H
TS T
eo
lo
gie
se S
tu
die
s/T
he
olo
gic
al S
tu
die
s
A
rtic
le #
92
2
Hoofstuk 2
Die Klein Begin 1916−1933
Die opleiding neem ‘n aanvang met een kerklike dosent, J.H.J.A. Greyventein, en ‘n aantal universiteitsdosente. Die studentetal groei stadig. Die vertrek van professor Paterson en die koms van S.P. Engelbrecht in 1921 bring ‘n belangrike wending. Wanneer B. Gemser in 1926 toetree, is daar drie dosente wat tegelyk ampsdraers van die Nederduitsch Hervormde Kerk is. Gemser is dosent in Teologie sowel as in Lettere en Wysbegeerte waar hy begin met die vestiging van ‘n sterk departement Semitiese Tale. Engelbrecht se kundigheid omvat Kerkgeskiedenis sowel as ‘n unieke kennis van die Voortrekker- en ou Tansvaalse geskiedenis en dit kom die Departement Geskiedenis ten goede. Die akademiese gehalte van die opleiding neem toe, en so ook die studentetal. ‘n Bedreiging vir die voortbestaan van die Fakulteit teologie is afgeweer deur die tydige optrede van S.P. Engelbrecht en die tussenkoms van die Eerste Minister. Die selfstandigwording van die Universiteit van Pretoria en die Afrikaanswording van die Universiteit bring ‘n veranderde konteks.
2 1916
21 Desember 1916
Die Raad van die Transvaal University College aanvaar ‘n aanbeveling dat die Hervormde Kerk en die Presbiteriaanse Kerk elk een dosent sou benoem in die persone van doktor Greyvenstein en dominee E. Macmillan, dat hulle saam een lektor se salaris sou deel en dat die kerke verantwoordelik sou wees vir die res van hulle vergoeding.
Die Minister van Onderwys het die stigting van ‘n Fakulteit Teologie aan die Transvaal University College goedgekeur maar bepaal dat die fakulteit eers vanaf 1918 amptelik sou funksioneer. Tot daardie tyd sou die opleiding dus nie-amptelik moes geskied. Inderdaad het die skriba van die Algemene Kerkvergadering, dominee Van Belkum, reeds in Julie 1916 die Transvaal University College kennis gegee dat die Kerk twee teologiese studente op die register sou plaas en ook die kursus uiteengesit wat van hulle verlang sou word. Die twee studente sou wees P.J.J. Venter en M.M.J. Basson wat albei hulle voorstudie in Potchefstroom voltooi het en wie se plekke reeds bespreek was om hulle studie in Holland voort te sit. Die volgende aanhaling uit ‘n skrywe van Venter aan die Kuratorium op 17 Oktober 1916 gee die situasie goed weer:
Verder doet het myn genoegen u mede te delen dat wy met onze studies goed vooruitgaan – en ik geloof niet dat ik het mis heb als ik zou beweren dat de onderneming van onze Kerk aan deze plaats een volslagen sukses gaat worden – de heren professoren die ons voor ‘t Praepodeuties eksamen voorbereiden zijn knappe mensen, vooral Prof Paterson die ons Hebreeuws doceert & Dr Reininck die ons in Bybel-Grieks neemt. Godsdiens staat op de achtergrond alhier, maar dat is toe te schrijven aan het sterk verteenwoordigde Joodse element. We hebben nog geen begin gemaakt met Archaeologie en Encyclopaedie, beide vakken denkt Prof Paterson vallen onder de Theologie, maar ik geloof toch dat ze onder de voorbereidende vakken thuis behoren. Ik heb met ds Brandt daaromtrent gesproken en die zal het voor het Kuratorium leggen – Als het Kuratorium besluit ze in ‘t Praep Eksamen te nemen dan zal er voorziening moeten gemaakt worden vooral met Encycl aangezien Prof Paterson ons wel in Archaeologie zal kunnen nemen.
Wanneer presies die twee studente vir studie aangemeld het, is onseker. Venter het op 15 Julie 1916 in ‘n brief aan dominee Van Belkum gevra wanneer hulle in Pretoria moet wees. Waarskynlik het die tweede semester eers in Augustus begin.
2 1917
25 Januarie 1917
Die Kuratorium vergader. Dit sou die belangrikste vergadering in die 8-jarige bestaan van die liggaam word. Dominee Van Belkum het gerapporteer dat hy teenwoordig was op ‘n byeenkoms op 07 Desember 1916 tussen lede van die Universiteitsraad en ‘n aantal predikante, verteenwoordigers van die Presbiteriaanse, Wesleyaanse, Hervormde en Nederduitsch Hervormende of Gereformeerde Kerke. Die volgende aanhaling uit die notule van die betrokke vergadering op 07 Desember van die Education Functions Committee van die Transvaal University College gee die verloop weer:
I. Was there a sufficient body of common matter to justify the establishment of a University chair or chairs?
II. Did the course suggested by the authorities of the Hervormde Kerk commend itself to the representatives of other Churches present?
Mr van Belkum and dr Greyvenstein stated that the Hervormde Kerk had decided officially to support the scheme, and had in fact already enrolled two candidates for their ministry upon the College register. More would follow. Mr Burnet (General Superintendent of the Wesleyan Church in the Transvaal) heartily supported the proposals which he considered entirely feasible and desirable.
Mr Bosman promised the scheme his full personal support. Mr Davies also approved the scheme, remarking that his own training had followed very largely the lines now suggested. Mr MacMillan (member of the Theological Training Committee of the Presbyterian Church) expressed himself as entirely in favour of the solution proposed. As the title of the First Chair he suggested ‘Professor of the Philosophy and History of Religion’.
Die besluit wat gevolg het, was:
In view of the entire unanimity which characterised the meeting, the Committee resolved unanimously to recommend the scheme to the favourable consideration of the Council with a view to submission to the Minister.
‘n Paar dae later het doktor Engelenburg vir dominee Van Belkum gesien en hom meegedeel dat die ‘Universiteitsraad besluit het om die regering te vra om voorlopig twee lektore te benoem, een Engelssprekende en een Hollandssprekende, besoldig deur die staat’. Verder was die verwagting dat die Hervormde Kerk en die Presbiteriane elk een professor sal benoem en bekostig.
In die bespreking wat gevolg het, het A.D.W. Wolmarans gevra of daar ‘n waarborg is dat nie miskien ‘n moderne professor deur die
Sitasie: Oberholzer, J.P., 2010, ‘Die Klein Begin 1916−1933’, in ‘Honderd Jaar Kerk en Teologiese Opleiding: ‘n Kroniek van die Hervormde Kerk’, HTS Teologiese Studies/Theological Studies, suppl. 9, 66(3), Art. #922, 22 pages. DOI: 10.4102/hts.v66i3. 922
H
TS T
eo
lo
gi
es
e S
tu
di
es
/T
he
ol
og
ic
al S
tu
di
es
A
rti
cl
e #
92
2
staat benoem sal word nie. Dominee Van Belkum het geantwoord dat ‘die Universiteitraad die versekering gegee het dat hulle by die benoeming rekening sou hou met die Kuratorium’. Na verdere bespreking is die volgende besluit geneem:
Het Kuratorium, gehoord hebbende door ds van Belkum de bespreking van verskillende plaatselike predikanten met de Universiteitsraad op 7 Des jl over mogelike vestiging van een Theol fakulteit aan de Transvaalse Universiteit te Pretoria, heeft in z’n sitting van 25 Jan 1917 na zorgvuldige beraadslaging besloten deel te nemen aan de oprichting van een Theol fakulteit aan genoemde Univ. Het Kuratorium heeft dit besloten in het volle vertrouwen dat de Universiteitsraad van zijn kant zal voldoen aan de volgende door ons prinsipieel geoordeelde voorwaarden: I. dat vanwege de Universiteitsraad een of meer professoren
zullen worden benoemd waarvan ten minste een Hollandssprekend zal zijn
II. dat bij de aanstelling van zulk ‘n professor of professoren rekening zal worden gehouden met de beginselen der Ned Herv Kerk in ZA
III. dat de vanwege onze kerk benoemde professor in rang en stand gelijkwaardig zal zijn met de professoren van genoemde Universiteit
IV. dat de verdeling der vakken zal geschieden in overleg met de door de Kuratorium benoemde professor
V. dat de studenten uit onse kerk aan de Transvaalse Universitet als studenten der Universiteit zullen worden ingeschreven. Nadat hierdie besluit geformuleer is, het die Kuratorium oorgegaan tot die benoeming van ‘n hoogleraar.
A.D.W. Wolmarans was van mening dat hulle moes wag en kyk of hulle iemand uit Holland kan kry [hy wou nie graag dat Pretoria so gou weer vakant sal word nie], maar ‘ds van Belkum verklaart sich hier principieel tegen. Hij wil niet iemand uit Holland maar
een geboren Afrikaner’. Op voorstel van ouderling Engelbrecht
gesekondeer deur dominee Fourie is na bespreking besluit op doktor J.H.J.A. Greyvenstein, predikant van Pretoria, teen ‘n vergoeding van £600 per jaar.
