• No results found

Die wet en geloofsbelydenis

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2020

Share "Die wet en geloofsbelydenis"

Copied!
13
0
0

Loading.... (view fulltext now)

Full text

(1)

DIE WET EN GELOOFSBELYDENIS

DR. D. J. BOOYSEN

1. TER INLEIDING:

Binne die raam w erk van die liturgie w at in gebruik is in die drie A frikaanse Kerke, word die W et en Geloofsbelydenis albei as elem ente in die erediens aangetref. Dit is egter so dat dit verskillende elem ente is en in die bespreking w at volg sal dit afsonderlik behandel word.

G emeenskaplik het die tw ee elem ente die feit dat die bepaal­ de plek in die liturgie w at deur hulle ingeneem m oet w ord nie heeltem al duidelik is nie en by die nagaan van die verskillende ordes w at vir die erediens aangebied word, blyk dit ook duidelik dat die posisie nooit duidelik was nie.

Die klaarblyklike rede moet daarin gesoek w ord d at m et die Reformasie gebreek word met soveel van die bestaande gebruike. Die versobering w at ingetree het op die breë vlak van die teologie h et ook in die gewone orde van die erediens sy neerslag gevind. Die sentraalstelling van die prediking het ’n verskraling in die orde van die erediens meegebring. LUTHER h et in die verband dan ook volgens ENGELBRECHT gesê: „Die grootste en ver- naam ste stu k van alle erediens is om die W oord te leer en te preek. Dit is b eter om liewer alles weg te laat as die Woord, en niks beters kan gedoen word nie, as die W oord.” (4, 43). In die liturgie vind ons dan ook d at die verskillende elem ente soos die W et en die Geloofsbelydenis of geheel-en-al u itgelaat word, of voortdurend van plek verwissel.

Hierdie wisselvorme w at ons by die R eform atore aantref, moet Gok daaraan toegeskryf word d at d aar opnuut ’n soeke was na daardie liturgiese vorme waarin die beste uitdrukking gegee kan word aan die „reform atoriese herontdekking van die Evangelie­ w oord” (4, 48).

Ons m oet ook onthou dat sovele van ons liturgiese gebruike ’n lang historiese aanloop het. Met die Reformasie is dit anders gesteld. D aar m oet nou op nuwe w yse uitdrukking gegee word aan die „nuw e” w at herontdek is. Die gebruike van die Roomse Kerk is derhalw e nie klakkeloos nagevolg nie en is slegs daardie elem ente to t leengoedere gemaak w at vereenselw ig kon word m et die R eform atoriese leer.

(2)

hou m et die voorskrifte van die Heilige Skrif en d at ons voorts die historiese ontw ikkeling nie kan negeer en die hede se vrae in die verband nie kan verontagsaam nie.

2. DIE WET:

M et die W et as liturgiese m om ent bedoel ons in die eerste instansie die Dekaloog soos ons dit opgeteken vind in Exodus 20:1-17. Dit is ook die w eergaw e w at algemeen in gebruik is instansie die Dekaloog soos ons dit opgeteken vind in Exodus by die kerke, in ieder geval dan by geleentheid van die Sondagog- gend se erediens. N atuurlik is die teks van D euteronom ium 5:6-21 ewe geskik vir gebruik tydens die erediens. W at m eer is, die feit dat daarin plek-plek ’n ander nuanse aangetref w ord en verskil is in form ulering, bring mee d a t ’n gem eente m et g ro ter aandag luis­ ter na hierdie „ander” vorm.

Die sam evatting van die W et (M attheiis 22:35-40 en paralelle) word in die m eeste gem eentes as wisselvorm gebruik vir die Dekaloog, veral ook tydens die aanddienste. Juis om dat die sam e­ vatting sy plek vind in die Belydenisskrifte van die kerk, kan daarteen nie b esw aar ingebring w ord nie.

