ook erfgenam e, erfgenam e van die beloftes w at ons u it genade, gratis ontvang (bv. Rom. 8:16-17). M erkw aardig is d at Gal. 3:26-27 w at van ons bekleding m et C hristus praat, juis die m otief van ons kindskap voorop stel; van n atu re is ons slaw e en k an ons nie e rf nie, m aar as ons m et Christus beklee is, dan w ord ons deur God w a t ons liefhet m et ander oë, die oë van genade, die oë van ’n Vader, aangesien en dan skenk hy aan ons gratis sy ewige

erfenis.

(5)

References

Related documents

community-acquired methicillin-sensitive Staphylococcus aureus sepsis with progressive metastatic soft tissue infection: a case report.. Joerg C Schefold* 1 , Fabrizio Esposito 1

Taken together, the specific mutation in HNF4A caused a group of disorders, including hypoglycemia, renal FS, and liver dysfunction, similar to Fanconi – Bickel syndrome, a rare type

Keywords: Familial Mediterranean fever, Chronic hepatitis C, Interferon, Inflammasome, Autoinflammatory disorders, Colchicine resistance, Case

APGAR: Appearance, Pulse, Grimace, Activity, and Respiration; CFCC: Colorado Fetal Care Center; CMA: Chromosomal microarray analysis; CNV: Copy number variation; DA: Duodenal

Introduction: Primary myofibroblastic sarcoma of the bone is a rare spindle cell tumour with, to the best of our knowledge, only eight cases reported in the available English

CSF, cerebrospinal fluid; CT, computed tomography; FDG, fluorodeoxyglucose; FDG-PET/CT, 2-deoxy-2-[fluorine-18]fluoro- D -glucose integrated with computed tomography-positron

We present a case of a 62-year-old woman who under- went laparoscopic cholecystectomy that was complicated by early post-cholecystectomy Mirizzi syndrome because of a

Conclusions: The screening for dental erosion in patients seeking or receiving medical treatment for dyspeptic symptoms in a gastrointestinal out-patient clinic could be an aid