Jan Hendrik Jacobus Antonie Greyvenstein, gebore 17 Maart
1878 op die plaas Driefontein in die distrik Barkly-Oos, was die oudste seun van Hendrik Jacobus Greyvenstein en Gertruida Anna Magdalena Maria Smit. Hy het na sy matrikulasie aan die Victoria College in 1897 vir ses maande skoolgehou en toe teruggekeer vir die Kaapse Intermediêre Eksamen. Daarna het hy ingeskryf vir die BA-graad, maar hy het sy studie onderbreek om as Kaapse rebel deel te neem aan die Engelse oorlog. Hy is gevange geneem in 1900 maar vrygelaat om onder toesig van die Kaapse regering sy studies privaat voort te sit en in 1902 het hy die BA-graad ontvang. Daarna skryf hy in by die Kweekskool op Stellenbosch en voltooi sy studie daar in 1905. Na aflegging van die kandidaatseksamen en legitimasie vertrek hy na Edinburgh vir verdere studie. Die semester was daar reeds aan die gang, en daarom verskuif hy na Utrecht waar hy op 21 Junie 1906 inskryf vir die doktorale studie. Hy het steeds waardering uitgespreek vir die hoogleraars Valeton, Van Veen, Visscher en Van Biljon onder wie hy die studie onderneem het, met Nuwe Testament as hoofvak. Tydens ‘n kort besoek aan Berlyn maak hy ook kennis met die lesings van Harnack, Deissman en Seeberg. Hy promoveer op 27 Januarie 1911 in Utrecht met ‘n proefskrif getitel Het Sociale Utilisme van Bentham. Terug in Kaapland werk hy eers tydelik in die gemeente Kaapstad, waarna hy ‘n beroep aanvaar na die gemeente Sutherland. Met die Hervormde Kerk van SA het hy indirek kennis gemaak toe hy in Utrecht studeer het. Volgens H.M. Rex het A.D.W. Wolmarans in Den Haag met Greyvenstein ‘n onderhoud gevoer en ook briewe met hom gewissel toe hy in opdrag van die Kerkraad van Pretoria in Holland op soek was na ‘n predikant vir Pretoria. Rex beweer dat die betrokke predikant nie alleen die tweede predikant van
die gemeente sou wees nie maar ook sou voortgaan met die opleiding van teologiese kandidate soos professor Muller. Nadat Ruysch van Dugteren vertrek het, en die gemeente meer as twee jaar vakant was, het die kerkraad van Pretoria hom dus nou gewend na Greyvenstein. Dominee C.W. du Toit het saam met die skriba van Pretoria, ouderling L.L. Steen, by Greyvenstein aangedring dat hy die beroep aanneem. Op 03 Mei 1914 is hy bevestig as predikant van Pretoria deur dominee H.C.M. Fourie nadat dominee C.W. du Toit die prediking waargeneem het. Sy intreepreek die aand was na aanleiding van Romeine 1:16. Greyvenstein is op 09 Julie 1915 getroud met Ida Ruysch van Dugteren, suster van sy voorganger.
26 Februarie 1917
In antwoord op ’n skrywe van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, besluit die Senaat van die Transvaal University College:
I. One of the College lecturers or professors in Theology to be Dutch speaking: the scheme submitted by Council to the Minister had explicitly specified the appointment of two lecturers, one Dutch-speaking, the other English-speaking II. In all appointments regard to be had to the principles of the
Hervormde Kerk: in view of the fact that the teaching of the College lecturers in Theology would be entirely confined to the Non-dogmatic branches, and in view of the fact that so far as these branches were concerned the position of the four churches who had associated themselves with the scheme was the same, it was felt that an assurance to this effect could be given to all the churches concerned. Unless this could be done, the scheme was unworkable.
III. Standing of the church professors: The professors appointed by the churches for their own dogmatic teaching would be treated by the professors of the College on a footing of absolute equality so far as position and standing were concerned. But the Church professors, being neither appointed by, nor responsible in any way to the College authorities, could not be granted a seat upon the Senate. On the other hand they would be members of the Theological Faculty Committee and would thus have a voice in the decision of all matters in which the Theological Faculty Committee was exclusively concerned, such for instance as the division of the work between the various members.
IV. The students of the Hervormde Kerk to be enrolled as students of the College; this had already been done.
16 Maart 1917
Die Raad van die Transvaal University College keur die antwoord van die Senaat aan die Kerk goed.
20 Maart 1917
Die Kuratorium vergader saam met die lede van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering en doktor Greyvenstein. Daar is besluit dat doktor Greyvenstein op 01 April diens sal aanvaar en studielenings is toegeken aan P.S. Grobler van Zeerust en H.P. Wolmarans van Ermelo. Die Greyvenstein-gesin het hulle vereers op Irene gevestig, maar op 02 September 1917 skryf hy aan sy vriend dominee Brandt dat hy ‘n huis gekoop het in Schoemanstraat omdat daar te veel tyd verlore gaan met die heen en weer reis. Dit was Schoemanstraat 1003 waar hy en sy gesin bly woon het tot met sy dood.
01 April 1917
H
TS T
eo
lo
gie
se S
tu
die
s/T
he
olo
gic
al S
tu
die
s
A
rtic
le #
92
2
toegespits op Apologetics. Geen Presbiteriaanse studente het vir studie ingeskryf nie, en die aanstelling van MacMillan was dan ook uiteindelik nie ‘n kerklike aanstelling van die Presbiteriaanse Kerk nie. Greyvenstein het naas die Nuwe-Testamentiese vakke ook Dogmatiek, Kerk en Dogmengeskiedenis en Kerkreg en ook Christelike Etiek behartig. Hy het op 01 April afskeid geneem van die gemeente Pretoria.
Alfred Croom Paterson was ‘n pastorieseun uit die Skotse
Presbiteriaanse Kerk wat in Edinburgh ‘n MA graad ontvang het [ekwivalent van ‘n BA] en in Oxford ‘n MA in Moderne Tale en Kunste. Hy het in 1903 na Suid-Arika gekom as deel van Milner se ‘Kindergarten’ wat skole moes vestig en die onderwys moes struktureer met die oog op Milner se opset om die twee gewese republieke so gou moontlik te verengels. Toe die Transvaalse Universiteitskollege tot stand kom, is Paterson gewerf om die klasse in die Klassieke, Wysbegeerte en Hebreeus waar te neem. In 1916 word hy Registrateur en einde 1917 ook rektor van die TUK.
Ebenezer MacMillan was ook ‘n seun van ‘n Skotse
Presbiteriaanse predikant. Hy het in Glasgow teologiese opleiding ontvang en ook ‘n tyd in Marburg deurgebring. Na toetrede tot die bediening in ‘n Skotse gemeente, aanvaar hy in 1917 die beroep na die St Andrews Gemeente in Pretoria. Hy is in 1918 deur die Transvaal University College op aanbeveling van die Presbiteriaanse Kerk benoem as deeltydse dosent in die Geskiedenis en Filosofie van die Godsdiens en het ook die lesings in die Ou-Testamentiesse vakke waargeneem.
18 April 1917
Die vraag of ‘n hoogleraar in die teologie ook predikantswerk mag verrig, word deur die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering behandel, wat soos volg besluit het:
dat een professor of emerituspredikant niet consulent kan zijn eener gemeente zie art 58,65,99.100 maar is van oordeel dat professoren en emeriti predikanten op verzoek van andere leraars en hun kerkraad onder hunne verantwoordelikheid de sacramenten kunnen bedienen, totdat de Algemene Vergadering hieromtrent bepalingen zullen hebben gemaakt.
15 Mei 1917
De Hervormer publiseer ‘n brief van student S.P. Engelbrecht uit
Utrecht waarin hy ‘n voorstel van dominee Van Belkum oor ‘n fonds vir Teologiese Studie entoesiasties ondersteun.
11 September 1917
Die Senaat van die Transvaal University College besluit om by die Raad goedkeuring te vra vir die vorming van subkomitees vir die onderskeie departemente. Vir Teologie was dit professore Greyvenstein, Paterson en Reinink. As nuwe departement het Teologie op 14 November 1917 ‘n toekenning van £25 ontvang vir die aankoop van boeke.
27 September 1917
Die Kuratorium neem kennis van die bedanking van dominee C.W. du Toit weens swak gesondheid. Aandag is gegee aan die swak finansiële toestand van die opleidingsfonds en daar is besluit om die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering kennis te gee dat die Kuratorium begroot het vir £1200 en dat daarvan nog net ‘n klein gedeelte opbetaal is deur gemeentes, en te vra dat genoeg geld aan die kassier beskikbaar gestel word om die verpligtinge van die Kuratorium na te kom.
Voorts is besluit dat predikante en studente wat voorskotte ontvang het vir studie dit binne vyf jaar na die begin van
hulle ampsbediening moet begin terugbetaal in gelyke driemaandelikse paaiemente en dat hulle voor die afbetaling ‘n lewensversekeringspolis ten bedrae van die leningsbedrag aan die Kuratorium moet sedeer.
Kennis is verder met dank geneem dat ‘n meneer Pritchard ‘n boekeskenking aan die Teologiese afdeling van die biblioteek van TUC gedoen het. Op dieselfde dag, 27 September 1917, het dominee Van Belkum, skriba van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, die Kommissie meegedeel dat S.P. Engelbrecht besluit het om nog twee jaar in Holland te bly om sy doktorale studie af te handel. Die vergadering het met instemming daarvan kennis geneem.