In sekere kringe w ord daar selfs voorkeur gegee aan die sam evatting van die W et „als wij bedenken d at dit w oord van den Heiland is” (7, 99). Om aan hierdie gedeelte prio riteit te verleen om dat d it die w oorde van Jesus is, klink ’n bietjie sentim enteel. Feit is d at d it ook nie so heel N u-testam enties is nie soos dit baie duidelik blyk uit Deut. 6:5 en Lev. 19:18. Dit wil nou nie sê dat ons afw ysend staan teenoor die sam evatting nie, m aar dit sal heel goed as w isselvorm benut kan word.

LEKKERKERKER betoog dat die D ienaar van die W oord nie uitsluitend aan die Tien Gebooie gebonde is nie en dat ander Skriflesing u it die Ou T estam ent of uit die Briewe of die Evan­ gelies ook die k ara k ter van die gebod van die Here dra (13, 72). H ierteenoor behoort ons myns insiens tog stand pu nt in te neem. Alhoewel die verskillende gedeeltes die k a ra k te r dra van die gebod van die Here, kom d it in die besondere w yse na vore iii die Dekaloog. N êrens elders in die Skrif w ord dit so om vattend volledig, duidelik gestel as juis in die D ekaloog nie: W at God van ons wil en vra word d aar onomwonde gesê. God se aanspraak op sy verbondskinders m oet by die aanhoor van die W et eerbiedig bely en gehoorsaam word.

(3)

na ander gedeeltes te gaan nie. Hierdie ander vorme is trouens nie vollediger as die Dekaloog nie, inteendeel, bepaalde gedeeltes is verswyg, en as sam evatting kan dit ook nie gestel w ord teenoor die bondige, m aar volledige w eergaw e van M att. 22 nie.

Ons kan dit dus sam evattend so stel d at as liturgiese moment die Dekaloog (Ex. 20, Deut. 5) gebruik behoort te w ord of as ’n sam evatting voorgehou moet word, dan is M att. 22 (of die paraleJle daarvan) voldoende.

Die volgende aspek w aaraan ons aandag m oet gee is die vraag of die W et wel as liturgiese mom ent in die erediens moet dien. In die verband kan ons baie kortliks aandag gee aan die feit dat dit inderw aarheid ’n vereiste is.

Kerklike usansie is in baie gevalle deurslaggewend en so sal dit in die geval ook wees. Van m eet af aan is die Vadere van mening gewees dat die W et as selfstandige gestalte in die ere­ diens plek verdien en is dit alleen by wyse van uitsondering nagelaat.

Hier.teenoor m oet gestel w ord d at dit in ieder geval die bedoeling was, dat die W et ten m inste een k eer p er Sondag plek sal kry in die liturgie van die erediens. Die Sinode van D ordt 1574 het dan bepaal dat die Geloofsbelydenis soggens en die W et saans plek in die erediens sal kry (11, 213). Hierby sluit KUYPER aan en bied as motivering aan „Als de geloovigen tw ee­ maal op eiken Zondag saam vergaderen m oeten deze beide dien­ sten als èèn geheel en in ordelijk verband wrorden genomen” (11, 209).

Met hierdie opvatting kan ons vandag nie m eer saam stem nie. Die tw ee eredienste w at per Sondag gehou word, is nie een geheel nie. Elke erediens is n ’ selfstandige erediens en die litu r­ giese elem ente m oet elke keer w eer to t hulle reg kom in die erediens. D it is ’n verskraling van die erediens as d aar na wille­ keur van die momente uitgelaat word. W at m eer is, dit is vandag in elk geval nie m eer so vanselfsprekend d at die mense w at die een erediens bywoon ook die tw eede erediens sal bywoon nie. Dit is ook so d a t praktiese oorweginge m eebring d at dit onmoontlik is vir ’n g ro ot gedeelte van die lidm ate van die k erk om tw ee eredienste per Sondag by te woon. D ie enigste oplossing is daarom d at die W et in elk geval in alle eredienste as liturgiese elem ent gehandhaaf sal word.

(4)

W et ook in sulke gevalle as liturgiese m om ent gehandhaaf m oet word. Hierdie geleenthede is eredienste en w at vir die een ere­ diens geld, geld m utatis m utandis ook vir die ander. Ons moet ook voorts daarm ee rekening hou dat dit juis geleenthede is w aar talie buitekerklikes, randkerklikes en dergelike mense in die erediens kom. H ier m oet die W et van God duidelik weerklink!