2 1918
29 Januarie 1918
Die Jaarboek van die Transvaal University College vermeld in 1918 vir die eerste keer as personeel van Teologie vir J.H.J.A. Grevenstein en E. MacMillan. In 1918 het twee nuwe studente vir studie aangemeld, die tweeling J.G.M. en T.F.J. Dreyer van Potchefstroom. M.M.J. Basson het sy studie gestaak na ‘n lang verskil met die Kuratorium oor die assuransie wat die studielenings moes dek en oor die houding en optrede van die kassier, J.A. Malherbe, teenoor hom. ‘n Klein beroering het ontstaan toe die Kuratorium by monde van dominee Fourie verneem dat student P.J.J. Venter lesings in Hebreeus waarneem tydens die afwesigheid van professor Paterson. Dominee Fourie het gesê die Kuratorium kan nie sulke ‘amateur-professortjies’ toelaat nie. Professor Greyvenstein is gevra om dit onmiddellik stop te sit.
13 Maart 1918
Professor Greyvenstein het aan die Kuratorium verduidelik dat Paterson met verlof gegaan het en niemand kon kry om in sy plek waar te neem nie. Greyvenstein het hom toe aangeraai om Venter te vra om die jong studente te help, en het self geen beswaar daarteen gehad nie. Venter self het in ‘n skrywe aan die skriba van die Kuratorium verduidelik dat hy geen lesings gegee het nie, maar net die studente gehelp het met die Hebreeuse grammatika. Fourie het hierop vlymskerp gereageer in ‘n skrywe omdat hy self nie teenwoordig kon wees op die vergadering nie. Die Kuratorum het besluit dat hy die beginsel wil handhaaf dat geen student sal optree as professor nie.
14 Maart 1918
Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering neem kennis van die bedanking van dominee C.W. du Toit as lid van die Kuratorium en benoem dominee P.W. Ennis in sy plek.
2 1919
05 Maart 1919
Die Kuratorium keur ‘n konsep leerplan goed vir die BD studie. • Eerste jaar kursus: Latyn, Grieks, Hollands of Engels,
Natuurkunde of Sociologie of Geskiedenis.
• Tweede jaar kursus: Grieks (inbegrepen NT Grieks), Latyn of Hollands of Engels, Zielkunde, Logika, (een voorbereidend kursus in Hebreeus).
• Derde jaar kursus: NT Grieks, Hebreeus, Ethiek, Beginselen en geschiedenis der Metaphysika.
Studenten met BA beginnen hier:
• Vierdejaar kursus: O en NT Eksegese, Christelike Etiek, Kerkgeschiedenis, Bybelse Theologie, Geschiedenis van die godsdiensten en Psychologie van die godsdienst. • Vyfde jaar kursus: O en NT Eksegese, Kerkgeschiedenis,
H
TS T
eo
lo
gi
es
e S
tu
di
es
/T
he
ol
og
ic
al S
tu
di
es
A
rti
cl
e #
92
2
In het 4e of 5e jaar een sociologies onderwerp BA kursus ter toelating tot het 4e jaar BD: I. Grieks, Hollands, Latyn, Geologie
II. Grieks, Logika, Hollands, Zielkunde, (Hebreeus) III. Grieks, Logika, Hebreeus, (Ethiek)
‘n Vraestel het bewaar gebly vir Bybelse Teologie, Nuwe Testament, Vierde Jaar, wat nie ‘n datum noem nie. Sewe vrae moes beantwoord word:
I. Wat verstaat gy onder deze tak van wetenschap en welke is haar verhouding tot de dogmatiek?
II. Geef een korte beschrijving van de godsdienstige opvattingen der Joden tydens het optreden van Jezus. Geef voorbeelden uit de Synoptici.
III. Hoe stond Jezus tegeover de wet? Hoe Paulus?
IV. Wat was het onderwijs van Jezus over den Heiligen Geest volgens Johannes? Vergelijk dit met de voorstelling der Synoptici.
V. Beschrijf de ‘Rechtvaardigmaking’ by Paulus.
VI. Vergelijk de opvatting van ‘Geloof’ by Paulus en by de schrijver van de Brief aan de Hebreeën.
VII. Wat leerde Jezus aangaande het ‘Koninkrijk Gods’?
12 Junie 1919
Die 39ste Algemene Kerkvergadering begin. Afvaardiging na die vergadering was nou beperk tot twee ouderlinge en een diaken per gemeente. Dominee L.E. Brandt is herkies as voorsitter, met dominee S. Vermooten as sekundus, dominee Jac van Belkum as skriba met dominee H.C.M. Fourie as sekundus. Vir die eerste keer het sitting geneem dominees H.D. van Broekhuizen wat in 1917 uit die Nederduits Gereformeerde gemeente Kuilsrivier na Pretoria beroep is, A.J. Barger wat in 1918 uit die Nederlandse gemeente Bovensmilde na Johannesburg beroep is as medeleraar van dominee Brandt, en P.J. Ebersohn wat in 1918 uit die Nederduits Gereformeerde Kerk na Lichtenburg beroep is. Dominee M.J. Goddefroy het in 1917 emeritaat aanvaar. Dominee K.T. van den Heever het teruggekeer na die Nederduitsch Hervormde of Gereformeerde Kerk.
Op voordrag van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering is op die Kuratorium verkies: Dominees L.E. Brandt, Jac van Belkum, P.W. Ennis, H.D. van Broekhuizen, en ouderlinge G.J. Engelbrecht, A.D.W. Wolmarans, J.A. Malherbe, J.H. Vorster en N.J. Campher. Dit val op dat dominee H.C.M. Fourie nie weer voorgedra en herkies is nie.
Die rapport van die Kuratorium is aanvaar. Daar is besluit dat die Kweekskoolfonds voortaan beheer sal word deur die nuut aangestelde Administrateur van die Kerk. ‘n Versoek van ouderling J.A. Malherbe dat ‘n bonus aan hom betaal word nadat hy die fonds vir 10 jaar beheer het, is nie toegestaan nie. Uit die verslag van professor Greyvenstein het geblyk dat student P.J.J. Venter van voorneme was om sy eerste kandidaatseksamen in die loop van die jaar te doen, dat H.P. Wolmarans die tweede jaar BD geslaag het en die Dreyer-broers die eerste jaar, terwyl P.S. Grobler Hollands en Wysbegeerte nie geslaag het nie. In die volgende vakke is gereeld lesings gegee: Eksegese O en N T, Biblica, Theisme, Geskiedenis van die Godsdienste, Wysbegeerte van die Godsdiens, Dogmatiek, Etiek (Wysgerige en Christelike), Kerkgeskiedenis, Wysbegeerte, Grieks (Klassiek en Hellenisties).
Hierdie Algemene Kerkvergadering het ook weer ‘n lang bespreking gevoer oor die opleiding. Dit was na aanleiding van ‘n beskrywingspunt van die Westelike Ring en ook ‘n beskrywingspunt van dominee Van Broekhuizen wat Artikel
71 van die Kerkwet wou wysig. Dominee Vermooten het die bespreking ingelei en onder andere gesê:
Het geldt hier een levenskwestie. Het doel der prediking is de dienst des Woords en de opleiding tot leraars in de Nederduitse Hervormde Kerk moet tot dit doel voeren. Daarom vraag ik: Is het recht dat de leraren onzer Kerk nu worden opgeleid aan een Staatsinrichting? De oude Akademiën werden vroeger opgericht ten behoeve van de Kerk. Later zijn de Akademiën geworden staatscholen en is de opleiding tot leraren aan die scholen dikwels een mislukking, omdat ze neutraal zijn, wat men niet kan zijn. ... Theologie wordt alleen bestudeert door mannen, die leraars worden en daarom moet de Kerk hen doen leren. Groote mannen als Dr Bavinck, van Velden, Kuyper en Vos, zeggen dat de Kerk haar eigen school moet hebben. De Theologische Wetenschap is gebonden aan de Kerk, is geestelik, zaligend, kan niet staan onder andere wetenschappen, daarom kan zij niet gedoceerd worden aan het Transvaalse Universiteits Kollege. Ds MacMillan kan zich niet aan de belijdenis houden, omdat zijn Kerk er geen heeft. Later in die bespreking het dominee Vermooten ook nog gesê dat: Potchefstroom as grootste en oudste gemeente reg het op die kweekskool; hy wil nie daar ineensmelting hê nie maar samewerking, omdat ons studente daar meer kans het as hier om as leraars gevorm te word.
Komende van ‘n persoon wat self sy opleiding aan die Ryksuniversiteit in Utrecht gehad het, was dominee Vermooten se uitsprake verbasend. Ouderling Hofland het dan ook dadelik gevra of dominee Vermooten sy besware ook gevoel het toe hy in Utrecht gestudeer het, en of sy professore minderwaardig was teenoor die van die Gereformeerde Kerke. Dominee Van Belkum het daarby aangesluit en het daarop gewys dat die Kweekskool in Potchefstroom ook staatsgeld ontvang. Sy standpunt was: ‘Brede wetenschappelike ontwikkeling met geloof kan niet anders dan de kerk ten zegen zijn’.
Dominee Van Broekhuizen het sy standpunt soos volg gestel: Wij moeten een eigen kweekschool hebben. Al onze Kerken hebben die. Hier in Pretoria staan we alleen en zijn we vreemdelingen. Hier hebben wij geen mannen, die voor ons sympathie hebben. Hier is het een gebrouw van alle naties. Het geld hier een levenskwestie, geen godsdienst kwestie. ... Wetenschap is nodig, maar de mannen hier staan niet so hoog als die in Potchefstroom. Er zal een andere geest komen onder onze mensen, wanneer ze weten dat we onze eigen opleiding krijgen. Ook ik wil geen broeikast opleiding, maar als we geen eigen school kunnen hebben, laat ons dan naar Potchefstroom gaan, waar mannen zijn die dezelfde leer hebben als wij. Vragen we Ds MacMillan onze belijdenis te ondertekenen, dat zal hij niet kunnen doen, omdat hij er geen heeft. De trouwbreuk is begonnen bij het TUK,
dat geen theologiese professor heeft benoemd. [Om te beweer dat
die kerk van John Knox geen belydenis het nie, was darem verregaande.]
Naas dominee Van Belkum het ook ander predikante soos Brandt, Barger, Kuhn, Strydom en Prinsloo hulle uitgespreek vir behoud van die opleiding aan die Transvaalse Universiteitskollege. Dominee S.J. Strydom se bydrae is soos volg genotuleer:
H
TS T
eo
lo
gie
se S
tu
die
s/T
he
olo
gic
al S
tu
die
s
A
rtic
le #
92
2
die hij is. Laat ons van onze studenten geen jongetjes maken die opgepast moeten worden. Ook ik heb getwijfeld, maar Goddank, Hij heeft mij erdoor geholpen, omdat ik aan een universiteit was
opgeleid.
Belangwekkend was ook die bydrae van professor Greyvenstein: Ds Vermooten heeft zijn zaak goed bepleit als een advokaat, maar was eenzijdig. Ook ik kan autoriteiten aanhalen, even krachtig als de zijne, die pleiten voor universitaire opleiding. Laat ons niet bang worden voor mislukking. Er is in Holland mislukking, maar die is de schuld van de Kerk zelf, die haar studenten te grote vrijheid geeft. Ook wat maken we met een man die nooit twijfelde? In Art 123, het ondertekeningsformulier, hebben we waarborg genoeg. We moeten onze jonge mannen gelegenheid geven om te overwinnen. Men zegt het Universiteits Kollege heeft trouwbreuk gepleegd. Maar we hebben niet alleen daar ds MacMillan, ook Prof Dr Reinink, Prof Dr Paterson, de knapste man voor Hebreeuwsch in geheel Zuidafrika. Als wij de beschrijvingspunten aannemen, plegen wij trouwbreuk. We zijn in Petoria geen vreemdelingen; we worden als gelijken behandeld; ik heb zitting in de senaat; zij raadplegen mij; het lijkt mij of die twee broeders denken dat alleen ds MacMillan, en niet ik, invloed hebben op de studenten. Ze vergeten, dat ik met hen omga als vader met zijn kinders. Er is geen gevaar voor mislukking. Wij krijgen mannen gehard in de strijd, die de wereld kennen, toegerust tot het Evangelie, die ook omgaan met aanstaande advokaten, dokters, leraars aan scholen. Onze jonge mannen ondergaan niet alleen invloed, er gaat ook invloed van hen uit.
Verskillende ouderlinge het ook die opleiding in Pretoria ondersteun.
J.J. Prinsloo van Erasmus het onder andere gesê: ‘Opvoeding in kleine kringen is niet altijd gewenst. Tegenspoed en twijfel leert denken en onze Professor kan terecht helpen als er twijfel onstaat’. Die besluit wat uiteindelik geneem is op voorstel J.J. Prinsloo, sekondant J.P. Prinsloo, het gelui:
Deze vergadering besluit dat de Theologiese Kweekschool voor het tegenwoordige blijve waar hij is en zoals hij is. Dat echter zo spoedig mogelik, indien de financien het toelaten, nog een professor zal benoemd worden. De vergadering spreekt zich echter uit ten gunste van een eigen Kweekschool wanneer de financien daarvoor aanwesig zijn.
Die voorstel van dominee Vermooten, sekondant dominee Van Broekhuizen, het net vyf stemme gekry. Dit het gelui:
De vergadering, gelet hebbende op de grote gevaren verbonden voor onze Kerk, waar haar theologiese school gevestigd is aan een staatsuniversiteit, besluit, dat het ons ideaal is een kweekschool te hebben voor haar zelf. Aangezien dit echter op dit ogenblik niet mogelik is, besluit de vergadering haar kweekschool te verplaatsen naar Potchefstroom, waar in samenwerking met de kweekschool der Gereformeerde Kerk, die met ons op dezelfde belijdenis staat, onze studente zullen worden opgeleid.
Pas na hierdie besluit het ouderling A.H. Koomans van Potchefstroom ‘n onbestrede mosie voorgestel, gesekondeer deur dominee Van Broekhuizen, dat die kerk al sy kragte sal inspan om ‘n tweede professor te benoem. Dit is aanvaar. Daarna het ouderling Koomans sy vroeëre aanbod herhaal om £50 vir die kweekskoolfonds te gee as daar nog 299 lidmate of groepe gevind kan word om dieselfde te doen. Dit is met dank aanvaar, en ouderling J.P. Prinsloo van Erasmus en P.L. Moolman het ook elkeen £50 belowe; die predikante gesamentlik £50. Die fonds was later bekend as die Koomansfonds, maar die gestelde doelwit is nooit bereik nie.
22 Julie 1919
Dominee Van Belkum word gekies as voorsitter van die Kuratorium, en dominee Brandt as skriba. Die vergadering het kennis geneem van die bedanking van ouderling J.A. Malherbe, die kassier. Verder is kennis geneem van die verslag van ‘n kommissie wat ondersoek moes doen na die wyse waarop dominee MacMillan klas gee. Dominee Van Broekhuizen het verseker dat Macmillan heeltemal modern is. Die rapport het vermeld dat die saak op ‘n misverstand berus, en is aangeneem. Hulp aan studente is beperk tot hoogstens £50 per jaar.
Die Kweekskool van die Gereformeerde Kerk in Potchefstroom het op 28 November 1919 sy 50 jarige bestaan herdenk. Dominee Van Belkum is deur die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering afgevaardig om die groete van die Nederduitsch Hervormde Kerk by dié geleentheid oor te dra.
29 November 1919
Dominee Van Belkum dra die groete van die Nederduitsch Hervormde Kerk oor by geleentheid van die halfeeufees van die Kweekskool van die Gereformeerde Kerk te Potchefstroom.
05 Desember 1919
Ouderling H.J. Visser neem sitting op die Kuratorium nadat hy deur die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering as lid benoem is. Die eerste Administrateur van die kerk, H.G.L.T.H. Roorda, was ook teenwoordig.
2 1920
19 Februarie 1920
Professor Greyvenstein neem sitting op die Senaat van die Transvaal University College, sy naam word weer in die notule van 27 Februarie 1920 vermeld maar daarna nie gou weer nie.
26 Februarie 1920
Op die vergadering van die Kuratorium is kennis geneem dat S.P. Engelbrecht sy doktorale eksamen in Utrecht met goeie gevolg afgelê het, en sy broer (ouderling G.J. Engelbrecht) het meegedeel dat hy hoop om teen die einde van die jaar terug te wees.
27 Februarie 1920
Die Senaat besluit om die benoeming van nog ’n professor in Teologie te verwys na ‘n komitee bestaande uit professore Paterson, Greyvenstein en MacMillan. Die komitee het op 22 Maart 1920 aanbeveel dat die instelling van ‘n voltydse professoraat in Ou Testamentiese Letterkunde, Teologie en Kerkgeskiedenis goedgekeur word. Die Senaat het dit goedgekeur vir deursending aan die Raad.
15 April 1920
Die Raad beluit: ‘It was agreed to ask the Department for the appointment of a full-time professor in Theology (also to lecture in Hebrew).’
03 Junie 1920
Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering keur goed dat £50 aan S.P. Engelbrecht op sy versoek bewillig word vir bylaes by sy proefskrif bestaande uit dokumente wat hy in Holland gevind het.
Ouderling Koomans sorg vir ‘n lewendige bespreking. Hy het met C.J. Bodenstein as sekondant voorgestel:
H
TS T
eo
lo
gi
es
e S
tu
di
es
/T
he
ol
og
ic
al S
tu
di
es
A
rti
cl
e #
92
2
professoren die niet tot ons volk behooren, onbekend met onze taal en tradieties, en bovendien geen lidmaten van een onzer drie Hollandsche kerken zijn, en zij zelf kunnen behoren tot eenige gosdsdienst of secte en zelfs geen geloof kunnen hebben, draagt de leden van het Curatorium op onmiddelijk maatregelen te nemen hierin verandering te bringen:
• professor MacMillan schrift-verklaring van het Oude Testament
• professor Paterson Hebreeuwsch
• professor Mc Fadyen Bovennatuurkunde [lees Metafisika] draagt den Scriba op onmiddelijk het Kuratorium byeen te roepen om deze saak te behandelen.
By die bespreking van die voorstel is opgemerk dat dit net literariese vakke is en dat die hoofvakke deur professor Greyvenstein gegee word. Die voorstel is afgestem en die volgende aanvaar:
Die Kommissie wens uit te spreek dat ook zij niet geheel tevreden is met de inrichten van de kweekschool zoals die nu is, en dat zij dus hoopt dat de kerk zich zal inspannen om deze beter te maken.
04 Junie 1920
Die Kuratorium neem kennis dat dominee MacMillan op verlof gaan en dat sy klasse in Eksegese en Teologie waargeneem sal word deur die rektor, professor Paterson, en dominee S. Menzies. Die Kuratorium het ook kennis geneem dat P.J.J. Venter proponents-eksamen gedoen het.