Ten opsigte van die vraag of die W et as liturgiese m om ent plek verdien kan ons voorts ook nog daarop w ys d at dit eintlik as vanselfsprekend aanvaar word. Kort en kragtig stel KUYPER dit dan ook: „D at ze in den Eredienst behoort te zijn opgenomen, is buiten kijf” (11, 209). Dit is voorts ook so d at dit in die huidige bedeling ook eintlik nie bevraagteken w ord nie. Dit is ’n gebruik w at diep ge w ortel is in die liturgie.

Dit is ook nog opvallend d at in die oorgrote m eerderheid van ordes vir die erediens daar van m eet af aan plek gegee w ord aan die W et. ACHELIS is die mening toegedaan d at die W et sy plek in die liturgie te danke het aan CALVYN. (1, 121). Hierdie mening w ord onderskryf deur KUYPER (9, 213). Dit is ook so d at CALVYN plek gee aan die Dekaloog in die S tra a t- burgse ritus (19, 67) m aar in die periode daarna sien hy maklik af van die elem ent (19, 73). Dit word vandag ook betw yfel of die stelling van ACHELIS en KUYPER korrek is, w an t LEKKER- KERKER wys juis daarop dat die Bazelse priester, Ulrich Sur- gant, ’n handleiding in 1502 uitgegee het, w aarin hy aandag gee aan die preek, gebed, die Onse Vader, die tien gebooie ens. (13, 68). Hoe dit ookal sy, feit is dat die W et as liturgiese elem ent nie vreem d is aan CALVYN nie. Ook FAREL gee plek aan die W et in die orde w at hy opgestel het vir die Sondagoggend se erediens. (19, 73).

Dit is nie net die skryw ers uit die periode van die Reformasie w at aan die W et plek gee in die orde van die erediens nie. Ook in hierdie eeu en selfs in die jongste jare h et dit so gebeur. Om w illekeurig keuses te m aak kan verwys w ord na VAN DER LEEUW, (17, 166); GOLTERMAN, (6, 136; 5, 187); JONKER (9, 82) en is dit ook Sinodaal bepaal (15, 12; 2, D6).

Ons kan uit die voorgaande derhalwe to t die gevolgtrekking kom dat die W et sedert (en selfs vöör) die Reform asie wesenlike elem ent van die orde van die erediens w as en tans nog is en behoort te wees. Hiermee saam kan dan ook gestel word d at dit ’n elem ent is w at in elke erediens sy plek m oet kry.

(5)

be-sondere plek in. Hier was die trefpunt van LUTHER, BUCER en CALVYN. (17, 147). Vir ons is dit van besondere belang omdat juis hier by die Franse liturgie van S traatsburg „en nieuw ele­ ment w ord toegevoegd” (17, 148) en dit is die lees van die W et van die Here. VALERANDUS POLLANUS h et ’n orde van die erediens vir die Franse in Engeland uitgegee 1551, w aarin ons ’n goeie oorsig kry van die Straatburgse orde. Hiervolgens word die W et gelees voor die Skriflesing en die prediking. Die man w at baie gedoen h et vir hervormings op liturgiese gebied w as BUCER. Dit spreek vanself dat CALVYN dan hier ook grootliks beinvloed is gedurende sy verblyf te S traatsburg. Die opvallende is dat CALVYN na aanleiding van w at hy in S traatsburg aan tref die Dekaloog plek gee in sy liturgie en wel ook voor die Skriflesing en die prediking. Hy laat dit sing. (19, 67). Gaan ons ’n paar jaar verder terug in die geskiedenis vind ons ’n geskrif w at toege- skryf w ord aan FAREL 1533. Hy w as ook by S traatsburg ge- wees m aar in die liturgie w aarvan hy voorstander is, vind ’n geweldige versobering plaas en dit w ord selfs as verarm getipeer. (19, 74). Die opvallende is die behoud van die W et en wel w eer na die prediking.