05 Junie 1920
Ouderling Koomans het oor die jare 1920−1930 telkens gesorg vir lewendige onderonsies. Hy skryf aan die voorsitter van die Kuratorium en vra antwoorde op die volgende vrae:
I. Waarom word van die teenswoordige studente ‘n BA geëis nieteenstaande die predikantenood daar dit 2 jaar langer neem, en nie onmiddellik oorgegaan na matriek met Dogmatiek en Teologiese vakke.
II. Die name van die professore wat les gee aan ons studente in die verskillende vakke onder vermelding van vakke. III. Wanneer die eerste predikant gereed is en vervolgens. Dominee Brandt, skriba van die Kuratorium, het op 7 April soos volg aan hom geskryf:
Dank voor uw brief van 6 April. waaruit u bekende goede bedoeling spreekt. Het spijt mij evenwel op te merken dat daar bijna altijd in uw correspondentie een toon is van afkeurende critiek waardoor u den indruk geeft dat u andere menschen niet vetrouwt. Laat mij daarom beginnen met te zeggen dat uw brief van 5 Januarie behandeld is op de vergadering van het Kuratorium op 26 Februari dus byna twee maanden later. Toen is mij als scriba opgedragen van Professor Greyvenstein antwoord op uw vragen in te winnen. Op 11 Maart heb ik aan professor Greyvenstein geschreven en uw brieven aan hem gestuurd. Professor Greyvenstein heeft gemeend dat deze brieven op de vergadering van het Kuratorium behandeld zouden worden en zich dus niet gehaast daarop te antwoorden, totdat ik op ontvangst van uw brief van 26 Maart, op 30 Maart weer aan professor Greyvenstein geschreven heb en op 2 April zijn antwoord aan u gestuurd heb.
Op 28 Mei stuur dominee Brandt dan vir Koomans ‘n volledige opgawe van wie watter vakke onderrig, inligting wat hy persoonlik van professor Greyvenstein gekry het. Dit en ook die besluit van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering op 03 Junie 1920 het nog nie vir Koomans tevrede gestel nie. Op 28 Augustus 1920 skryf hy weer ‘n lang brief aan dominee Brandt en vra hy ‘n ondersoek na die dosente Paterson, Macmmillan, MacFadyen, Holloway en Reininck. Hy versoek antwoorde op die volgende vrae: ‘maak of hulle bekend is met die belydenis van die kerk,
of hulle almal van Christelike lewenswandel is, of deur hulle onderwys gegee word in die moedertaal van die studente’.
15 Augustus 1920
Die promotor vir die proefskrif van S.P. Engelbrecht, professor H.Th Obbink, skryf ‘n berig in De Hervormer oor die promosie op 02 Julie en beveel die proefskrif sterk aan.
2 1921
04 Januarie 1921
S.P. Engelbrecht, wat vroeg in Desember 1920 teruggekeer het en tuis was by sy familie op die plaas Witbank naby Morgenzon, doen proponentseksamen en word toegelaat tot die leraarsamp in die Nederduitsch Hervormde Kerk.
Stephanus Petrus Engelbrecht was ‘n seun van die
Oos-Transvaalse Hoëveld, gebore op 21 Oktober 1891 as die dertiende en jongste kind van die Voortrekker Gerhardus Engelbrecht, wat twee keer getroud is, eers met Christina Johanna Sophia Dreyer en na haar dood met die weduwee Johanna Etresia Joubert, gebore Klopper. Stephanus is gedoop in Trichardtsfontein op 21 November 1891 deur dominee M.J. Goddefroy. Gerhardus Engelbrecht het in die Engelse oorlog gesneuwel in ‘n geveg naby sy plaas Witbank by Morgenzon op 03 Junie 1901. Een van sy seuns het in Natal gesneuwel, en die gesin het in die oorlog alles verloor. Dit lei daartoe dat die jong Fanie opgeneem word in ‘n weeshuis op Middelburg, gestig in 1902 deur dominee A.P. Burger vir oorlogweeskinders. Die moeder moes as weduwee en verarmde nogtans ‘n bedrag van £1.10 per maand betaal vir sy onderhoud daar. Hy woon in hierdie tyd die Middelburgse Kerkskool by waar hy goed presteer. Hy was daar van September 1903 tot Desember 1904. Hierna woon hy agtereenvolgens die Heidelbergse Volkskool, die La Gratitude Skool op Blesbokspruit, die Rietvlei Skool en die Standerton Public School by. In 1911 word hy leerling in Boys High op Pretoria. Ondertussen het hy ook die Hollandse eksamens van die Zuid-Afrikaanse Taalbond afgelê in 1906, 1908 en 1909. Reeds op 15 Oktober 1909 verskyn in De Hervormer sy eerste bydrae tot die geskiedskrywing van die Nederduitsch Hervormde Kerk. Dominee Van Belkum was redakteur en uitgewer van De Hervormer, en dit sal ongetwyfeld hy wees wat die byna agtienjarige jongman aangemoedig het om op hierdie gebied belang te stel. In De Hervormer van 15 April 1911 maak Engelbrecht opmerkings oor die gebrekkige statistiek in die
Almanak van 1911 en wys hy daarop dat dominee Biccard se
naam ontbreek in die lys van predikante. Verder stel hy voor dat die Kuratorium iemand moet benoem om gemeentes te besoek om bydraes vir die kweekskool in te samel en die stigting van die kweekskool te verduidelik. In 1912 skryf Engelbrecht in by die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerk te Potchefstroom en slaag die Matrikulasie-eksamen van die University of the Cape of Good Hope. In hierdie tyd korrespondeer hy met die Kuratorium oor die moontlikheid van die oprigting van ‘n eie Kweekskool van die Nederduitsch Hervormde Kerk. In De
Hervormer van 15 April 1913 verskyn ‘n skrywe onder sy en
D.J. Muller se name waarin hulle kritiek uitoefen op die optrede van dominee C.W. du Toit, wat dit bewerk het dat ouderling J.S. Perold herkies is as ouderling ten spyte van Perold se voorwaarde dat hy nie sal instaan vir die 2/6 vir die kweekskool nie. Dominee Du Toit het in die gemeente duidelik sy teenstand teen die gedagte van ‘n eie kweekskool laat blyk. Die skrywe sluit af met die woorde:
H
TS T
eo
lo
gie
se S
tu
die
s/T
he
olo
gic
al S
tu
die
s
A
rtic
le #
92
2
het Engels bestuur, maar ook los van de Kaapse Synode. De methodistiese geest die in onze kerk is, hoe klein ook, doet
ons genoeg kwaad. [Opmerklik voeg die redakteur van De
Hervormer onderaan die brief by: ‘Wij hebben enkele woorden
geschrapt.’]
Engelbrecht ontvang onder andere die volgende skrywe van dominee H.C.M. Fourie, skriba van die Kuratorium, gedateer 20 April 1913:
a. Het komt het Kuratorium voor dat het niet mogelik zal zijn het volgend jaar reeds een begin te maken met een eigen opleiding tot het predikamt in de Nederduitsch Hervormde Kerk. b. Daar u van plan is naar Europa te gaan voor verder studie is het Kuratorium van mening dat u alleen die literarische klasse moet volgen. c. Het Kuratorium zal u een ondersteuning geven van £50 per jaar, alleen zolang de theologische opleiding in ZA nog niet definitief is vasgesteld.
Tien dae later op 30 April, skryf Fourie weer, blykbaar in antwoord op ‘n navraag van Engelbrecht:
Het Kuratorium heeft niet gesproken over een of tweejarige kursus literarischen klas; maar eenvoudig de vakken met die voor intermediair eksamen vergeleken en toen is het voor de studie beter gebleken nu de literariese vakken aan te raden. Hoelang? dit moet u self weten. Het lijkt mij persoonlik wenslik voor u en anderen die klasse te loopen en dan naar Holland te gaan. Ze hebben u op mijn voorstel £50 per jaar toegestaan. Ik wilde onvoorwaardelik, maar ik ben overstemd geworden. Nu is de conditie er by: als u in Holland besig is en de school wordt hier opgericht dan moet u hierheen komen om hier af te studeren. Daar ben ik tegen. Ik ben met u eens om niet terug te komen maar daar eenmaal zijnde ook daar af te studeren. Maar, maak u daarover niet bezorgd, ik zal daarvoor blijven strijden als het eenmaal zover mocht komen. Maar laat ik u nu oprecht behandelen. Luister toch niet naar degenen die u wijsmaken dat onse opleiding overmorgen zal beginnnen. U wordt misleid. Eerlik gezegd, hoop daar niet op maar baan zelf uw weg; ga naar Holland en studeer. Die hoop stuurt uw studie in de war. Want in de eerste jaren kan geen begin gemaakt worden, ten minste geen goed begin. En voor een slecht en prullig begin ben ik niet. Ik heb te veel liefde en respekt voor de kinders van mijn volk om hen met een soort school af te schepen. Ik zal mij met alle macht ertegen verzetten. Darentegen voor een goede en degelike opleiding zal ik altijd werken. We trachten die tot stand te brengen. Als u van plan is naar Holland te gaan kom mij dan nog eens in een vakantie zien. Wil u na die tweejarigen kursus by my komen ook goed; maar beter is een universiteit zelf te bezoeken. Ik zal myn best doen maar u begryp ik kan nooit ook maar in de verste verte doen wat 5-7 professoren doen dat is luce clarius en bovendien, verandering van spijze maakt eetlust. Een persoon verveelt banja gou.
In De Hervormer van 15 Julie 1913 verskyn ‘n brief van Engelbrecht
waarin hy wys op die belangrikheid van die datum 08 Augustus, die datum waarop in 1853 die eerste Algemene Kerkvergadering geopen is. Hierdie brief vertoon ‘n uitgebreide kennis van die geskiedenis wat voorafgegaan het en ‘n verbasende kennis van die bronne. Engelbrecht het op 14 Augustus 1913 per skip, die Durham Castle, uit Durban na Holland vertrek, daar aangekom op 10 September, en is op 30 September ingeskryf as student in Utrecht. Daar het hy ononderbroke gestudeer tot in 1920. Danksy ‘n dagboek wat strek van 05 Junie 1913 tot 08 Januarie 1916 is heelwat besonderhede bekend oor die einde van sy verblyf in Potchefstroom, ‘n tydjie by sy familie daarna en die eerste jare van verblyf in Nederland. In daardie eerste jare in Holland het hy en S. Vermooten goeie vriende geword. Vermooten het hom kom ontmoet ná sy aankoms in Holland, en hulle was dikwels in mekaar se geselskap.
D.F. Erasmus was in dié tyd ook in Holland, en hulle paaie het ook gekruis. Engelbrecht was ‘n tydlank lid van die studentevereniging ‘Unitas Studiosorum Rheno-Trajectina’, die studentekorps Voetius, later van die Utrechtse Studentencorps en die Teologiese Vereniging Secor Dabar. In die Utrechts Studenten Weekblad
Vox Studiosorum het verskillende bydraes van hom verskyn.
Gedurende 1916 was hy sekretaris van die Utrechtse Studenten Afdeling van die Algemeen Nederlandsch Verbond. Op 19 Junie 1914 het hy die propaedeutiese eksamen met goeie gevolg afgehandel. Die uitbreek en verloop van die eerste wêreldoorlog, 1914−1918, het gelukkig nie sy studie gestrem nie. Naas sy normale studie het hy elke geleentheid gebruik om in argiewe materiaal te versamel wat in verband staan met die geskiedenis van die Nederduitsch Hervormde Kerk. Op 07 Desember 1916 het hy die kandidaatseksamen met goeie gevolg afgelê. Aan die begin van daardie jaar, op 06 Januarie, is sy moeder oorlede. Hy het die tyding ontvang op 08 Januarie, wat ook die laaste dag van aantekening in die dagboek was. Sy eerste preek het hy op 10 Januarie 1917 gehou in die gemeente Nieuw Loosdrecht.
Vroeg in 1917 verskyn in Stemmen voor Waarheid en Vrede die belangwekkende artikel wat beskou kan word as sy debuut op die gebied van die kerkgeskiedskrywing wat sy lewe in beslag sou neem, naamlik ‘Een Histories-Kritiese Onderzoek Histories Krities Onderzocht’. Dit was ‘n reaksie op die boek van dominee C. Spoelstra Het Kerkelijk en Godsdienstig leven der Boeren na den
Grooten Trek Historisch kritisch onderzocht, wat by die uitgewer
J.H. Kok in Kampen verskyn het. Engelbrecht het in sy artikel laat blyk dat hy die bronne van die kerk- en staatkundige geskiedenis van die Boere-republieke volkome beheers en sy skerpsinnigheid gedemonstreer. Professor P.J. Muller het op 09 April 1917 hom soos volg uitgelaat oor die bydrae:
Amice... Ge hebt terecht de beweringen van Ds S. flink onder handen genomen en na uw betoog valt m.i. weinig meer te zeggen ...In verband met uw hist.krit. onderzoek voel ik mij gedrongen te vragen: Zou er nu werkelijk geen mogelikheid zijn om vóór uw vertrek naar ZA nog doctoraal te doen en te promoveren? Of althans alleen doctoraal? ‘t Zouw zoo goed zijn voor uw toekomst. ... Ik kan de bezwaren zien, die u in de weg staan, maar zoo ‘t enkel finantiële bezwaren zijn dan zou de ZA Vereeniging dunkt mij wel willen bijspringen.
Engelbrecht het besluit om die doktorale studie in Utrecht te voltooi, en die sewejarige verblyf in Nederland het hom uiteindelik met ‘n swaar studieskuld gelaat waarmee hy nog baie jare sou moes worstel. Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering het op 27 September 1917 met instemming kennis geneem by monde van die skriba, dominee Van Belkum, dat Engelbrecht nog twee jaar in Holland wil bly vir die doktorale studie. Op 06 Maart 1918 het hy ‘n proefpreek gehou in die Pieterskerk in Utrecht oor Hebreërs 13:8. Dit het plaasgevind onder die voorsitterskap van professor J.R. Slotemaker de Bruine. Engelbrecht se lang verblyf in Nederland het hom kultureel sterk beïnvloed. Daarvan is die volgende tekenend, uit ‘n brief wat hy in 1920 van ‘n Hollandse vriend, Boudewyn Spykerboer, ontvang het wat hom gelukgewens het met sy 29ste verjaarsdag, kort voor sy huwelik:
H
TS T
eo
lo
gi
es
e S
tu
di
es
/T
he
ol
og
ic
al S
tu
di
es
A
rti
cl
e #
92
2
Eerste Annexatie van Transvaal. Eerste Stuk. Vir die promosie self
is slegs die eerste vier hoofstukke tesame met die stellings gedruk by J.H. De Bussy. Die volledige werk, met sewe hoofstukke en 54 bylaes, het eweneens by J.H. de Bussy, Amsterdam en Pretoria 1920, verskyn. In die voorwoord tot die proefskrif kom naas die akademiese dankbetuigings die volgende voor:
Het was op 23 Mei 1917, toen ik te Amerongen de gast was van U, Hooggeachte Dr Leyds. Een gesprek met U op die dag had het gevolg, dat ik niet in dat jaar ben gerepatrieerd; dit stemt tot dankbaarheid, evenals het U voldoening geeft.
Nu ik straks Nederland ga verlaten, roep ik mijn vele vrienden in alle delen des Lands een hartelik vaarwel toe. In mijn zevenjarige verblijf hier te lande heb ik Holland leren liefhebben, en ben ik zeer gehecht geworden aan dit oude Moederland, het Landeke aan de monden van de Rijn en de Maas, dat zulk een verheven plaats in de wereldgeschiedenis inneeemt. Mijn hele leven door zal ik het vele goede en schone, dat ik hier ontvangen mocht, blijven gedenken.
Die bylaes by Deel I van die Geschiedenis soos dit in 1920 gepubliseer is, bly steeds waardevolle bronne. Baie daarvan kom uit die Lauts-argief wat in besit van doktor W.J. Leyds was, baie ook uit verskillende argivale versamelings in Holland wat met groot sorg met die hand gekopieer is. Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering het op 03 Junie 1920 besluit om Engelbrecht daarvoor ‘n voorskot te gee. Hierdie Deel I het gestrek tot met die afskeiding van die Gereformeerde Kerk in 1859. Tydens sy verblyf in Holland is hy getroud met Maria Jacoba Helena Gerretsen.
15 Januarie 1921
Dominee Van Belkum skryf ‘n resensie in De Hervormer van S.P. Engelbrecht se Geschiedenis van die Nederduits Hervormde Kerk in Zuid-Afrika.
14 April 1921
Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering besluit om S.P. Engelbrecht te orden sodat hy sakramente kan bedien. Die ordening moes waargeneem word deur die voorsitter in die kerkgebou van Pretoria. Engelbrecht is beroep na Lichtenburg en na Marico maar het die beroepe bedank omdat hy intussen aangestel is as lektor in die Transvaalse Universiteitskollege. Die notule van die Raad van die Transvaal University College op 21 April 1921 meld: ‘It was resolved to recommend the confirmation of the Rector’s action in the matter of the emergency appointment
of dr Engelbrecht in Church History and History of Dogma’. Die
aanstellingsbrief is gedateer 25 April 1921 maar dit meld dat die aanstelling geld vanaf 01 April.
15 April 1921
In ‘n berig in De Hervormer oor nagmaalsviering in Heidelberg verskyn die volgende:
Een goede gebeurtenis was dat de gemeente in haar midden mocht hebben de kandidaat HP Wolmarans, die Zondagmorgen en avond preekte. Evenals de kandidaat PJJ Venter in Desember heeft ook de heer Wolmarans een zeer goed indruk gemaakt. Zijn prediking was ernstig en stichtelik. Heidelbergs gemeente is overtuigd niet alleen dat opleiding onzer jonge mensen voor de kerk noodig en heilzaam is, maar heeft ook nu de zekerheid dat hun opleiding in Pretoria goed is.
Die Kuratorium neem kennis van die aanstelling van Engelbrecht en benoem hom ook as professor vanweë die kerk met ingang 01 Januarie 1922 en met opdrag dat hy Kerkgeskiedenis, Kerkreg, Dogmatiek, Geskiedenis en Filosofie van die Godsdiens en Bybelse Teologie sal doseer. ’n Bonus van £100 is toegeken aan professor Greyvenstein vir sy besondere verdienste in verband met die aanstelling van doktor Engelbrecht.