In 1542 verskyn ’n hersiening van die orde van S traatsburg van CALVYN w aar die eienaardige opgem erk word: „ . . . het wegvallen van de absolutie en van de gezongen W et des H eren”. (19, 73).

JOHANNES A LASCO w at die liturgie opgestel h et vir die vlugteling-gem eente in Londen gee plek aan die W et van die Here na die prediking. (17, 152). Ons tref ook dieselfde aan by MARTIN MICRON. (9, 127). Die Sinode van D ordrecht 1574 het egter w eer anders bepaal. PETRUS DATHENUS het hier groot invloed uitgeoefen en ons vind d at die Calvinistiese kerke in navolging van die Sinode en uitbreiding van die besluite, die Dekaloog heel aan die begin van die diens geplaas het, pas na die eerste lied van die gemeente. Die W etlesing is soms beant­ w oord m et ’n lied. (6, 62).

(6)

Dit is ook ewe duidelik dat ons nog nie klaarheid h et oor die plek van die W et nie. Klaarblyklik sal dit w eer afhang van ons siening van die Wet.

Volg ons in die spore van die Heidelberge K ategism us w aar die W et sy plek kry in die derde gedeelte, en w el die deel w at handel oor die dankbaarheid, lyk dit na ’n oplossing. As ons dit in aanm erking neem, kan ons die vreugde van LEKKERKERKER begryp as hy verklaar: „Daarbij is het bijzonder bevrijdend om m et Calvijn h et spreken . . . van de Tien Geboden te verstaan als een Ere zij God in den hoge”. (13, 72). Die posisie van die W et in die H eidelbergse Kategism us, as stuk van die dankbaarheid bring ook mee d at deur talie voorkeur gegee w ord aan die W et se posisie na die prediking. So is dit m et VAN DER LEEUW (17, 166), en m et KUYPER. Laasgenoemde sien die W et as reël van dankbaarheid vir die praktyk van die l e w e ... na die predikatie, als ze h et kerkgebouw verlaten” (11, 215). Hierby sluit VAN DER WERF (20, 44) aan as hy sy voorkeur te kenne gee aan die W et aan die einde van die erediens „opdat men de geboden Gods mee zou nem en h et leven in. Een op zichzelf zeer zinvol gebruik.”

K laarblyklik is dit ook die rede w aarom die W et opgeneem is in die Form ulier om die Heilige Nagmaal te hou. Dit beteken dus d a t die Vadere dit so verkies dat die W et na die prediking in die gem eente gelees m aet word.

Ons kan egter ook die W et plaas voor die prediking. M otive­ ring m oet gesoek w ord in die uitspraak van G alate 3:24: „Die W et w as dus ons tugm eester na Christus toe, sodat ons gereg- verdig kan w ord u it die geloof”. As ons die W et sien as tu g ­ m eester dan wil dit im pliseer dat God reg op ons h et (18, 322; 17, 167). ACHELIS bied ’n verklaring vir die goeie reg om die W et voorop te plaas. Hy betoog d at die bedoeling dan is, d at die gem eente w at straks in gebed voor God gestel w ord, onder die indruk gebring w ord van die oortredinge, so dat die gem eente to t die regte skuldbelydenis gebring sal word. Die gem eente is geroepe om heilig voor God te wandel en die W et as tugm eester bring mee d at die gem eente homself sal ken (1, 122). Vir hierdie stan dp un t w ord ook teruggegryp na die H eidelbergse Kategism us w aar ons in die tw eede Sondagsafdeling alreeds leer d at ons ons ellende ken uit die W et van God. GOLTERMAN opper besw aar teen hierdie opvatting en noem dit ’n „legalistische” opvatting (6, 2v.v.).

(7)

to t die onderrig behoort (13, 63). As ons nou voorts in aanm er­ king neem d at die eucharistiese elem ent sterk op die voorgrond was in die ritus soos dit voorheen bekend w as (3, 56) dan kom die k arak ter sterk na vore. Dit om dat diegene w at nog nie belydende lidm ate was nie, die samekom s moes v erlaat voordat die gem eente sy Nagmaal vier. Die eerste gedeelte van die ere­ diens w as derhalwe bedoel om te onderrig. Met die W et dus voorop in die erediens leer die gem eente sy ellende reg ken.

Kerklike p raktyk het vandag meegebring d at die W et in die eerste gedeelte van die erediens geplaas word. Die kerke verstaan dit dus as tugm eester na Christus. In talie gem eentes w ord ook ’n lied gesing w at as spontane lied bekend is. Hierdie lied is in w erklikheid verlenging van die verkondiging. (10, 246)

As ons nou .enige gevolgtrekkings m oet maak, dan wil dit voorkom asof daar genoegsame rede is om die W et of voor die Skriflesing en prediking te plaas of om dit na die prediking plek te gee in die liturgie. Die feit d at die kerklike prak tyk die keuse uitgewys het, moet ’n mens dalk daarm ee volstaan.

Daar is nog een aspek w at net genoem m oet word: In die Ne- derduitsch Hervormde Kerk van A frika is d it gebruiklik dat ’n ouderling die W et voorlees aan die gemeente. Elders w ord gehan- del oor die voorleser, daarom gee ons nie hier aandag daaraan nie. KRET h et daarop gewys dat dit so kan gebeur (10, 245) en miskien m oet dit gesien word as deel van die regerende taak van die ouderling w at opnuut aan die gem eente die W et voorhou as tugm eester.

5. GEVOLGTREKKINGS.

Die W et en wel die Dekaloog of die sam evatting daarvan moet deel uitm aak van die liturgie van die Sondagse eredienste.

Die W et m oet deel uitm aak van die liturgie van alle eredien­ ste. D aar is geen gronde om dit na w illekeur uit te laat nie.

Die posisie in die orde van die diens kan nie sonderm eer vas- gepen w ord nie.

6. DIE GELOOFSBELYDENIS.

(8)

Aangesien dit op die weg van die Dogmengeskiedenis lê om die ontwikkeling van die geloofsbelydenis te beskryw e, laat ons dit daar.

In k ort kan ons n et daarop wys dat enkele plekke in die Nuwe Testam ent laat vermoed dat die geloofsbelydenis in noue same- hang m et die Doop vroeg reeds plek gekry het, (Hand. 8:37; 1 Pet. 3:18-22; Hebr. 10:23 v.v.) so betoog VAN DER SCHOOT (19, 11) en GOLTERMAN (6, 29). VON HARNACK w ys ook duidelik dat die Tw aalf A rtikels soos ons dit ken herleibaar is na die vrae w at gestel is by die doop ongeveer 150 v.C. (21, 145) MARTIN toon ook aan d at die doopvrae behoue gebly h et in die geskrifte van Justinus die M artelaar (ongeveer 100-165 n.C.), Irenaeus 130 -200 n.C. en Hippolitus van Rome ongeveer 215 n.C. en d at dit juis vir ons behoue gebly het in die Apostolicum (14, 61).

7. VERDIEN DIT PLEK IN DIE ORDE VAN DIE EREDIENS?

Dit is wel so dat die elem ent nie baie oud is nie. Aan die an- d erk an t w as dit reeds in sw ang voor die Reformasie aangebreek het. Dit is derhalw e nie ’n produk van die Reform asie nie. In die vierde eeu h e t die Geloofsbelydenis van N icea-Konstantinopel p!ek gekry in Antiochië en dit is eers in die elfde eeu opgeneem deur Rome. Ouderdom alleen bepaal egter nie die w aarde van ’n elem ent nie en daar kan goeie redes wees w aarom die Geloofs­ belydenis aanspraak kan m aak op ’n plek in die orde van die ere­ diens. PAQUIER stel dit so: „Its use may be justified however, for some good reasons: if th e congregation comes to g eth er to be nourished and built up in the faith, it is a norm al thing to confess its faith in unison. W hen the church is under th e cross, w hen it is fighting against the vexation and persecution of a totalitarian civil power, then the confession of faith said by th e whole congre­ gation has such force and im pact th a t all theological o r litu r­ gical justification of this usage becomes superfluous. (16, 174).

As ons dan in aanm erking neem dat daar genoegsam e gronde in die skrif is soos VAN DER SCHOOT en GOLTERMAN aange- toon het, dan hoef ons nie te twyfel of dit plek verdien nie.