Hierdie verloop van sake het protes uitgelok van ouderling A.H. Koomans wat nie teenwoordig was toe die Kommissie op 14 April besluit het om Engelbrecht te orden nie. Koomans het op 20 April 1921 aan al die predikante geskryf en hulle mening gevra oor die voorgenome ordening en ‘n moontlike wysiging van die bevestigingsformulier vir dié doel. Op 30 April 1921 skryf Koomans dan aan die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering onder andere soos volg:
Laat ik u eerst opmerken dat ik niets tegen de persoon van dr Engelbrecht heb, daar men mij waarschijnlik zou kunnen verdenken, maar ik wil dat de Hervormde Kerk vrij blijft van eenige vlek of besmetting, opdat zij haar licht kan laten schijnen en gebaseerd blijft op de wet van haar voorouders. Het besluit genomen, zou door mij niet goedgekeurd zijn, wanneer ik ter vergadering was geweest, daar ik voelde dat het tegenstrijdig is tegen het Kerkenrecht en het lezen van de formulier, vroeg ik mij zelfs af , wie zal machtiging geven om dit te wijzigen, niet de Algemeene Commissie, maar de Algemene Vergadering. Het spijt mij dan ook zeer wederom mijn stem te moet laten hooren bijn deze protes aan te teekenen tegen het bevestiging van dr E. ... Ten zeerste betreur ik dit, het is mij onmogelijk om stil te blyven waar onregelmatigheden plaats vinden, ik zal en blijven protesteeren, dat is door mij getoond tijdens de onregelmatigheden der Kweekschool en het geen ook nu plaats vind. ... De wijziging van het Formulier is een der gevaarlikste zaken, dien ooit in een kerk kan plaats vinden en waar een protest van vele zal getoond worden. Mijn opinie is, dat de Algemeene Vergadering het recht alleen heeft om machtiging te geven voor de bevestiging van dr Engelbrecht en dat ook die Hoog Eerw Vergadering de leiding zal aangeven op welke wijze het formulier zal gewijzigd worden en aan de Voorzitter der Vergadering machtiging geeft , dat zijn Ed alleen door opleggen der handen geordend zal worden.
23−24 April 1921
S.P. Engelbrecht preek in Trichardsfontein by die nagmaalsgeleentheid. Ouderling W.A. van Schalkwyk skryf in De Hervormer van 15 Mei:
Dit was vir die gemeente Trichardsfontein een grote voorreg om dr Engelbrecht in hulle midde te hê want sijn ouers was lidmaat van die gemeente en hy self is hier gedoop in 1891, ons kan ook sê dit is been van ons been en vlees van ons vlees.
26 April 1921
Dominee H.C.M. Fourie vertrek na Holland vir afhandeling van sy promosie
19 Mei 1921
Die notule van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering gee die bespreking en gevoelens weer oor die verskille rondom die bevestiging van S.P. Engelbrecht as predikant. [Naas lede van die Kommissie was ook teenwoordig professore Greyvenstein en Engelbrecht, dominee S. Vermooten en D.F. Erasmus]:
H
TS T
eo
lo
gie
se S
tu
die
s/T
he
olo
gic
al S
tu
die
s
A
rtic
le #
92
2
het in belang was van onze kerk. ZHGel acht die benoeming een eer voor onze kerk.
De Scriba zegt dat hij het jammer vindt dat in ons land en in onze kerk, wanneer iemandt iets bestrijdt, altyd gezegt wordt ‘ik heb tegen de persoon niets.’ Waartoe is het noodig dat te zeggen? Wij worden toch geacht, vooral in de kerk, voor beginselen op te treden of die te bestrijden en niet voor personen. Bovendien is groote verwarring in deze saak. Dr Engelbrecht wordt niet in eene gemeente bevestigd maar geordend als leraar opdat hij bevoegd is in voorkomende gevallen de scramenten te kunnen bedienen in vacante gemeenten, of in plaats van de andere leraars. Aan die hulp hebben wij zeer groote behoefte. In de dagen van de Oost-Indiche Compagnie werden alle naar Zuid-Afrika uitgesonden leraars als zij noch Candidaten waren door de Classis Amterdam geordend en dan hier bevestigd in de gemeenten die zij dienden. De Weleerw heeren Murray, professor Hofmeyer en anderen zijn ook op die wijze in Holland geordend. Dr Engelbrecht is als Candidaat tot de Heilige Dienst toegelaten en wordt hy geordend als Bedienaar des Woords.
Br J.J. Prinsloo wijst op de Notulen der vorige Algemene Vergadering bladzij 66 waar wij lezen: dat professoren wel het Evangelie kunnen prediken en de Sacramenten bedienen, maar niet als konsulenten kunnen optreden. Om dit te kunnen doen moet dr Engelbrecht eerst geordend worden.
Br J.H. Vorster verheugd zich dat dr Engelbrecht als professor is benoemd. Wy kunnen iemand inzegenen om predikantswerk te kunnen doen. Waarom zullen wij zijne hulp niet inroepen. Wij hebben de recht en de macht om dit te doen.
Br Koomans wijst op zijn klachtbrief van April 1920. Hy meent dat om die te verijdelen, de Commissie Dr Engelbrecht heeft laten benoemen aan het Transvaalsche Universiteits College. Dr Engelbrecht is een speelbal der Commissie geworden.
Professor dr Greyvenstein zegt dat dr Engelbrecht volstrekt niet de speelbal is der Commissie. ZHoog Geleerde heeft zich beschikbaar gesteld om in Potchefstroom de brief van br Koomans te bespreken in de gemeentevergadering maar men heeft hem nooit daarna gevraagd.
Br G.J. Engelbrecht beschouwt de professoraat van dr Engelbrecht voor de kerk noodzakelijk en dringend; even zo noodig met het oog op den toestand van vele gemeenten zijn ordening.
Ds Vermooten geeft zijne sienswijse in zijn brief en zegt: het is geen persoonlik zaak. Dr Van Broekhuizen verklaart ook dat professor dr Greyvenstein hulp moest krijgen maar blijft bij het jammer te vinden dat dr Engelbrecht niet een paar jaar praktisch werk heeft gedaan. Wy moeten het formulier ernstig nagaan om dr Engelbrecht niets te laten beloven wat hij niet kan nakomen. Br van der Merwe zegt dit ook.
De Voorzitter vraagt br Koomans de woorden terug te trekken dat dr Engelbrecht is de speelbal geworden van de Commissie en de Curatorium. Dat is ene beschuldiging die indien waar deze liggamen beletten verder te dienen.
Br Koomans weigert terug te trekken. Ds Kuhn stel voor gesecondeerd door br van der Merwe het vorige besluit van de Commissie te handhaven en de voorzitter op te dragen dr Engelbrecht op een Zondagavond in de kerk te Pretoria te ordenen. Aangenomen met tegenstem van br Koomans. De ordening wordt bepaald op Zondag 29 Mei a.s. met goedvinden van den plaatselijke leraar Dr Van Broekhuizen.
Hierdie besluit het gelei tot die bedanking van dominee Vermooten as sekunduslid van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, en dus ook as voorsitter van die Kommissie in die afwesigheid van dominee Brandt. Die Kommissie het dominee Van Broekhuizen versoek om by dominee Vermooten aan te dring dat hy die bedanking terugtrek. Van Broekhuizen kon op 09 September 1921 rapporteer dat dominee Vermooten wel sy bedanking teruggetrek het.
In hierdie verband kan ons die bondige oorsig van S.P. Engelbrecht aanhaal wat hy in die Kerkargief gelaat het:
Die heer AH Koomans het in Potchefstroom gewoon waar hy ‘n boekhandel gehad het. Ook was hy ouderling van die Ned Hervormde Gemeente. Hy het wel hart gehad vir die Hervormde Kerk. Ook was hy een van die eienaars van die politieke blad Het Westen. In sy optrede kon hy soms baie onbeleefd wees en het hy ‘n gebrek aan innerlike beskaafdheid verraai. Hy was ‘n groot voorstander van die oprigting van ‘n eie opleiding... As boekhandelaar het hy goeie besigheid met die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerk in Potchefstroom gedoen. En daarom was hy ‘n vurige voorstander daarvan dat die Teologiese Skool van die Hervormde Kerk ook in Potchefstroom moes kom, en wou hy samewerking in hierdie verband met die Gereformeerde
Kerk soek... Van toe af [01 April 1917, met die vestiging van
die opleiding in Pretoria] het die heer Koomans begin agiteer in Westelike Transvaal waar hy deur sy koerant Het Westen ‘n bepaalde invloed gehad het, om die opleiding van Pretoria na Potchefstroom te verskuif. ... In 1919 het die Westelike Ring in die gees van die heer Koomans die volgende beskrywingspunt by die Algemene Kerkvergadering ingedien:
Het Kuratorium der Theologische Kweekschool berame plannen om de opleiding van predikanten voor eigen rekening te nemen en geheel af te scheiden van een Goevernements inrichting hetzy door aansluiting by de Theologische Kweekschool der Gereformeerde Kerk te Potchefstroom of anderzins.
En die kerkraad van Potchefstroom waar dominee Vermooten predikant was en die heer Koomans ouderling, het die volgende beskrywingspunt by die Algemene Kerkvergadering ingedien:
Stappen te nemen om de Theologische Kweekschool in verband met dit Kerkgenootschap naar Potchefstroom te verplaatsen Dominee Vermooten wat toe predikant in Potchefstroom was, het hierdie agitasie kragtig gesteun.