(9)

Dit is tog goed om die funksie w at dit beklee h et by Rome net te betrag. Sedert 1014 h et dit vaste plek gekry in die orde van die Roomse mis. Dit word uitgespreek in die oorgang van die leerdiens na die mis van die gelowige d.w.s. van die diens van die w oord na die viering van die Nagmaal. In 1591 is opnuut w eer besluit d at die credo na die redevoering, d it is die prediking moet plaasvind. Dit dien dus uitsluitlik as oorgangsfase. (13, 93).

8. DIE REFORMASIE.

LUTHER h et in die Deutsche Messe 1525 plek gegee aan die credo pas na die lees uit die Evangelie. Hy laat dit sing in die Duitse taal: W ir glauben all an einen Gott, dit is dus die Geloofs- belydenis van Nicea-Konstantinopel w at hy gebruik. (19, 59; 13, 93).

ZWINGLI het in 1525 sy orde opgestel in sy „Action oder Bruch des N achtm als” waarin hy netsoos Luther die credo plaas na die lees van die Evangelie. LEKKERKERKER gee te kenne dat ZWINGLI hier die Apostolicum gebruik en d at dit afwis­ selend gesing word deur die m anne en vroue van die gemeente (13, 93). H ierteenoor merk VAN DER SCHOOT egter op: Muziek (incluis kerkgezang) werd radicaal afgew ezen (19, 63). VAN DER WERF is dit eens m et Van die Schoot (20, 38). In ieder geval of dit gesing is of nie, die plek daarvan is tog duidelik. BUCER la at die Apostoliese Geloofsbelydenis n a die prediking sing (13, 94). Ons h et reeds gewys op die belangrikheid van S traatsburg. H ier is dit volgens ROUSSEL so ingerig d at die hele gem eente na die prediking die credo sing. Die Apostolicum is ook hier in gebruik (19, 66). CALVYN het in aansluiting by die orde vir die erediens van S traatsburg die Apostolicum laat sing na die prediking, of meer korrek na die groet-gebed terw yl die elem ente vir die viering van die Nagmaal voorberei word. Hy stel die Geloofsbelydenis derhalw e in die onmiddellike naby- heid van die toetrede tot die tafel van die Here. (13, 94; 19, 68. By MICRON vind ons dit so d at die credo bykans aan die einde van die erediens geplaas word, net voor die gebed vir alle nood en die psalm gesang. (20, 43). Die opvallende is d at MICRON by die middagdiens al die elemente na die prediking uitlaat, dus ook die credo (20, 43). Die Sinode van D ordrecht 1574 laat ’n nuwe klank hoor as die gebed na die preek uitloop in die credo. (20, 44).

(10)

Uit die voorgaande kan ons enkele gevolgtrekkings maak: Die Reformatore het dit klaarblyklik noodsaaklik geag d at daar in die orde van die erediens plek ingeruim moet w ord vir die credo. V er­ skillende vorme van die credo is gebruik, m et duidelike voorkeur aan die A postolicum deur byvoorbeeld CALVYN. In die m eeste gevalle w ord die credo na die prediking geplaas, m aar die posisie is ook nie vasgestel nie. D it varieer dikwels. D it is ook opvallend dat die credo dikwels gesing is deur die gemeente.

9. DIE VORM VAN DIE CREDO.

Hierna is alreeds in die voorgaande verwys. Die A postolicum geniet blykbaar voorkeur. Die Geloofsbelydenis genoem na A thanasius w ord as te lank bestem pel vir gebruik by die gewone erediens. (6, 143). PAQUIER wys egter op ’n ander gevaar. The weekly use of th e creed may become boring and vain repetition. . . . Therefore, some variety is commendable: one should tu rn on one occasion to the A postles’ Creed, on another to th e Nicene, . . . (16, 176).

Ons m oet tog daarop wys dat die afw isselende gebruik van die verskillende geloofsbelydenisse ’n absolute noodsaaklikheid is. Die rede is voor die hand liggend: D it is goed m oontlik om die A postolicum te bely m aar dieselfde persoon kan miskien besw aar hê om die Godheid van Christus te bely soos die Nicea- K onstantinopel dit wel doen. Hierdie ongerym dhede kan op die wyse opgeklaar word.

10. DIE PLEK VAN DIE CREDO.

H ier h et ons w eer m et ’n probleem te make, ’n G root ver- skeidenheid in die plek van die credo kom aan die lig by die nagaan van die verskillende feite. Dit kan n a die gelese Evan­ gelie, na die gepredikte Evangelie, voorafgaande aan die gebede vir alle nood van die Christendom, of daaropvolgend geplaas word. (13, 94). KUYPER h et die sinvolle opm erking gem aak d at die belydenis van die geloof deur die gem eente die slotakkoord is, dit is die w eerklank „op h et gepredikte W oord, h et ,Amen wij geloven’ dat de gem eente na h e t beluisteren van Gods Evan­ gelie voelt oprijzen in h aar h a rt en uitspreekt m et h a a r lippen. W ant h et geloof is u it het gehoor en het gehoor u it h et ge­ predikte W oord.” (11, 214).

(11)

Her-vormde K erk op te stel, h et die credo geplaas onmiddellik na die prediking. Dit is gedoen om die credo te laat dien as sam evatting van die gepredikte Evangelie. (13, 95).

In ’n voetnota in die w erk van LEKKERKERKER word ver- wys na ’n aanhaling uit ZWINGLI se „De canone missae epichi- resis” van 1523 w aarin hy die credo ’n belydenis noem van w at tevore gehoor is en die uitlegging van die Evangelie (13, 95). Hierdie komm issie het egter ook ruim te gelaat vir afwisseling w ant in die Orde 111 word die credo geplaas na die genade- verkondiging en voor die W et. Klaarblyklik is dit gedoen omdat daar nie oorgegaan word to t die viering van die Nagmaal nie.

By die erediens w at as leerdiens geld gee hulle voorkeur aan die gesproke geloofsbelydenis bo die belydenis w at gesing word. Die D ienaar van die Woord „onderw ijst en zegt in dit kader het Geloof.” (13,96). Die Sinode van die Kerk het eg ter in die ver­ band die aanbevelings van die kommissie verw erp en gee plek aan die credo na die genadeverkondiging. H ier w ord dus vaste plek gegee aan die credo (11, 96). Die Algemene Kerkvergadering van die N ederduitsche Hervormde Kerk van Afrika van 1967 het die vaste plek van die credo gegee na die W etlesing en voor die Skriflesing. (2, D.8).

Dit wil dus voorkom asof die histories-verantw oorde plek van die credo na die prediking sal wees. Dit geld dan vir sowel die Nagm aalsviering as die gewone Sondagoggend se erediens. V oorkeur w ord in al drie die kerke gegee aan die credo voor selfs die Skriflesing. Kerklike praktyk h et ook hieraan voorkeur gegee. Dit is miskien nie so ’n goeie gebruik in die kerk nie.

Ons het ten opsigte van die W et dit gestel d at daar by elke erediens plek gegee moet w ord aan die lees van die Wet. Dieselfde argum ente w at daar aangevoer w ord, geld ook vir die geloofsbelydenis. Hieroor is d aar verskil van mening. Daar is byvoorbeeld Sinodale bepalings d a t dit nie tw ee keer per Sondag hoef te gebeur nie (8, 118). H ieroor verskil ons. KUYPER voer aan d at dit nie moet gebeur nie. „Dit w are een omslachtig­ heid die zou afm atten”. (11, 259). Nou, dit kan nie die oorwegende rede daarteen wees nie! W aar die gelowiges van God bym ekaar gekom het, moet daar geleentheid w ees sodat daar saam met die Kerk van alle eeue bely sal word. Dit is ongehoord d at die versam elde gelowiges nie hulle geloof sal bely nie.

(12)

VAN DER LEEUW wys daarop dat die gem eente dit staande sal doen as teken van bereidheid to t die diens van God. (17, 176). Die huidige kerklike praktyk is hierm ee in ooreenstem m ing en daarom hoef ons nie verder hieroor te betoog nie.