Toe ek nog in Holland gestudeer het, het ds Vermooten my meermale per brief probeer oorhaal vir sy pro Potchefstroom koers, maar ek het hom duidelik laat verstaan dat ek nie ten gunste van soiets is nie. Toe ek in November 1920 uit Holland terugkom het die heer Koomans en dominee Vermooten graag gesien dat ek met Kersfees na Potchefstroom vir die nagmaalsdienste sou gaan maar ek was pas terug en verskillende familielede sou met Kersfees en Nuwejaar na die distrik Standerton gaan waar ek op die ouerlike plaas by my suster was. Die heer Koomans het my dan ook op 13 Desember geskryf:
‘Het spijt mij dat gij met kerstmis nachtmaal niet hier kan zijn. Ik had gehoopt je hier zal komen prediken en om verder over
verschillende belangrijke zaken te spreken’ ...
Dit was niks anders as dat ek vir die Potchefstrooms gewen moes word en dus deur die heer Koomans ‘op hoogte gebring moes word.’ Ek het my egter dadelik onomwonde uitgespreek dat ek nie ‘n voorstander is om onse opleiding van Pretoria na Potchefstroom te verplaas nie, en sodoende te maak dat die Hervormde Kerk ‘n bywoner van die Gereformeerde Kerk sou word. Maar dit het my die vyandskap van die heer Koomans op die hals gehaal, want hy was bitter teleurgesteld dat ek hom nie wou steun nie. Dit het ook ‘n verwydering tussen ds Vermooten en my gebring.
Blykens die briewe waarna Engelbrecht verwys, was daar aanvanklik ‘n hartlike verhouding tussen hom en sowel Koomans as Vermooten. Koomans skryf op 13 Desember 1920 aan ‘Waarde Fanie’, en Vermooten begin sy briewe met ‘Amice’. Die hartlike verhouding met Vermooten wat in die studiejare in Holland beslag gekry het, het egter nie die storms van die kerklike gang weerstaan nie.
29 Mei 1921
H
TS T
eo
lo
gi
es
e S
tu
di
es
/T
he
ol
og
ic
al S
tu
di
es
A
rti
cl
e #
92
2
predikante wat aan die handoplegging deelgeneem het, was Van Belkum, Van Broekhuizen, Alers en professor Greyvenstein.
10 Augustus 1921
S.P. Engelbrecht se naam verskyn die eerste keer in die Senaatsnotule. Greyvenstein, wat volgens eie verklaring in 1919 wel sitting op die Senaat gehad het, se naam verskyn eers weer op 09 Februarie 1923. Die Fakulteit Teologie was volgens die Jaarboek van 1922 soos volg saamgestel:
Hebreeus - AC Paterson Grieks - H Reinink
Geskiedenis en sielkunde van die Godsdiens - E MacMillan Nuwe Testamentiese Eksegese - JHJA Greyvenstein Sosiale Ekonomie - JE Holloway
Metafisika - WA Macfadyen
Kerkgeskiedenis en Geskiedenis van die Dogma - Senior Lektor SP Engelbrecht, Lektor CHS Rünge
In die 1922 Jaarboek lyk die prentjie só: Hebreeus en OT Eksegese - AC Paterson
Nuwe Testament Godgeleerdheid en Eksegese - JHJA Greyvenstein Ou Testament Godgeleerdheid en Eksegese; Kerkgekiedenis en Geskiedenis van Dogma - SP Engelbrecht
Apologetiek - E MacMillan
Wysbegeerte van die Godsdiens - CHS Rünge Grieks - H Reinink
Metafisika - WA Macfadyen Sosiale Ekonomie - JE Holloway
29 September 1921
Dominee H.C.M. Fourie promoveer met lof in Utrecht tot doktor in die teologie met ‘n proefskrif De Amandebele van Fene Mahlangu en hun religieus-sociaal leven.
02 Desember 1921
Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering weier ‘n versoek van die kerkraad van Pretoria wat dispensasie vra vir die verkiesing van S.P. Engelbrecht as ouderling, terwyl hy nog nie 35 jaar oud is soos die Kerkwet vereis nie.
2 1922
15 Februarie 1922
De Hervormer berig dat S.P. Engelbrecht benoem is as lid van die
Historiese Genootskap van Utrecht. Dominee S. Vermooten skryf oor die mislukking van die Koomansfonds. Van die gehoopte £15 000 is nog geen £2200 ontvang.
09 Maart 1922
Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering spreek die wens uit dat die kerklike eksamen voortaan afgelê sal word drie maande na die BD Eksamen en die proponentseksamen drie maande daarna.
22 Maart 1922
Die Senaat van die Transvaalse Universiteitskollege aanvaar eenparig ‘n mosie van professor W.P. de Villiers dat ‘n komitee benoem word om die mosie te ondersteun dat die Nederduitsch Hervormende of Gereformeerde Kerk twee teologiese professore aan die Transvaalse Universiteitskollege benoem. De Villiers self, professor Du Toit Malherbe en doktor Engelbrecht [was dit moontlik S.P.?] is op die komitee benoem. Dit is onbekend of daar ‘n verdere verloop was.
15 Mei 1922
Dominee S. Vermooten as voorsitter van die hoofbestuur en F. Postma as organiseerder skryf in De Hervormer namens die
Vereniging van Christelike Hoër Onderwys oor die voorstel wat sal dien op die sinode van die Nederduitsch Hervormende of Gereformeerde Kerk oor die stiging van ‘n Christelike Nasionale Universiteit en oor die gewetensklousule.
14 Julie 1922
Op sy laaste byeenkoms voor die Algemene Kerkvergadering, besluit die Kuratorium onder andere dat in die toekoms een of albei professore teenwoordig moet wees om inligting te gee. Daar was op die stadium ag studente: die Dreyers, P.S. Grobler, J.F. Brits, C.H. Rautenbach, A.J.G. Oosthuizen, R.J. Coertze en J. Strydom. Die professore het ‘n gewysigde leerplan voorgelê wat die studie verleng het na ses jaar, en die Kuratorium het dit aanvaar vir voorlegging aan die Algemene Kerkvergadering.
Op hierdie vergadering het ouderling Wolmarans afskeid geneem van die Kuratorium omdat hy nie meer ouderling is nie. Hy het onder andere gesê: ‘Wij moeten onze predikanten self opleiden en daarvoor moeten wy ons sterk maken en vragen naar de oude
paden van de Voortrekkers.’ In sy verslag aan die Algemene
Kerkvergadering het die Kuratorium vermeld dat ondersteuning aan studente toegestaan is,
na grondig onderzoek naar de bekwaamheid en geschiktheid der aanvragers, zoodat wij verzekerd kunnen zijn dat alleen jonge mannen die verdienen geholpen te worden en van wie verwacht kan worden dat zij een aanwinst voor de kerk en voor de Evangelie bediening zullen zijn, financieel gesteund worden.
15 Julie 1922
Ds van Belkum skryf in De Hervormer oor ‘Kweekschool of Universiteit’.
27 Julie 1922
Die 40ste Algemene Kerkvergadering kom byeen. Die uittredende voorsitter, dominee L.E. Brandt, spreek ‘n openingsrede uit na aanleiding van Markus 6:37 en sê onder andere:
Waarom laten wij in de kerk zoveel over aan het toeval, waarom zijn wij in de kerk zo slordig? Waarom is er geen betere oganisatie op alle gebied in de kerk? ... In de meeste gemeenten zijn de archieven wanhopig in de war, zelfs ook de registers en notulenboeken van enkele gemeenten... God is een God van orde; in de hele schepping is er orde en de kerk behoort een model te zijn van orde. Er is veel te veel by ons vrijwilligheid, die overslaat in onwilligheid en losbandigheid en ordeloosheid. ... Onze Theologische Kweekschool vraagt om uitbreiding; vele jonge mannen bieden zich aan om te leren voor predikant, wij hebben nog een derde professor noodig, onze arme blanken op de delverijen en de kampen roepen om hulp en bearbeiding... As voorsitter is verkies dominee L.E. Brandt, met dominee S. Vermooten as sekundus, as skriba dominee H.C.M. Fourie. Fourie het geweier om die verkiesing te aanvaar en die vergadering het hom onthef van die verkiesing. Dominee A.J. Barger is toe verkies as skriba. Daarop het dominee Vermooten ook ontslag gevra as sekundus vir die voorsitter, en is hy deur die vergadering onthef, waarop dominee J.J. Prinsloo as sekundus vir die voorsitter verkies is. Dit was die nawerking van die beroeringe in die gemeente Erasmus rondom die deelname van Fourie aan die rebellie, en die optrede van dominee Brandt daar as voorsitter. Fourie wou kennelik nie met Brandt saamwerk nie. Nietemin is later in die vergadering as predikantlede verkies dominee Van Belkum, met dominee Fourie as sekundus, en dominee Vermooten, met dominee Kuhn as sekundus.
H
TS T
eo
lo
gie
se S
tu
die
s/T
he
olo
gic
al S
tu
die
s
A
rtic
le #
92
2
University College sitting geneem. Hulle was P.J.J. Venter wat op 18 Junie 1921 georden is op Lichtenburg, P.S. Grobler, georden 28 Mei 1922 op Krugersdorp, en H.P. Wolmarans, georden 08 Julie 1922 op Zeerust. Nog ‘n nuwe predikant uit Holland was teenwoordig, dominee G.E. Alers wat uit Monnikendam na Germiston beroep is en op 21 Mei 1921 daar bevestig is. Dominee W.P.J. Poen, ‘n oud-priester van die Roomse Kerk, was pas toegelaat tot die bediening in die Nederduitsch Hervormde Kerk en het as predikant van Pietersburg sitting geneem. Dominee A. Murray het in 1921 emeritaat aanvaar. Dominee P. van Drimmelen is in 1919 oorlede tydens ‘n besoek aan die li