Die ander vraag w at in die verband na vore kom is alreeds aangesny. M oet die Geloofbelydenis voorgelees w ord of nie. Uit die voorgaande h et ons gesien d at dit ook deur die gem eente gesing is. KUYPER h et reeds daarop gewys dat d aar drie moont- likhede is:

a. Die gem eente spreek deur een van die lede van die gemeente.

b. Die hele gem eente kan spreek.

c. Die hele gem eente kan sing. (11, 260-).

Hyself gee voorkeur daaraan d at die hele gem eente dit saam sal doen en wel op die patroon van die Engelse gebruik deur saam te spreek. As altern atief stel hy die moontlikheid d a t dit resitatief gesing kan word. (11, 262). GOLTERMAN verleen ook voorkeur daaraan dat die gem eente in sy geheel die Geloofsbelydenis sal uitspreek. (6, 144), en VAN DER LEEUW betoog d a t die belyde­ nis hely en nie aangehoor m oet word nie. (17, 176). Die voor­ ganger behoort dit duidelik en stadig voor te sê en die gem eente spreek dan agtem a. ACHELIS daarenteen, betoog op sy b eu rt w eer d at die litu rg as mond van die gem eente die G eloofsbelyde­ nis uitspreek by die begin van die godsdiensoefening om daarm ee te kenne te gee dat hier nie ’n sekere godsdienstige byeenkom s is nie, m aar ’n sam esyn van die gem eente w at op hierdie geloofs­ grond staan sodat al w at in die lied, gebed gespreek w ord en uit die mond van die prediker gehoor word, beskou m oet w ord asof deur die gem eente van Christus gespreek is (1, 123). Elke indi­ viduele spreek nie, m aar die gem eente in sy geheel spreek by monde van die voorganger. JONKER sien die credo as ’n sam e­ vatting van die Evangelie. Dit het dus ’n kategetiese funksie sodat dit na die Skriflesing deur die D ienaar van die W oord as sam evatting van die hem else leer w ordt voorgelezen! (9, 132).

Uit die geskiedenis leer ons ook dat die credo as ’n gebed gesien is. AUGUSTINUS h et die gelowiges aangem oedig om die credo daagliks te bid en veral die Roomse liturgiste lê nadruk daarop d at die credo gebid kan word. Die D ordtse Sinode van 1574 laat die tw eede gebed, dit wil sê na die prediking, uitloop op die credo. (13, 94).

(13)

gem eente aanhef na die Geloofsbelydenis betrek in ieder geval die hele gem eente sodat dit w aarskynlik ook verlengstuk van die Geloofsbelydenis is en dan kan dit net sowel deur die voorganger uitgespreek word.

References

Related documents

The management of glycemic control remains a clinical challenge, requiring management of both fasting hypoglycemia from glycogen storage disease, as well as post-prandial

Case presentation: In this case report, we describe an unusual case of two bilateral synchronous chromophobe renal cell carcinomas accompanied by an oncocytoma and an

HS γδ TL: Hepatosplenic T γδ cell lymphoma; HSTL: Hepatosplenic T-cell lymph- oma; NOS: Not otherwise specified; PC γδ -TCL: Primary cutaneous gamma- delta T-cell lymphoma;

ECLIA: Electrochemiluminescence immunoassay; FT 3 : Free triiodothyronine; FT 4 : Free thyroxine; GD: Graves ’ disease; HLA: Human leukocyte antigen; MMI: Methimazole;

Alopecia universalis congenita (ALUNC) is one of the rare disorders of skin; it is characterized by generalized absence of hair at birth or shortly after birth.. This dis- order

In the present case, a perforation of the uterus oc- curred after excision of polyps and fractional curettage, requiring a laparoscopy for hemostasis, but instead of coagulating

Our patient also had a current history of heavy cigarette smoking and thus was at possible risk of intra-aortic thrombus formation.. For the diagnosis and assessment of

Surgical exploration revealed nuchal, interspinous, and flavum ligament rupture between his fourth and fifth cervical vertebrae, but no injury to the great vessels was present..